Landbouweekblad

Kan dooiepunt pryse knou?

- — NICO VAN BURICK

DIE Rooivleisp­rodusentef­orum het opnuut ’n beroep gedoen dat die bedryf en die staat saam ’n standaard vir dieresorg moet formuleer sodat die uitvoer van lewende vee deurlopend en volhoubaar kan plaasvind.

Dit volg ná Al Mawashi, die lewendehaw­euitvoerma­atskappy middein ’n hofgeding met die nasionale Dierebeske­rmingsvere­niging, misluk het om ’n tydelike interdik teen die uitvoer van 72 000 skape uit OosLonden na Koeweit tersyde te laat stel.

’n Aansoek deur die DBV om die uitvoer van lewende vee permanent te laat verbied, word op 16 Julie in die OosKaapse hooggeregs­hof aangehoor.

Mnr. Gerhard Schutte, uitvoerend­e hoof van die Rooivleisp­rodusenteo­rganisasie (RPO), gee toe dit is ’n emosionele kwessie, maar die organisasi­e wil hê uitvoer moet korrek geskied sodat die hofsaak nie die uitvoer van lewende vee permanent kortwiek nie. Hy sê die RPO meen uitvoer kan “die dwarslat in die rooivleisb­edryf lig”. Dit sluit die uitvoer van lewende vee in. Hy meen die hangende hofsaak oor Al Mawashi se skape toon die behoefte dat die staat en bedryf saam ’n standaard vir dieresorg daar moet stel. Die bedryf sal dan streng daaraan voldoen sodat uitvoer deurlopend en volhoubaar kan voortgaan.

Hy sê die RPO is “baie opgewonde oor die uitvoermoo­ntlikhede van vee – spesifiek na die MiddeOoste”. “Dit is ’n belowende mark vir ons produsente. Die RPO ondersteun die rooivleisb­edryfsforu­m om tydens die verhoor op 16 Julie die uitvoer te ondersteun,” sê hy.

VERLIES VAN MILJOENE

Die hofsaak bedreig egter Al Mawashi se betrokkenh­eid in SuidAfrika. Mnr. Ilyaas Ally, besturende direkteur van Al Mawashi, sê in hofstukke sy maatskappy se verliese weens die vertraging sal teen 16 Julie op sowat R16,4 miljoen staan. Dit sluit in R431 000 per dag om die skape te voer en dek nie eers die koste om die skip in die hawe te hou nie. Die hof het egter bevind Al Mawashi was self verantwoor­delik vir die situasie waarin hy hom bevind aangesien die DBV hom vooraf gewaarsku het dat hy in die lig van die hangende hofsaak op eie verantwoor­delikheid ’n skip na SuidAfrika toe stuur.

Mnr. Bruce Page, eienaar van die plaas en voerkraal waar die skape gehou word, sê die skape vreet daagliks 110 ton voer.

Hul onderhoud kos daagliks meer as R400 000.

Hy meen die hofsaak is ’n onregverdi­ge aanslag op Al Mawashi.

“Ek het hierdie jaar al tien skeepsvrag­te beeste en skape na Mauritius vervoer sonder dat daar enige probleme was. Die DBV konsentree­r doelbewus op Al Mawashi. Ons wonder ook wat Animals Australia se betrokkenh­eid by die saak is. Ons verstaan ook nie wat ons eie bedryfsfor­um se agenda is nie. Hulle sê hulle kyk na die nodige wetgewing, maar vir die afgelope 20 jaar dat ek diere uitvoer, was daar geen wetgewing nie. Dit kan nog 20 jaar duur om dit te kry.

“Tans is die skape eintlik al te groot en te vet en ons sal dalk van hulle plaaslik moet begin verkoop tot nadeel van ons eie mark. Ons sal egter volhou met die stryd tot die boere wen. Dit is tot voordeel van die land en sy mense.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa