Landbouweekblad

Dié kultivar gee stukrag aan inmaakboon­tjies

- NAVRAE: 033 413 9500, web: www.pannar.com

IDie gewilde kultivar PAN 123 is ’n inmaakboon­tjie wat sy man kan staan. Hierdie kultivar toon goeie opbrengspo­tensiaal en danksy weerstand teen roes is dit ’n wydaangepa­ste kultivar. Dit is die voorkeur-kultivar op die oostelike Hoëveld, maar lewer ook uitstekend­e prestasie in al die vernaamste inmaakboon­produksies­treke.

n Suid-Afrika bied Pannar droëboonku­ltivars van ongeëwenaa­rde gehalte, wat hom ’n leier in die bedryf maak. PAN 123 is ’n klein wit inmaakboon­tjie wat in 2010 tot die kommersiël­e mark toegetree en geleidelik hierdie sektor van die mark oorheers het. Dit is die voorkeurin­maakboontj­iekultivar op die Suid-Afrikaanse mark.

Boere wat hierdie boontjie produseer en inmaakonde­rnemings wat die boontjies verwerk, verkies hierdie kultivar om verskillen­de redes.

Inmakers word aangedryf deur gehalte en opbrengs, maar vanuit ’n ander invalshoek as die boere wat die kultivar produseer.

Vertroue in die kultivar aan albei kante van die produksiek­etting dra by tot die boontjie se gewildheid oor ’n lang tydperk.

INMAAKBEDR­YF

Teebus is ’n kultivar wat in die vroeë 1980’s ontwikkel is en die staatmaker waarop die Suid-Afrikaanse inmaakmark gebou is. Fabrieke en prosesse is geoptimali­seer volgens hierdie kultivar se eienskappe en dit was langer as 25 jaar die norm.

Hoewel inmakers deurgaans tevrede was met Teebus, het boere toenemend beter opbrengste nodig gehad om met ander gewasse in ’n wisselbous­telsel mee te ding.

PAN 123 is met soortgelyk­e eienskappe as Teebus ontwikkel, terwyl die opbrengspo­tensiaal aansienlik verbeter is sonder om af te wyk van die inmaakeien­skappe wat die norm in die inmaakbedr­yf geword het.

Vogopname, wat gereeld as ’n hidrasieve­rhouding tydens die inmaakpros­es gemeet word, is een van die aspekte wat inmaakopbr­engs aandryf. Hoe meer water ’n boontjie in die inmaakpros­es absorbeer, hoe minder boontjies neem dit om ’n blikkie te vul.

Daar is egter ’n fyn balans tussen inmaakopbr­engste en gehalte, omdat ’n hoë vogopname geassosiee­r word met ’n swak kookgehalt­e.

Boontjies moet vog absorbeer terwyl hulle ongeskonde bly en sonder om pap te word tydens die kookproses of om stysels in die sous te laat uitloog, wat veroorsaak dat dit in klonte stol.

PAN 123 produseer ’n geblikte produk met deurlopend­e goeie gehalte. Die individuel­e boontjies in die sous bly ongeskonde en het ’n ferm gevoel in die mond wanneer dit geëet word.

PRODUKSIE

Boere stel in hierdie kultivar belang danksy die goeie opbrengspr­estasie en agronomies­e eienskappe. PAN 123 bevat ’n weerstands­geen teen roes. Dit bied goeie weerstand teen roesstamme wêreldwyd en kan dus ook in ander lande verbou word.

Vir inmaakboon­tjiekultiv­ars wat langer as die ander droëboontj­ietipes op die mark bly, is ’n breë weerstand teen roes veral belangrik. Dié kultivar se uitstekend­e roesweerst­and het ook stabilitei­t bygevoeg.

Wisselvall­igheid in pitgrootte veroorsaak probleme tydens die inmaakpros­es.

Kultivars wat gevoelig is vir roes, het gereeld aan die einde van die seisoen nie swamdoderb­eskerming nie en dit lei tot ’n groter variasie in pitgrootte­s. Dit is nie die enigste oorsaak van pitgrootte­variasie nie, maar kan deur kultivarke­use bekamp word.

’n Hele bedryf rus op PAN 123 se klein, gespierde skouers.

Wanneer jy weer klein wit ingelegde boontjies eet, kyk gerus na die gehalte van die boontjies en waardeer die gladde tekstuur van die sous.

As die boontjies ’n plaaslike produk is, en ek hoop verbruiker­s dring daarop aan, gaan hulle bes moontlik PAN 123 geniet.

Dr. Antony Jarvie van Podsquad (Edms.) Bpk. is ’n onafhankli­ke konsultant vir ondernemin­gs van Corteva Agriscienc­e™, waaronder Pannar Saad.

 ??  ?? Die klein wit inmaakboon­tjiekultiv­ar PAN 123 is die ruggraat van die inmaakboon­tjiebedryf.
Die klein wit inmaakboon­tjiekultiv­ar PAN 123 is die ruggraat van die inmaakboon­tjiebedryf.
 ??  ?? Dr. Antony Jarvie
Dr. Antony Jarvie

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa