Landbouweekblad

VRAAG NA RAS BLY STERK

- NEIGINGS SA VLEISMERIN­O

Ten spyte van verskeie terugslae, onder meer die onsekerhei­d oor die Covid-19-pandemie, het verkopers en telers van SA Vleismerin­o’s weer rede om te glimlag.

Dié ras het tot dusver uitstekend vertoon met vier veilings in Junie wat uitsonderl­ike pryse vir ramme opgelewer het. Die gemiddelde pryse was ook goed, met ’n sterk vraag na goeie diere.

Op die Magetzane produksiev­eiling was die hoogste prys vir ’n ram R22 000. Die eienaar was mnr. Rowlen von Gericke van die Magetzane-stoetery naby Winburg. Die koper was die ondernemin­g Keyter Agri van Excelsior. Altesame 32 ramme is teen gemiddeld R11 605 verkoop.

Op die Caledon-ramtelersv­ereniging se 25ste jaarlikse veiling is die duurste ram teen R20 000 aan mnr. Willem Burger van Caledon verkoop, terwyl ramme gemiddeld R8 700 behaal het. Die verkoper was die Tussenbeid­e-st oetery van Caledon.

Die produksiev­eiling van mnr. JanvanBilj­onhet’nrammet’n hoogste prys van R24 000 opgelewer. Die koper was mnr. Johan Goosen van Hertzogvil­le.

Op die Coralta produksiev­eiling op 24 Junie 2020 het die hoogste prys vir ’n ram R25 000 beloop. Die verkoper was mnr. Cornie van den Heever met mnr. Paul de Wet van Bethlehem wat die koper van die ram was.

Intussen wys die stoorlamme­rverslag van BKB daarop dat die prys van stoorlamme­rs steeds sterk bly vanweë ’n sterk vraag en tekort in die mark. Vet lammers behaal goeie pryse.

Die maatskappy meen data wys die tekort aan stoorlamme­rs sal voortduur met pryse wat hul huidige vlakke sal behou.

Die styging in brandstofk­oste begin Julie beteken ook dat vervoerkos­te styg.

Dit lei daartoe dat groter lotte hoër pryse verdien.

— GERRIT BEZUIDENHO­UT

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa