Willemse: Geldsake van staat ‘skokkend’
Die afgelope jare is dit duidelik dat Suid-Afrikaanse staatsuitgawes baie vinniger groei as inflasie en die staatsinkomste (belastings). Die staat kan nie voortgaan om geld te leen om sy lopende uitgawes te finansier sonder om in ’n skuldstrik te beland nie. Ons weet die staatsfinansies is in diep moeilikheid, maar die werklikheid wat mnr. Tito Mboweni, minister van finansies, in Junie in die aanvullende begroting op die tafel geplaas het, is skokkend met vele nagevolge vir elke boerdery en besigheid.
Staatsuitgawes het met R145 miljard gestyg weens die bekamping van Covid-19, maar die werklikheid is ’n rekordtekort op die begroting weens die ekonomiese ineenstorting met die oorreaksie op die virus, ná ’n paar jaar van dalende groei, verkeerde beleidsbesluite die afgelope aantal jare, korrupsie en die plunder van die staatskas. Die minister en tesourie verwag die ekonomie gaan in 2020 met 7,2% krimp, maar ’n dag of wat later het die IMF gesê dit gaan meer as 8% wees, terwyl ander ekonomiese modelle dui op ’n inkrimping van tot 16% . Dit is, volgens die minister, die ergste inkrimping in meer as 90 jaar.
Die wêreldekonomie word ook verwag om met meer as 5% in te krimp; uiteraard in sommige lande meer as in ander. Die mark vir Suid-Afrikaanse uitvoer is dus onder druk.
Dit is ’n massiewe skok. Verbruiksbesteding gaan in die volgende jaar of drie erg krimp namate werkloosheid bly styg (die jongste syfer is meer as 30% vir eerste kwartaal) en die bevolking armer word. Dit sal naïef wees om te dink landboubesighede en boerderye gaan nie geraak word nie en dat die vraag na landbouprodukte nie ook gedemp gaan word en verskuif nie. Daar is reeds ’n rekordvraag na witmieliemeel, terwyl vleisbedrywe sukkel.
TEKORT EN SKULD
’n Drastiese ingryping in staatsfinansies en ’n beleid wat ekonomiese groei aanmoedig, is broodnodig. Die werklikheid is dat die staat se hersiene besteding vir 2020-’21 op R2 000 miljard en staatsinkomste op sowat R1 200 miljard geraam word. Dit laat ’n rekordtekort wat finansier moet word.
GRAFIEK 1 toon die staatsuitgawes (en skerp groei) en die insinking in belastinginkomste weens die ekonomiese resessie die afgelope jaar (die bek van die seekoei waarna die minister verwys het). Dit gaan nie gou herstel nie en daar is nie ruimte vir nog belastingverhogings nie. Dit beteken dat ’n massiewe tekort van sowat R761 miljard geleen moet word. Daar moet sowat $7 miljard oorsee geleen word,
■ Die tesourie verwag ’n inkrimping van 7% in die ekonomie, maar sommige modelle dui daarop dat die ekonomie met 16% kan inkrimp.
■ Die regering sal in die buiteland geld moet leen om die begrotingstekort aan te vul, want die binnelandse spaarpoel kan nie só ’n groot leningsprogram van die staat ondersteun nie.
■ Die regering het nie die politieke wil om drastiese besluite te neem om uitgawes te besnoei nie.
want die minister erken dat die binnelandse spaarpoel nie só ’n enorme leningsprogram van die staat kan ondersteun nie.
Daar is nie detail gegee oor die bronne nie, maar dit word algemeen aanvaar dat die grootste deel vanaf die IMF gaan kom, heel moontlik met streng voorwaardes.
Die resultaat is dat staatskuld weghardloop en vanjaar tot sowat 82% van die BBP gaan styg. Suid-Afrika is in die skuldstrik waarteen ekonome nou al ’n paar jaar waarsku.
GRAFIEK 2 toon die sprong in staatskuld en die feit dat daar nou van elke R1 belasting sowat 21 sent na die staat se rentebetalings gaan. Tot dusver het die staat meestal binnelands geleen om die staatsuitgawes te finansier, maar nou gaan Suid-Afrika se oorsese blootstelling toeneem met groter blootstelling aan ’n verswakkende wisselkoers. Dit is voor die hand liggend dat die situasie nie volhoubaar is nie.
VERANDERLIKE
Staatsuitgawes
Belasting
Staatskuld
Wisselkoers
Rentekoers
Ekonomiese groei
Werkloosheid
Vraag na voedsel
19/06 17,32 26/06 17,30 03/07 17,14
05/06 26/06 03/07*
WEEK GEËINDIG