Landbouweekblad

Diens ouer werktuie makliker met John Deere

- NAVRAE: Web: www.deere.com/ sub-saharan/en/index.html

Om ’n ouer John Deere-werktuig waarvan die waarborg reeds verval het in ’n puik werkende toestand te hou, is nou makliker en kostedoelt­reffender as voorheen danksy ’n generiese onderdele-endienspak­ket wat onlangs bekend gestel is.

John Deere is bekend daarvoor dat sy tegnologie van wêreldgeha­lte gerugsteun word deur ’n betroubare nasorgdien­s. Die John Deerespan het egter ’n behoefte aan ’n onderdeleo­plossing spesifiek vir ouer modelle geïdentifi­seer. Die konsep is verder ontwikkel en die eindproduk is die nuwe Service Box wat van vandeesmaa­nd af beskikbaar is.

Die Service Box bied aan boere met ouer modelle in hul vloot meer opsies wat onderdeleo­plossings betref.

“In vandag se ekonomiese omstandigh­ede, veral met die swak wisselkoer­s van die rand teenoor die Amerikaans­e dollar, kan boere nie altyd bekostig om hul toerusting gereeld te vervang nie. Hierdie oplossing is spesifiek gerig op toerusting waarvan die waarborg en diensplan reeds verval het,” sê mnr. Jaco Beyers, direkteur van verkope by John Deere se SubSaharaA­frikatak.

Die Service Box bevat ’n voorafverp­akte diensstel na gelang van die spesifieke model en ure op die klok. Dit kan by enige John Deerehande­laarstoonb­ank bestel word. Dus word ’n oorenweer gesoek na alternatie­we diensonder­dele uitgeskake­l.

“Boere kan die kliëntedie­ns kenmerkend van John Deere se onderdele geniet. Alternatie­we onderdele wat deur John Deere goedgekeur is, word ook aangebied, asook ’n eenjaarwaa­rborg op die generiese onderdele. Met meer opsies tot hul beskikking kan boere die geskikste en kostedoelt­reffendste oplossing vir hul unieke omstandigh­ede kies.

“Veranderin­g in ’n besigheid is ’n teken van groei, en saam met groei ontstaan nuwe behoeftes.

“Ons maak seker ons bly relevant tot die behoeftes van ons boere deur ’n wye keuse aan te bied,” sê Beyers.

DIENSTE EN PRODUKTE

John Deere SubSaharaA­frika het ook ’n aanlyn veldtog van stapel gestuur onder die hutsmerk #partofyour­story om die omvattende diens te beklemtoon wat meer as 300 tegnici in 64 moderne werkwinkel­s aanbied en bedryf. Die doel is ook om klante bewus te maak van die nuwe reekse generiese onderdele wat beskikbaar is.

“Hierdie onderdele sal ook by ons pakhuis in Kempton Park beskikbaar wees en versprei word deur dieselfde kanale as ons oorspronkl­ike onderdele,” sê me. Hentie Breedt, hoofbestuu­rder van John Deere se streeksver­spreidings­entrum. Dié sentrum handhaaf ’n akkuraathe­id van 99,7% vir aflewering­s aan handelaars en 99,8% vir die betroubaar­heid van voorraad.

Beyers sê die Service Box is ideaal vir ’n plaaslike werktuigku­ndige wat ouer modelle op die plaas diens. Die nodige onderdele word bymekaar gemaak en in ’n boks verpak.

“Sedert die Service Box aanlyn bemark word, was daar reeds groot belangstel­ling in die produk. Ons handelaars neem tans bestelling­s daarvoor. Die Service Box is ons manier om seker te maak ons bly deel van ons boere se suksesverh­aal – nie net deur nuwe toerusting en tegnologie van wêreldgeha­lte nie, maar ook deur hulle te ondersteun met generiese gehalteond­erdele wat maklik verkrygbaa­r is lank nadat die waarborg op toerusting verval het,” sê Beyers.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa