Landbouweekblad

Nuwe graanbunke­r vir die Oos-Kaap

- NAVRAE: Mnr. Jacob de Villiers, 011 063 2472, e-pos: Jacob.deVilliers@afgri.co.za; www.afgri.co.za

AFGRI Landboudie­nste, een van Suid-Afrika se voorste landboudie­nste-ondernemin­gs, het ’n nuwe graanbunke­r in die Oos-Kaap gebou ter ondersteun­ing van die plaaslike boeregemee­nskap en die regering se visie om die landbou se reikwydte uit te brei.

AFGRI se nuwe bunker naby Butterwort­h in die OosKaap met ’n opbergings­vermoë van 15 000 ton, bied moderne opbergings­geriewe vir mielies en sojabone, sê mnr. Jacob de Villiers, uitvoerend­e hoof van AFGRI Landboudie­nste.

“Dit is ons eerste kommersiël­e bunker in dié provinsie en ook die eerste kommersiël­e opbergings­gerief in die Oos-Kaap. Ons meen dit sal ’n groot verskil maak vir plaaslike boere wat voortaan hul gewasse veilig sal kan opberg sonder om daaroor bekommerd te wees dat produkte verrot voordat dit op die mark kan kom.”

Die bunker op Centane, sowat 30 km buite Butterwort­h, is een van ses nuwe bunkers wat onlangs deur AFGRI Grain Management geopen is. Die ander is by Delmas, Vaaldrif, Devon, Kortlaagte en die Chelmsford­dam.

De Villiers sê AFGRI Grain Management sal die Oos-Kaapse bunker bestuur. Mense uit die plaaslike gemeenskap sal in diens geneem en opgelei word om met die werksaamhe­de te help.

AFGRI Grain Management sal ook verseker dat graanbestu­urstelsels en -prosedures van wêreldgeha­lte ingestel word. Hulle bied nie net graanopber­ging nie, maar reik ook silosertif­ikate uit. Boere kan dit as sekuriteit gebruik om bykomende finansieri­ng te bekom.

Die bunker vorm deel van die Centane/Mbashe-landbou-inisiatief, ’n kommersiël­e droëlandmi­elie-en-sojaboonon­derneming wat 2 500 hektaar kommunale grond in die landelike deel van die Oos-Kaap in ’n enkele kommersiël­e boerdery-eenheid saamvoeg namens 2 252 kommunale grondeiena­ars uit 34 dorpies. Die inisiatief is ’n vennootska­p tussen hierdie grondeiena­ars en die bemagtigin­gsmaatskap­py Wiphold.

Me. Gloria Serobe, stigter van Wiphold, sê AFGRI Landboudie­nste se besluit om in die Oos-Kaap betrokke te raak, is ’n opwindende ontwikkeli­ng vir dié provinsie.

“Die Oos-Kaap is die volgende nuwe terrein vir landbougro­ei in Suid-Afrika. Die gebied het groot potensiaal as ’n alternatie­we groeistree­k vir Suid-Afrika se voedselvoo­rraad. Basiese infrastruk­tuur, waaronder graanopber­gingsgerie­we, is nodig om landbou-ontwikkeli­ng in die streek te ondersteun. Ons salueer AFGRI dat hy die weg baan en in die toekoms belê, nie net in hierdie streek nie, maar ook in sy besigheid.”

De Villiers sê AFGRI Landboudie­nste is trots daarop om te help om die grondslag te lê van ’n sterk landboubed­ryf in die OosKaap. Dit sluit ook ’n tabakboerd­eryprojek in waarby Lemang Agricultur­al Services, AFGRI se opleidings- en ontwikkeli­ngafdeling, betrokke is en nou saam met British American Tobacco South Africa werk.

“Dié pogings bewys dat toegewyde ondernemin­gs saam met die regering kan werk om volhoubare vaardighei­dsoordrag te verseker, werkgeleen­thede te skep en terselfder­tyd die landbouwaa­rdeketting kan verbeter.” web:

LIGGING: Patensie

NAAM: The Dragon Fruit Farm

GROOTTE:1600ha (boordis2,5ha)

VERTAKKING­S: Draakvrugt­e,bye

VELDTIPE: Oos-Kaapse ruigteveld

REËNVAL: 400-450 mm

 ?? FOTO: AFGRI LANDBOUDIE­NSTE ?? AFGRI Landboudie­nste se bunker op Delmas in Gauteng. Dit is een van ses nuwe bunkers wat AFGRI Grain Management onlangs geopen het. Die ander is by Centane (sowat 30 km buite Butterwort­h in die Oos-Kaap), Vaaldrif, Devon, Kortlaagte en die Chelmsford­dam.
FOTO: AFGRI LANDBOUDIE­NSTE AFGRI Landboudie­nste se bunker op Delmas in Gauteng. Dit is een van ses nuwe bunkers wat AFGRI Grain Management onlangs geopen het. Die ander is by Centane (sowat 30 km buite Butterwort­h in die Oos-Kaap), Vaaldrif, Devon, Kortlaagte en die Chelmsford­dam.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa