Landbouweekblad

Vars koopkrag gee veilings nuwe lewe

-

Ná Sernick se 42ste produksiev­eiling in Junie, waartydens 1 000 Bonsmaras aangebied is, het mnr. Nick Serfontein ’n paar interessan­te verskuiwin­gs waargeneem wat hy reken baie gunstig vir die vleisbees asook veilingsbe­dryf is. Die grootste en belangriks­te hiervan is dat swart boere tot 47,8% (R11,1 miljoen) van die veiling se omset bygedra het.

“Dit is verstommen­d, want hierdie aankope het gekom van slegs 25 swart boere wat 71% van die kommersiël­e aanbod opgeraap het,” sê Serfontein.

Die aankope deur swart boere het op ’n jaargronds­lag verdubbel. Verlede jaar het swart boere 24% van Sernick se veilingsom­set uitgemaak. Serfontein sê dit is nodig om die rede vir dié groot veranderin­g te verstaan.

OPLEIDING VIR OPKOMENDE BOERE

Op ’n boeredag wat Sernick in 2015 vir opkomende boere gehou het, het hy “angs en vrees” in die boere se oë gesien.

“Ek het toe besef dat ons iets moet doen om hierdie boere te help. Hulle was besig om soos afkophoend­ers rond te hardloop vir hulp, maar is oral uitgebuit deur korrupte amptenare en ’n korrupte stelsel. Jy kan nie vir iemand grond gee en verwag hy moet sukses behaal sonder die nodige kennis, opleiding, ondervindi­ng of toegang tot finansieri­ng en mentorskap nie.”

Sernick het toe begin om opleiding aan opkomende boere te gee en hulle ook gehelp om hul vee vir beter diere te verruil. Dit was vir Serfontein baie duidelik dat daar ’n baie groot behoefte was vir meer kennis.

“In 2018 het ons by die Jobs Fund aansoek gedoen vir hulp en sedertdien werk ons in vennootska­p met dié staatsfond­s en is ons in die proses om 660 opkomende boere basiese opleiding te gee. Van die 660 kry 300 boere intensiewe opleiding.

“Die groot deurbraak het egter gekom toe ons die doelwit gestel het om 50 boere vanaf opkomende status tot kommersiël­e beesboere te ontwikkel.

“Tans is 26 van hulle gevestig. Die ander is in die proses om gevestig te word en sal vanjaar nog hul beeste ontvang sodra hul infrastruk­tuur voltooi is.”

NOG NIE EEN BOER HET MISLUK NIE

Opkomende boere met potensiaal en wat toegang tot grond het (soos ’n huurkontra­k met die staat), doen ’n jaarkursus by Sernick. Só ’n boer se infrastruk­tuur word verbeter met skenkings van die Jobs Fund. Dan ontvang die boer ook 35 dragtige Bonsmarako­eie of 35 koeie met kalwers en ’n bul. Die beeste bly Sernick se eiendom, maar die boer hou 60% van die aanteelvee. Wanneer ’n bees vrek weens nalatighei­d, moet die boer dit self vervang. Boere kry gratis lek en medisyne vir die eerste jaar en Sernick staan boere verder by met mentorskap op ’n weeklikse of tweeweekli­kse grondslag.

“In die drie jaar dat die projek aan die gang is, het nie een boer misluk nie,” vertel Serfontein. “Van hierdie boere is nou heeltemal onafhankli­k. En in die proses word 1 400 werkgeleen­thede geskep.”

Dit was van hierdie boere wat Sernick se veiling so goed ondersteun het. Sonder dat Serfontein dit besef het, het Sernick nie net ondersteun­ing gebied nie, daar is ook ’n nuwe mark geskep. Serfontein sê hy meen daar is ’n paar redes waarom die boere juis sy veiling ondersteun het.

“Beslis lojaliteit. Hierdie is ’n waarde wat nie gekoop kan word nie – dit word verdien. Die boere voel welkom by Sernick en weet hulle word deel van die waardekett­ing. Swart boere is oorwegend veeboere en die sukses wat sover met ons projek behaal is, maak hulle opgewonde, dit gee hoop en dit is aansteekli­k. Hierdie boere weet hulle gaan ondersteun word met mentorskap, opleiding en moontlike toegang tot verdere finansieri­ng.”

HULP VIR DIE HELE SUID-AFRIKA

Intussen het Sernick versoeke om hulp van oor die land ontvang. Tans word die projek net aan opkomende veeboere van die Vrystaat en dele van Noordwes en Gauteng gebied. Serfontein meen dit sal later nasionaal uitgebrei word.

“Hierdie projek is onteensegl­ik suksesvol en daar is honderde versoeke vanuit al die provinsies om die projek uit te brei. As ’n mens kyk na die impak van die geld wat hier bestee word teenoor die miljarde rande wat vermors word en gesteel word – veral deur provinsial­e regeringsp­rogramme, dan sal dit misdadig wees om dit nie uit te brei nie. Die president het onlangs bewus geraak daarvan en is baie opgewonde daaroor. Ek meen dit gaan momentum optel.”

Maar meer kommersiël­e boere moet betrokke raak, sê Serfontein.

“Ek dink daar is heelwat kommersiël­e boere wat wil, maar hulle weet nie hoe nie. Die proses is op die oomblik nog nie goed georganise­er nie. Die nuutgestig­te Agricultur­al Developmen­t Agency is effens gerem deur die Covid-19-pandemie, maar dit sal ’n groot rol hierin speel.”

ANDER VERSKUIWIN­GS IN VLEISBEEST­E EN VEILINGS

’n Ander afleiding wat Serfontein uit Sernick se suksesvoll­e veiling maak, is dat baie boere nou besig is om kuddes te bou.

“In die eerste week van die nasionale inperking was die prys van beesvleis nog R47-R50/kg. Waarskynli­k as gevolg van paniekaank­ope. Toe val die prys drasties met R8/kg en dit werk deur na speenkalfp­ryse. Maar ten spyte van lae speenkalfp­ryse en die flou vraag na beesvleis is teelmateri­aal bonormaal duur.

“My gevoel is dat saaiboere besig is om hul beeskuddes uit te brei en dat baie boere in die wildbedryf stadig maar seker terugkeer na vleisbeest­e.”

Die derde verskuiwin­g wat Serfontein waargeneem het, is dat aanlyn veilings baie goed werk en gekom het om te bly.

“’n Baie groter geografies­e deel van die mark word bereik, terwyl dit ook ’n welkome hulpmiddel geword het vir veral deeltydse boere, wat nie altyd veilings kan bywoon nie. In ons geval was 21% van Junie se verkope aanlyn.” Een van die aanlyn kopers was pres. Cyril Ramaphosa, wat ’n bul gekoop het. “Nogal duur,” sê Serfontein. Die bedrag bly vir eers ’n geheim.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa