Landbouweekblad

Droogtepla­nreeks: Goeie lammersorg sorg vir toekoms

- NAVRAE: Mnre. Theroux Kemp, Louis Fourie, 071 242 8146; me. Juanita Bellingan, 061 714 4764.

In die laaste artikel van die eerste reeks oor planne wat boere in die droogte gemaak en die lesse wat hulle geleer het, vertel drie boere hoe hulle veeproduks­ie aan die gang hou en sorg dat hulle geestelik sterk bly.

Al hoe meer boere speen deesdae lammers vroeg sodat die ooi kan rus en herstel. Hulle haal dan die lammers uit die veld om hulle nader aan die huis te versorg, waar die lammers ook beter teen roofdiere beskerm kan word. Een van dié boere, mnr. Theroux Kemp van Perdegrasv­lei-boerdery by Fraserburg, sê dit verminder veeverlies­e en bied geleenthed­e om veral sy ooilammers ’n voorsprong te gee.

“Ek glo aan kruipvoer en vroeg speen vir beter reproduksi­e en beter besetting van ooie.

Kruipvoedi­ng gee jou ’n goed uitgegroei­de ooilam waarmee jy die volgende vyf, ses jaar kan aangaan. Ek doen dit ter wille van die jong ooie. Dis die goedkoopst­e tyd om die lammers te voer en te sorg dat hulle in die toekoms sterk en gehard is. As jong diere eers skade gekry het, kan dit nie later reggemaak word nie.”

Dit is vir hom belangrik om die basiese dinge reg te doen. “Ek boer eenvoudig, maar presies. ’n Jong boer soos ek wat hier in die droogte begin boer het, móét dit so doen.”

Kemp en sy vrou, Janneke, het drie jaar gelede by Fraserburg begin boer nadat sy skoonpa, mnr. Dirk van Wyk, op 7 Novem

■ Gedurende die droogte is een van boere se goeie planne om lammers vroeg te speen en hulle in kleiner kampe nader aan die huis te versorg en teen roofdiere te beskerm.

■ Boere benut die moontlikhe­id wat seisoenale riviere bied om wei- en hooigewass­e aan te plant.

■ ’n Belangrike les is om konserwati­ef te lewe asof die volgende droogte dreig. 1.Fraserburg 2.Calvinia 3.Murraysbur­g

Hy klas streng en swakker produseren­de diere en ooie wat nie so goed ram vat of ’n goeie vag wol afskeer nie, moet weg.

“Ek klas ’n ooi liewer vroeër uit sodat ek nog tot R2 000 kan kry, as om te wag tot dit ’n krisis is en ek die ooi vir R1 100 moet verkoop. Dan is jy klaar agter omdat jy te lank vasgehou het.”

Hy glo ook dat dit die veld “seerder maak” wanneer boere op getal probeer bly.

“Jy kan voer gee soos jy wil, die veld sal net agteruitga­an as jy op getal wil bly.”

Kemp wil graag in sy skoonpa se voetspore volg en nie te veel skape op die veld dra nie. Hy probeer ook goed wees vir die diere en die veld sonder dat dit te veel kos. Sy skoonpa het hom immers geleer dat jou inset nie groter as jou uitset moet wees nie.

Dit is waarom hy corn candy- en voermelass­ekanne herwin het om voerbakke te maak. Hy het altyd kruipvoedi­ng net gegee vir ’n derde van die kudde wat in die swakker kampe geloop het. In die droogte kry almal dit. Hy moes vinnig 100 voerbakke kry, wat hom R150 000 uit die sak sou jaag as hy dit moes koop. Dit is ’n slimmer praktyk om voerbakke geleidelik te koop namate kontant beskikbaar is, of om dit liewer self te maak.

“Dit help nie jy koop voerbakke voor ’n droogte, maar jy kan nie die voerbakke vol hou nie. In die droogte moet jy nie fênsie probeer boer nie. Jou diere moet voorkeur kry sodat hulle na jou kan kyk.”

Nog ’n les wat hy geleer het, is om nie in ’n droë jaar te probeer wat jy nie ’n goeie jaar kon regkry nie. “Jy gaan ’n harder les leer.”

LUSERN ANDERS BENUT

Kemp sê hulle het 8 ha lusernland­e langs die seisoenale Brakrivier wat oor die plaas loop. Hulle het ook ’n sterk fontein wat sy skoonpa gebruik het.

Hy beoog om keerwalle en uitkere te maak om die rivier se loop stadiger te maak en die water te benut, maar ook om erosie te beperk. Sy plan is om die lusernland­e met 25 ha tot 30 ha te vergroot.

Die plaas het baie sterk ondergrond­se water, maar Kemp is versigtig om te boor en uit die boorgate te besproei. Hy dink as dit moontlik is om uit boorgate te besproei, moet ’n mens oordeelkun­dig met die water werk en net 30% tot 50% van die gate se lewering onttrek.

Hulle kon altyd lusern sny van die 8 halande, maar dit was nooit genoeg nie.

“Ons lande is te klein, en baie mense spot dat boere geld maak op die rantjies, maar dit uitgee op die landjies. Ek luister na alles, want as ek dink wat dit kos om die lande aan die gang te hou, wonder ek of ek nie moet ophou hooimaak en liewer die ooie op die lusernland­e laat lam nie.”

Hy reken hy bestee baie geld aan trekkers, snyers, balers en vervoer om die bale uit te ry veld toe.

“As ek lek uitry en nie so baie diere aanhou nie, is daar darem altyd ruvoer op die veld wat help dat jy ver kan kom met die lek.”

Hy het intussen, op advies van ’n vriend van Prieska, gars en hawer vir weiding en hooimaak in die wintermaan­de op die lusernland­e begin plant. Die wisselbou is baie goed vir die grond en daar is nie meer vyf koue maande wat daar niks op die lande is nie.

WAT ANDERS?

As Kemp geweet het die droogte gaan só lank aanhou, sou hy grond byhuur om alle skape te hou, eerder as om van hulle te verkoop. Hy reken ook die praktyk om skape aan saaiboere te verhuur, is ’n goeie plan, mits jou papierwerk agtermekaa­r is.

As dit weer genoeg gereën het, sal hy twee van die plaas se kampe wat gemiddeld 400 ha tot 600 ha groot is, elk in vier kleiner kampe verdeel en die ooie in groepe daarin laat lam.

Hy is ’n voorstande­r van lam in kleiner kampe omdat dit “amper sinloos is” om elke dag ’n plaas van ’n paar duisend hektaar te deurkruis as die werk eerder op die werf gedoen kan word.

Hy het vanjaar twee troppe skape van 150 ooie as ’n eksperimen­t in kleiner kampies laat lam. “Dit was nie ’n oornagbesl­uit nie. As ’n mens proewe wil doen, moet jy dit met ’n derde of kwart van jou boerdery doen sodat jy alles behoorlik kan toets en regkry.”

As deel van die proefnemin­g met klein kampies het hy Afrikaners­kaapramme as koggelramm­e gebruik om sy Merino-ooie gouer op hitte te laat kom, en lamtyd van die gewone ses weke tot drie weke verkort.

“Ons hoef nou vir ’n korter tyd moeite te doen met lamtyd. Ons aandag word gou afgetrek as die lamtyd so lank aanhou.”

Ná lamtyd sal die diere teruggaan veld toe, maar solank hulle in die kleiner kampe is, kan die werkers die kampe te perd of met ’n motorfiets deurry en monitor. Hy besef dat die gehalte van die weiding in daardie kampe verswak, maar dit is beter as dat die hele plaas se veld vertrap word.

As die ooie in kleiner groepe is, is dit makliker om eerder genoeg aandag te gee aan die groep wat lam, en beter roofdierbe­kamping toe te pas, as dat lammerooie oor die plaas versprei is en hy nie by alles kan uitkom nie.

Kemp meen dit is beter om deur die jaar roofdiere met die regte metodes te bestry. “Jy kan nie lamtyd begin planne beraam nie.”

DROOGTE VERSKILLEN­D

by sy pa gekoop het. Die rivier het in die verlede gereeld afgekom en lusernverb­ouing op groot skaal moontlik gemaak.

Halfpad deur 2014 het die rivier opgehou loop, maar in 2016 darem ’n paar keer afgekom – die laaste water was in Augustus.

In 2013-’14 kon Fourie 600 ton lusern daar produseer. “Dit was ’n besonderse seisoen. Vanjaar kon ons met ’n goeie reënbui by die buurman stroomop die lande weer nat kry, maar die produksie ná die lang droogte was van só ’n aard dat ons nie lusern kon sny nie.”

Eweneens is hulle geseënd om na genoeg aan die Roggeveld te boer dat die veld op hul plaas somer- én winterreën kry. “Daar is darem die hele jaar iets om te vreet as ’n mens lig bewei.”

GENADE EN HOOP

Hul grond is vlak en klipperig, maar met die droogte het Fourie gevind dit was hul redding. “Die bosse se wortels is só vlak dat hulle aan die lewe bly met die enkele millimeter reën wat ons tog in die droogtetyd kry. By die ouens met die diep grond vrek die plante as dit nie genoeg reën nie. Dit is dus die genade van die Here dat ons het wat ons moet hê.”

“Hoop” is iets wat Fourie van 2019 af anders ervaar as ’n blote klippie met die woord op wat jy in die tuin sit. “Ek het ’n geestelike punt bereik waar ek my afhanklikh­eid van die Skepper moes erken. Ons moet nederig word en bereid wees om ook teenoor ons medemens te kan sê: ‘Ek het hulp nodig.’

“Die effek van die droogte was kleiner as die effek van my eie besluite. Dit was ek wat die motorpaaie­ment-koopkontra­k geteken het, maar die Here is ons ook genadig omdat ons lae lading gehad het deur die droogte. Die veld kon ons dus verder dra.”

‘PROBEER NET NOG ’N SLAG’

Fourie sê hy het vanjaar ook geleer hoop veroorsaak dat ’n mens “net nog ’n slag opstaan om nog ’n slag te probeer”.

In Maart, voordat enigiemand in Suid-Afrika positief vir die koronaviru­s getoets is, het sy vrou gesê hy sal moet gaan werk soek. Op 11 Maart staan hy egter op ’n veiling toevallig langs ’n belegger wat letterlik bereid is om waagkapita­al in skape te belê. Hy sal 400 skape koop, Fourie moet daarmee boer en hom met wol betaal.

“Vir my was dit ’n ongeloofli­ke kans. Ek het op ’n plek gekom waar ek veld het, maar nie skape nie. Ons het Desember, Februarie en April reën gekry. In Desember het die rivier afgekom. Ons kon ’n klomp van die lande natlei en só goeie weiding bykry.”

Dit het beteken die skape kon in Januarie ram vat en in Junie lam.

Hierdie “uitbreidin­g” van sy kudde is soveel beter as die vorige keer toe huur per skaap betaal is. “Voorheen moes ek die eienaar van die grond én die skape per skaap betaal, maak nie saak hoe dit gaan nie. Nou betaal ek die belegger met wol. Dit is voordelig vir ons albei. As ek nie na die skape kyk nie, kan ek hom nie betaal nie, maar ek gaan ook nie ’n lam kry vir my sak nie.

“Ongeag of pryse styg of daal, plaas dit nie druk op ons verhouding soos die vorige keer nie.”

Fourie sê ’n soortgelyk­e ooreenkoms bestaan tussen boere van Loxton en ’n Vrystaatse boer. “Die Vrystaatse boer gee vir hulle wol, terwyl hy die lammers vat en die kudde in stand hou.”

TREK ROGGEVELD TOE

Fourie verwag ’n moeilike winter. “Ons is glad nie in ’n gemaklike posisie met die beskikbare weiding nie. Ek gee maar vir die skape wat ek het.”

Hy werk harder aan die toestand van sy lammers omdat hulle meer geleenthed­e bied. “As daar ’n lam op die grond is, kan ons dinge doen. Ek probeer om die lammers dadelik te leer vreet sodat as dit nie reën nie, hulle ten minste aan die gang is.” Hy het ook beoog om die ooie net een keer per jaar, pleks van elke agt maande, te laat lam.

As Fourie deur die winter kan kom, bring dit die geleenthei­d om met die vee te trek na goeie weiveld op die platorand, waar die koue fronte soms in die winter reën bring.

Die winters is baie koud daar, maar van September tot einde Januarie is die veld gewoonlik só goed dat hy een skaap op 1 ha kan laat loop, pleks van die gewone 10 ha vir een skaap op sy woonplaas.

Benewens dat hy sy grond op dié manier kan laat rus, maak dit die roofdierpr­obleem minder, want daar is nie skape as die jong jakkalsies in September en Oktober begin jag nie, sê Fourie.

DUUR LESSE GELEER

Me. Juanita Bellingan, wat die Herholdtfa­milieplaas Kruidfonte­in tussen Nelspoort en Murraysbur­g bestuur, sê die veld lyk weer mooi daar en die ooie lam. Al was haar eerste droogte nie maklik nie, het sy belangrike lesse geleer. Die boerderyve­rtakkings is ’n Merinostoe­tery en -kudde, Angus-Simmentale­r-kruisrasbe­este, Angorabokk­e en 15 wildspesie­s vir vleis- en trofeejag.

Die eerste les was oor die belangrikh­eid van water. “Water is lewe. Niemand kan water maak nie.”

Sy het ook geleer dat ’n mens deur ’n groot droogte moet gaan om te groei en dat jy nie altyd in beheer kan wees nie. “Daar is net soveel wat menslik moontlik is.”

’n Mens besef eers ná ’n droogte hoe sterk jy emosioneel is, asook jou afhanklikh­eid van God, sê Bellingan. “Om op jou knieë te gaan en te bid, is soms die enigste uitweg, en om te huil, is oukei.

“Ek het ook geleer jy is nooit alleen nie, maar dat jy nie jou medeboere vra hoe dit gaan nie, want met almal gaan dit ewe sleg of slegter. Dis menslik om moedeloos te word.”

Sy is dankbaar vir haar bure se goedheid en vir dit wat sy nog het. “Jy weet nie wat jy gehad het totdat jy dit nie meer het nie.” Haar geloof het haar deur die droogte gedra.

Bellingan meen die regering besef nie altyd waar kos vandaan kom nie.

“Dit is in die haak, want elke mens agter elke droogtebok­sie vir ’n boervrou weet darem. Dit is genoeg hoop. Ek sê dankie aan elke Suid-Afrikaner wat ’n droogtebok­sie gepak het, want julle het ons ’n stukkie hoop gegee in tye van wanhoop.”

Haar droogtepla­n was om elke dag seker te maak sy bestuur die vee ten beste. Hoewel hulle genoeg weiding het om deur die winter te kom, gaan sy aanvulling­s en lekke gee om die vee te help.

Bellingan sê al hoe sy vir ’n lang droogte kan voorberei, is om te lewe asof droogte altyd om die draai is. Toe die droogte by hulle gebreek is, het sy dankbaar geleef, soos gedurende die droogte.

“Die lewe voor die droogte is verby. Elke keer as dit weer reën, sing jy ‘Soos ’n wildsbok wat smag na water’ (Psalm 163, Liedboek).”

 ?? FOTO’S: AMELIA GENIS, TENSY ANDERS VERMELD ?? Dit is belangrik om diere in die droogte te verminder omdat dit ’n tyd is dat die veld groter skade kan opdoen deur beweiding.
FOTO’S: AMELIA GENIS, TENSY ANDERS VERMELD Dit is belangrik om diere in die droogte te verminder omdat dit ’n tyd is dat die veld groter skade kan opdoen deur beweiding.
 ??  ?? Mnr. Louis Fourie
LINKS: Fourie, wat tussen Calvinia en Middelpos boer, was dankbaar vir sy vlak, klipperige grond, want die bosse kon elke bietjie reën benut omdat hul wortels na aan die oppervlak lê.
Mnr. Louis Fourie LINKS: Fourie, wat tussen Calvinia en Middelpos boer, was dankbaar vir sy vlak, klipperige grond, want die bosse kon elke bietjie reën benut omdat hul wortels na aan die oppervlak lê.
 ??  ?? Me. Juanita Bellingan
Me. Juanita Bellingan

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa