Landbouweekblad

Dieselteko­rt kan nog weke duur

- — NICO VAN BURICK

DIESELTEKO­RTE in die binneland het teen druktyd voortgeduu­r ná die hoofpyplyn tussen Durban en Germiston vroeg in Julie verskeie kere deur gesofistik­eerde sindikate dieseldiew­e beskadig is en vier dae lank buite werking was. Sylyne is ook beskadig.

Die SuidAfrika­anse petroleumb­edryfsvere­niging (Sapia) bevestig dat dié reeks voorvalle sedert April brandstofv­oorsiening aan die binnelands­e mark ernstig kortwiek. Sapia gee die versekerin­g dat daar voldoende voorraad is om in die huidige vraag te voorsien, maar dat die onderbreki­ngs in die pyplynnetw­erk tot vertraging­s in aflewering en tekorte in sommige gebiede lei. Padvervoer van diesel na die binneland is ’n logistieke probleem weens ’n opeenhopin­g van vragmotors in die hawe.

Dr. John Purchase, uitvoerend­e hoof van die landbousak­ekamer Agbiz, sê na afloop van ’n vergaderin­g met Sapia die situasie lyk onverander­d en die tekorte sal nog ’n paar weke voortduur. “Die sekuriteit van hierdie pyplyn is beslis ’n massiewe probleem en moet in die parlement bespreek word.”

OLIEMAATSK­APPYE

Volgens Purchase beskuldig sommige belanghebb­endes die oliemaatsk­appye wat al die raffinader­ye op een slag toegemaak het omdat hulle dit nie winsgewend kon bedryf tydens die aanvanklik­e inperkings­periode nie. “Dit is baie moeilik om presies te weet wat elkeen van hierdie faktore se bydrae tot die groter probleem in die voorsienin­gsketting is.”

Purchase sê van die gebiede wat steeds aansienlik­e tekorte ervaar, is in die Vrystaat en Noordwes en tot ’n mate Limpopo.

“Selfs in die WesKaap is daar nou al enkele probleme, maar in Mpumalanga lyk dit nou beter met voorsienin­g vanaf die Witbankdep­ot. Voorsienin­gsprobleme wissel van maatskappy tot maatskappy na gelang van die verskaffer, maar tog lyk dit of die landbou voorrang begin geniet.”

Hy sê Natref by Sasolburg, wat veral Kroonstad en Klerksdorp voorsien, was die eerste week van Julie weer in werking. Sodra voldoende voorraad opgebou is, sal die diesel deur die onderskeie pyplyne na dié twee depots gepomp word. Daar word reeds diesel met tenkwaens verskaf.

Mnr. Corné van der Walt van Agri Petroleum, ’n grootmaatv­erskaffer in Bothaville, sê die tekorte duur nou bykans twee maande. Hoewel hy nog nooit geen brandstof beskikbaar gehad het nie, kan hy nie aan boere die hoeveelhei­d voorsien wat hulle graag wil hê nie.

Hy sê dit sou baie erger gewees het as alle boere in hierdie stadium volstoom geoes het. “Die terugvoer wat ek kry, is dat daar nog mielies is wat nat is. Daar is beslis nog boere wat nie hul witmielies kon begin stroop het nie.”

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Dieselteko­rte kon die oestyd nog meer aan bande gelê het as die mielies vroeër begin afdroog het.
FOTO: VERSKAF Dieselteko­rte kon die oestyd nog meer aan bande gelê het as die mielies vroeër begin afdroog het.
 ?? FOTO: VERSKAF ?? Van die 72 000 skape wat vanweë ’n hofsaak nie uitgevoer mag word nie by die Page-familietru­st-voerkraal naby Oos-Londen.
FOTO: VERSKAF Van die 72 000 skape wat vanweë ’n hofsaak nie uitgevoer mag word nie by die Page-familietru­st-voerkraal naby Oos-Londen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa