Landbouweekblad

Covid-19-misdaadvla­ag kan vererger

- Bl. 4). — JASPER RAATS

TYDENS vlak vyf en vlak vier van die staat van inperking was daar volgens mnr. Bheki Cele, minister van polisie, ’n groot afname in geweldsmis­daad.

Moordsake het van 27 Maart tot 19 Mei met 63,9% afgeneem teenoor die ooreenstem­mende tyd verlede jaar, gewapende roof met 63,6%, ernstige aanranding­s met 80,4%, motorkapin­gs met 70,7%, huisroofto­gte met 49,1% en die roof van ondernemin­gs met 60,2%.

Twee kriminoloë, dr. Johan Burger van die Instituut vir Sekerheids­tudies

en prof. Rudolph Zinn van Unisa se departemen­t van polisiepra­ktyk, waarsku egter in hul verslag Lifting lockdown: a double-edged sword for public safety? dat Suid-Afrikaners hulle gereed moet maak vir ’n skerp toename in sulke misdade namate inperkings­maatreëls verslap word.

Hulle sê die perke op mense se beweging, meer polisiepat­rollies en padblokkad­es het waarskynli­k bygedra tot die afname in misdaad tydens die streng inperking.

Die verslappin­g van die maatreëls

op vlak drie het egter ook die deur vir misdadiger­s oopgemaak, en mediaberig­te getuig van ’n skerp toename in gewelddadi­ge aanvalle en rooftogte, veral op die platteland.

NET DIE BEGIN?

Burger waarsku die ekonomiese impak van die Covid-19-pandemie en die staat van inperking gaan nie oornag verbeter nie. Daar gaan weens toenemende werklooshe­id en armoede waarskynli­k meer misdaad as voor die staat van inperking wees.

Die moord op mnr. Wynand Breedt, ’n musiekonde­rwyser van Worcester, op ’n plaas buite die dorp op 4 Julie, die moord op ’n swanger vrou op ’n plaas by Weenen en die aanranding en ontvoering van die 82-jarige me. Daleen van der Hoven naby die Lesothogre­ns was teen druktyd die jongste in ’n vlaag aanvalle (sien

Burger sê daar is ’n wanindruk onder misdadiger­s dat daar ’n oorvloed rykdom op plase is.

“In hulle oë is daar geld, wawoorde

pens en ander waardevoll­e dinge om te steel op plase. Vir hulle is plaaswonin­gs ook afgesonder en dus makliker om te beroof.”

In hul verslag sê Zinn en Burger egter daar is hoop, mits Suid-Afrika die lesse wat uit die Covid-19-pandemie geleer kan word, ter harte neem.

“As die pandemie die polisie aanspoor om misdaad met nuwe navorsings­gebaseerde polisiewer­k te probeer bekamp, kan Suid-Afrika op lang termyn beter daaraan toe wees.”

Dié benadering beteken dat die polisie voortduren­d bewese misdaadbek­ampingsmet­odes (soos alkoholper­ke, ekstra patrollies en sigbare teenwoordi­gheid in misdaadbra­ndpunte) toepas.

 ??  ?? Dr. Johan Burger
Dr. Johan Burger
 ??  ?? Prof. Rudolph Zinn
Prof. Rudolph Zinn

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa