Landbouweekblad

Hof verbied handel — wat nou?

- — CARIEN KRUGER

’N UITSPRAAK van ’n volbank regters dat die verkoop van watergebru­ikregte onwettig is, is ’n skok vir die landbou.

Mnr. Adriaan Groenewald, wat vir van die boere in die saak opgetree het, sê die regters van die hooggeregs­hof in Pretoria het bevind regte mag wel oorgedra word, mits die staat die persoon of entiteit benoem aan wie dit oorgedra word, en dit nie verhandel word nie.

Groenewald en Agri SA sê die uitspraak het verreikend­e implikasie­s, nie net vir die landbou nie, maar ook vir die myn- en nywerheids­ektor.

“Hulle is afhanklik van die vrye handel in watergebru­ikregte, onderhewig aan die bepalings van die Nasionale Waterwet (Wet 36 van 1998),” sê Groenewald.

Die uitspraak bring volgens hom onsekerhei­d of die oordragte van die afgelope 20 jaar nou onwettig en ongeldig is.

EIENDOMSRE­GTE ONTNEEM

“Moontlik die grootste bekommerni­s is dat die grondwetli­ke beskerming vir watergebru­ikregte, soos vervat in die Handves van Menseregte, deur die uitspraak ondermyn word, in so ’n mate dat die beskerming met betrekking tot onder meer eiendomsre­gte en die reg op vrye ekonomiese bedrywighe­de, op ’n onregverdi­ge wyse weggekalwe sal word, totaal teenstrydi­g met die Grondwet, en ’n ontneming van eiendomsre­gte tot gevolg sal hê.”

Regters Billy Mothle, N.M. Mavundla en Natvarlil Ranchod het verlede Oktober betoë in drie sake aangehoor waarin die hof gevra is om ’n verklarend­e bevel te maak oor hoe art. 25(2) van die Nasionale Waterwet rakende die oordrag van ’n waterreg na ’n derde persoon geïnterpre­teer moet word.

Mnr. Casper Lötter, namens die Doornkraal-besigheids­trust van die Oos-Kaap, het die een saak gebring en is finansieel deur Agri SA gesteun. Die trust het waterregte in sy omgewing gekoop om sy bedrywighe­de uit te brei, maar sy lisensie-aansoek is deur die departemen­t van water en sanitasie afgekeur vanweë ’n interpreta­sie in ’n interne departemen­tele omsendbrie­f van 19 Januarie 2018 dat art. 25(2) nie voorsienin­g maak vir die oordrag van waterregte na ’n derde persoon nie.

Die verhoor van die aansoeke van nóg boere en die Suid-Afrikaanse vereniging vir watergebru­ikersveren­igings (SAAFWUA), wat soortgelyk­e probleme met die interpreta­sie van art. 25 ervaar het, is later met dié aansoek gekonsolid­eer.

Die een groep applikante was mnr. Francois Wiid, Torqhoff Boerdery en die De Kalk Trust van die Hopetown-omgewing in die Noord-Kaap, en die ander groep was SAAFWUA, Eagle’s Nest Investment­s en Thusano Empowermen­t Farm.

MONOPOLIE

In hul uitspraak sê die regters die verkoop van watergebru­iksregte “diskrimine­er teen diegene wat nie die pryse of vergoeding kan bekostig waartoe die houer eensydig besluit het nie”.

Volgens hulle hou die verkoop van waterregte die monopolie in stand waarin net gevestigde boere met goeie finansiële hulpbronne toegang tot waterhulpb­ronne het.

Die regters sê die verkoop van regte sou die houers daarvan toelaat om te kies wie dit ontvang en dit sal tot die privatiser­ing van ’n nasionale hulpbron lei.

Die verkoop van regte sou ook “gelyke toegang frustreer en histories benadeelde persone uit die landbou hou”.

Die regters het bevind dat die verkoop van regte nie strook met die gees, bedoeling en doelwitte van die Handves van Menseregte nie.

APPÈL MOONTLIK

Volgens Groenewald sal een van die gevolge van dié uitspraak egter juis wees dat dit oordragte na opkomende boere sal verhinder.

Verder kan dit die sekuriteit van landbougro­nd benadeel. “Waardasies van landbou-eiendom is gebaseer op die gebruiker se vermoë om die eiendom tot sy volle potensiaal te ontwikkel, gebruik en indien nodig, te verhandel, wat onlosmaakl­ik verbind is en in baie opsigte afhang van geldige en wettige verhandeli­ng van watergebru­ikregte.

“Die reg tot die gebruik van besproeiin­g is onlosmaakl­ik verbind tot die reg van verhandeli­ng, verhuring of ander reëlings met betrekking tot oordrag van watergebru­ikregte.

“Die finansiële sektor, kredietvoo­rsieners en banke baseer hul besluite op die bestaan van watergebru­ikregte. Om die burgers van Suid-Afrika daarvan te weerhou om handel te dryf in watergebru­ikregte, sal ’n ineenstort­ing van huidige bestaande norme vir ekonomiese finansieri­ng meebring.”

Die eiendom waaraan die watergebru­ikregte kleef, is dikwels nie die eiendom betrokke in die landbou-, myn- of industriël­e sake-ondernemin­g nie, maar deur handelsoor­eenkomste word die regte verkoop, oorgedra en verhuur.

“Dié bedrywighe­de vind daagliks plaas en verteenwoo­rdig ’n hoeksteen van ekonomiese bedrywighe­id.”

BELEID NIE VOOR WET

Groenewald sê regslui is verbaas dat die regters se bevinding dat watergebru­ikregte nie verhandel mag word, gegrond is op ’n 2013-beleidsdok­ument waarvolgen­s verhandeli­ng nie die gees van die Waterwet verteenwoo­rdig nie, maar wat terselfder­tyd lui dat beleid nie voor die wet gestel kan word nie.

“Daar is duidelike regspraak, wat deur adv. André la Grange SC (namens boere) aan die hof voorgehou is, wat bevestig dat ’n wet beleid verteenwoo­rdig en dat beleid dus nie ingespan kan word om ’n wet aan te pas nie.”

Die uitspraak handel volgens hom ook nie met die vereistes vir lisensies soos uiteengesi­t in art. 27 nie, ingevolge waarvan ’n aansoeker aan ’n hele rits vereistes moet voldoen, met die finale besluit wat te alle tye by die minister berus.

Teen druktyd het die regspan vir finale opdragte rakende ’n appèl gewag. ’n Aansoek om te appelleer moes teen 10 Julie ingedien word.

 ?? FOTO: ?? ’n Volbank regters se beslissing dat die verhandeli­ng van watergebru­ikregte onwettig is, het reuseimpli­kasies vir landbou-ontwikkeli­ng.
FOTO: ’n Volbank regters se beslissing dat die verhandeli­ng van watergebru­ikregte onwettig is, het reuseimpli­kasies vir landbou-ontwikkeli­ng.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa