Landbouweekblad

Ontken staat slagting?

- — JOYLENE VAN WYK

DIE vae antwoord van pres. Cyril Ramaphosa oor spesifiek waarom daar nie bykomende polisieled­e ontplooi is gedurende die inperkings­tydperk om aanvalle en moorde op plase te voorkom nie, laat dit lyk asof die regering ontken dat hierdie misdade op Suid-Afrikaanse plase plaasvind, sê me. Annette Steyn, die DA se skaduminis­ter van landbou, grondhervo­rming en landelike ontwikkeli­ng.

Dit kom voor dat daar geen keer aan die wrede plaasaanva­lle en -moorde is nie, nie eens in die inperkings­tyd waar die hele wêreld pogings aanwend om die Covid-19-pandemie te beveg nie.

Volgens TLU SA was daar in Januarie vanjaar 20 aanvalle en geen moorde op die land se plase, 29 aanvalle en sewe moorde in Februarie, 22 aanvalle en sewe moorde in Maart, 10 aanvalle en een moord in April, en 17 aanvalle en vier moorde in Mei.

ONTPLOOIIN­G

Mnr. Fanie du Toit, VF Plus-LP, het Ramaphosa in die parlement gevra hoekom bykomende wetstoepas­sers nie ontplooi word om plaasaanva­lle en -moorde te voorkom in die lig van die sowat 300 000 mense wat tydens die inperking in hegtenis geneem is vir oortreding­s van die inperkings­regulasies en die polisie en die weermag ontplooi is om die regulasies af te dwing nie.

Ramaphosa het gesê die “ontplooiin­g van polisieled­e is gedoen volgens die misdaadbed­reigingson­tleding en die misdaadpat­roonontled­ing.

“Die uitkoms van hierdie ontleding rig die ontplooiin­g van hulpbronne in reaksie op geïdentifi­seerde misdaadbed­reigings, ongeag die geografies­e gebied.”

Hy het gesê die polisie en verskeie belanghebb­endes in landelike veiligheid werk saam aan die toepassing van die landelike veiligheid­strategie.

“Die regering is verbind tot ’n misdaadvoo­rkomingsbe­nadering wat ’n gelykmatig­e waarde heg aan die lewe en eiendom van alle Suid-Afrikaners.

“Hy sal voortgaan om wetstoepas­sers en ander hulpbronne te ontplooi waar dit nodig is.”

Die DA het reeds die speaker, me. Thandi Modise, versoek dat ’n debat van nasionale belang oor plaasmoord­e en -aanvalle gehou moet word. Die party het teen druktyd nog vir ’n antwoord van Modise gewag.

BEWUS DAARVAN

Steyn sê dit is nie asof die regering nie ingelig word oor die moorde nie.

Tydens mnr. Bheki Cele, minister van polisie, se termyn as adjunkmini­ster van landbou is gereeld daaroor in parlementê­re komiteever­gaderings gepraat.

Die DA het onlangs ’n plan bekend gestel teen plaasmoord­e, en dr. Ivan Meyer, die Wes-Kaapse minister van landbou, het reeds ’n plan bekend gestel om boere en werkers te beskerm.

Mnr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, sê dit wil voorkom asof Ramaphosa dit nie kan waag om te vra dat boere teen misdaad beskerm moet word nie, want dan sal hy ook moet vra dat boere se eiendom beskerm word en dit bots met grondontei­ening sonder vergoeding.

Wanneer ’n president van ’n land ’n ophef maak van uitsonderl­ike voorvalle soos die dood van George Floyd in Amerika, maar oor uitsonderl­ike gruweldade soos plaasmoord­e in sy eie land swyg, ontduik hy sy verantwoor­delikheid teenoor die burgers van sy eie land, sê Groenewald.

 ?? FOTO: ?? Me. Annette Steyn
FOTO: Me. Annette Steyn
 ?? FOTO: GCIS ?? Mnr. Pieter Groenewald
FOTO: GCIS Mnr. Pieter Groenewald

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa