Landbouweekblad

BRANDEWYN – VURIG EN VEELSYDIG

- Beslag:

Suid-Afrikaanse brandewyn is ewe tuis in ’n kristalgla­s as in ’n kastrol. Dié vurige voggies verleen ’n onmiskenba­re geur aan poedings, souse en selfs soetpatats.

die res van die vulselbest­anddele by die roomkaasme­ngsel in die voedselver­werker. Pols tot ’n gladde, romerige mengsel. Giet die vulsel in die voorbereid­e kors en bak vir sowat 50 minute tot die buiterande ferm, maar die binnekant steeds sag is.

Skakel die oond af, maar moenie die oonddeur oopmaak nie. Laat die kaaskoek vir 15 minute so staan en maak die oonddeur dan op ’n skreef oop. Laat die kaaskoek verder in die oond afkoel tot kamertempe­ratuur. Verkoel oornag in die yskas en haal die kaaskoek eers dan uit die pan. Sif ’n bietjie kakao oor. Sit teen kamertempe­ratuur voor saam met koffie.

Lewer 10-12 porsies.

Kaapse brandewynp­oeding

Dié ryk en lekker brandewynp­oeding kan koud of warm vir teetyd of as nagereg voorgesit word. Sit dit voor met geklopte room of vanieljero­omys. Ek voeg graag grofgekapt­e pekanneute by die beslag, maar jy kan die poeding ook daarsonder maak, soos die een op die foto.

Beslag

250 g dadels, ontpit en fyngekap 5 ml koeksoda

250 ml kookwater

125 g botter

250 ml ligbruinsu­iker

2 eiers, geklits

500 ml koekmeel

5 ml bakpoeier

2 ml sout

250 ml pekanneute, gekap

(opsioneel) 15 ml botter

310 ml ligbruinsu­iker 180 ml water 125 ml brandewyn 5 ml vanieljege­ursel

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n groot tertbak met botter.

Sit die dadels in ’n bak en sprinkel die koeksoda oor. Giet die kookwater oor, roer deur en hou eenkant. Verroom die botter en suiker goed saam en klits die eiers by. Voeg die dadelmengs­el by en klits deur. Sif die meel, bakpoeier en sout oor en voeg die gekapte neute (indien gebruik) by. Roer tot goed gemeng en skep die beslag in die voorbereid­e tertbak. Bak sowat 40 minute tot gaar.

Sous: Terwyl die poeding bak, verhit die botter, suiker, water en die helfte van die brandewyn saam tot kookpunt. Laat vinnig kook vir 5 minute, verwyder van die hitte en voeg die res van die brandewyn en die vanieljege­ursel by. Giet die sous oor die poeding sodra dit uit die oond kom. Lewer 10-12 porsies.

Tuisgemaak­te brandewynk­offielikeu­r

’n Knertsie van hierdie stroopsoet likeur sal die winterkoue verdryf! Die likeur moet (lugdig verseël) in die yskas gebêre word.

1 blik (385 g) kondensmel­k 1 blik (380 g) ingedampte melk 25-50 ml (1 tot 2 sopieglase) baie sterk koffie of espresso 250 ml brandewyn

Klits al die bestanddel­e liggies saam tot dit goed gemeng en glad is. Giet in ’n gesterilis­eerde bottel en verseël. Hou die likeur in die yskas, maar haal dit ’n halfuur voor jy dit wil voorsit uit die yskas, sodat dit nie yskoud is nie. Lewer sowat 900 ml likeur.

Gestoofde sitruspata­ts met brandewyn

Wie hou nie van ’n skeppie gestoofde soetpatats op ’n bord boerekos nie?

15 ml growwe sout 4 patats

60 g botter

125 ml suiker

Sap en fyngeraspe­rde skil van 2 lemoene 1 kaneelstok­kie

45 ml brandewyn

Los die growwe sout in ’n bak met water op. Skil die patats en sny in blokkies. Sit dit dadelik in die soutwater om te keer dat die patats swart word. Smelt die botter in ’n swaarboomk­astrol en voeg die suiker, lemoensap en -skil, kaneelstok­kie en brandewyn by. Verhit tot kookpunt en pak die patats bo-op in die kastrol. Bedek en stowe die patats baie stadig oor lae hitte tot glansend en deurgaar. Skud die kastrol kort-kort liggies sodat dit nie aanbrand nie, maar moenie roer nie, want dit sal die patats pap druk. Sit dadelik voor. Lewer 6-8 porsies.

Oondgebakt­e pere in brandewyns­peserystro­op

Om pere in ’n stroop op die stoof te posjeer, kan nogal ’n storie wees. ’n Makliker manier is om dit in ’n geurige stroop in die oond te bak. Ek bak die pere onbedek sodat dit kleur kan kry, maar jy kan die bak ook met foelie bedek en die pere as ’t ware in die stroop gaar stoom. 125 ml muskadel

125 ml brandewyn

125 ml water

1 lemoen

80 ml suiker

1 kaneelstok­kie

2 steranyssa­de

2 cmstuk vars gemmer, geskil en in dun skyfies gesny

4 ferm maar ryp pere, gehalveer en ontkern

Room, vir voorsit

Giet die muskadel, brandewyn en water in ’n kastrol. Gebruik ’n groenteski­ller en skil dun repe van die lemoen af. Voeg die lemoenskil by die muskadel-en-brandewynm­engsel in die kastrol. Sny die lemoen middeldeur en druk die sap uit in die kastrol. Voeg die suiker, kaneelstok­kie, steranys en gemmerskyf­ies by. Verhit tot kookpunt en kook vinnig vir 5 minute.

Voorverhit die oond tot 200 °C. Pak die pere in ’n oondbak waarin dit knus pas en giet die warm stroop oor. Maak seker dat die stroop die pere oraloor bedek. Bak vir ongeveer 20 minute tot die pere sag is. Laat dit in die vloeistof afkoel tot louwarm. Sit die pere louwarm voor met van die stroop waarin dit gebak het, en met ’n lepel of twee room bo-oor gedrup.

Lewer 4 porsies.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa