Landbouweekblad

Suidwes-transaksie: Senwes kry wind van voor

- — VIDA BOOYSEN

IN ’n verrassend­e wending het die Mededingin­gskommissi­e sy goedkeurin­g vir Senwes en Senwesbel se voorgenome koop van die sukkelende landboumaa­tskappy Suidwes teruggetre­k.

Op die eerste dag van die Mededingin­gstribunaa­l se verhoor oor die voorgenome transaksie het mnr. Romeo Kariga, die kommissie se senior regsvertee­nwoordiger, gesê die kommissie is deur die samesmelte­nde maatskappy­e gevra om die aansoek om goedkeurin­g dringend af te handel, omdat Suidwes in ’n benarde fidedingin­g nansiële posisie was. Die ondersoek is toe binne 40 dae pleks van die gewone 120 dae verwerk.

Nadat die kommissie egter gepraat het met die drie ander partye wat ook aanbieding­s vir Suidwes gedoen het, het die kommissie sy aanvanklik­e aanbevelin­g teruggetre­k dat die koop goedgekeur word.

GRAANVERHA­NDELING

In sy getuienis voor die tribunaal het die kommissie onder meer aangevoer dat die voorgenome transaksie waarskynli­k die mein die opbergings­markte en geassosiee­rde graanverha­ndelingsma­rkte waarin Senwes en Suidwes bedrywig is, aansienlik sal verminder.

Drie geografies­e gebiede in Noordwes is geïdentifi­seer waar die samesmelti­ng tot gevolg kan hê dat die nuwe maatskappy ’n monopolie op graanopber­ging in silo’s sal hê. Die kommissie se ondersoek het ook bevind dat alternatie­we opbergings­geriewe soos silosakke, sinksilo’s en graanbunke­rs nie noodwendig genoeg mededingin­g vir die nuwe maatskappy se vergrote silo-kapasiteit sal verskaf nie.

Die verlies aan mededingin­g tussen Suidwes en Senwes kan volgens die kommissie beteken dat die maatskappy­e (byvoorbeel­d Senwes) met groter opbergings­vermoë dit sal gebruik om die verhandeli­ng van graan te beïnvloed om voordeel bo handelaars met geen opbergings­vermoë te verkry, het mnr. Grashum Mutizwa, die kommissie se regsvertee­nwoordiger, in sy voorleggin­g aan die tribunaal gesê.

Die verhoor duur voort. Getuienis van onder meer OVK en NWK, wat ook aanbieding­s vir Suidwes gedoen het, word aangehoor.

 ?? FOTO: SENWES ?? Die Mededingin­gskommissi­e meen ’n samesmelti­ng van Senwes en Suidwes kan lei tot ’n monopolie in silo-opberging in sekere gebiede.
FOTO: SENWES Die Mededingin­gskommissi­e meen ’n samesmelti­ng van Senwes en Suidwes kan lei tot ’n monopolie in silo-opberging in sekere gebiede.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa