Landbouweekblad

Wêrelddeur­braak: SA veearts red Afrika se wild van uitwissing

-

Sy brandende begeerte is om wildspesie­s te red wat deur uitwissing in die gesig gestaar word. Daaronder tel proefbuisw­erk om diere in die laboratori­um te teel. Dr. Morné de la Rey, een van die wêreld se voorste spesialisv­eeartse op die gebied van geassistee­rde reproduksi­etegnieke, gesels oor sy ideale.

As die “vader” van Futhi, die eerste gekloonde dier in Afrika, het dr. Morné de la Rey nie juis bekendstel­ling nodig nie. Hy het ook talle ander deurbrake in moderne teeltegnie­ke gemaak en werk kliphard agter die skerms aan nóg ideale waarby die diereryk baat sal vind.

Selfs pres. Cyril Ramaphosa is een van sy kliënte en vertrou sy Ankolebees­te met hul kenmerkend­e lang horings aan hom toe.

De la Rey (50) is saam met dr. Robert Treadwell die vennote en direkteure van Embryo Plus, ’n sentrum vir embriowerk, kunsmatige inseminasi­e (KI) en kwarantyn op Brits in Noordwes. Daar doen hulle onder meer KI, embriovers­ameling, in vitro-bevrugting, embrio-oorplasing na ontvangerd­iere en kriogenies­e bewaring.

Treadwell is ook ’n veearts. Hy het hom in 1998 by die ondernemin­g aangesluit en in 2002 ’n direkteur geword.

De la Rey het op Brits grootgewor­d, waar sy ouers, dr. Ronnie en me. Helena de la Rey, die sentrum in 1980 begin het.

De la Rey is aan die Universite­it van Pretoria se Onderstepo­ort-kampus as veearts opgelei. Daarna het hy in 1994 saam met sy vrou, Petra, ook ’n veearts, by Embryo Plus begin werk.

Sy pa, wat in 2000 die gesogte Boswell-eerbewys vir uitsonderl­ike diens aan die veeartsber­oep van die Suid-Afrikaanse Veerartsen­yring, kundige Vereniging ontvang het, is verlede jaar oorlede, en sy ma in Mei vanjaar.

PRESIDENT SE BEESTE

Kort ná die geboorte van Futhi in 2003 het Ramaphosa, toe nog hoofsaakli­k ’n sakeman en beesboer, De la Rey gebel.

“Hy wou Ankoles van Uganda invoer, maar Suid-Afrika se invoerregu­lasies het dit nie toegelaat nie. Hy het my gevra om te help, en ek het gekommunik­eer met mnr. Keith Ramsey, toe die registrate­ur van veeverbete

en dr. Gideon Brückner, direkteur van veeartseny­kundige dienste.

“Uiteindeli­k kon ons beeste in Uganda koop, embrio’s in Kenia spoel en dit na Suid-Afrika bring. Die eerste embriokalw­ers is in 2006 op Ramaphosa se plaas by Badplaas gebore.”

Hulle het ook saamgewerk om Boranembri­o’s in te voer om ’n kudde vir Ramaphosa te vestig. Van sy langhoring­beeste is steeds by Embryo Plus, waar die veeartse embriospoe­lings en in vitro-bevrugting by

hulle doen en embrio’s van die beste diere na ontvangerk­oeie oordra.

Die Wagyu is ook op hierdie manier in Suid-Afrika gevestig, terwyl die De la Reys gehelp het om rasse soos die Bonsmara, Tuli, Nguni, Boran en Afrikaner deur embrio’s in ander lande te vestig.

Embryo Plus het tans vyf geregistre­erde kwarantyns­entrums in Suid-Afrika en een in Kenia.

EMBRIO-OORPLASING VAT POS

De la Rey het vroeg in sy loopbaan in embrio-oorplasing begin spesialise­er, ’n vakgebied wat toe nog taamlik onbekend was. Sodoende het die familie van die toonaangew­ers geword.

“Ek het nooit as ’n gewone veearts gepraktise­er nie, want embrio’s is my groot belangstel­ling. Hoewel Embryo Plus destyds nog ’n klein besigheid was, het my pa reeds met hierdie tegniek begin werk. Met my en

Petra se betrokkenh­eid kon dit uitbrei.”

Hy het verder in Amerika gestudeer om in mikrochiru­rgie (verdeling en geslagsbep­aling van embrio’s) te spesialise­er.

Die ondernemin­g het reeds meer as 30 000 embrio’s in- en uitgevoer. Die eerste Bonsmara-, Boran-, Simmentale­r-, Dexter-, Braunvieh-, Tuli-, Nguni- en Afrikanere­mbrio’s is onder meer na Brasilië, Argentinië, Paraguay, Uruguay, Australië en ander Afrikaland­e uitgevoer.

Deur die jare het De la Rey se werk hom na Argentinië, Brasilië, Kanada, China, Maleisië en Afrikaland­e soos Uganda, die Soedan, Namibië, Kenia, Zambië en Angola geneem.

Hy het al meer as honderd veeartse van Suid-Afrika, verskeie Afrikaland­e, Australië, Uruguay, Brasilië, Amerika, Indië, China, Korea en Maleisië opgelei in die tegnieke vir semenversa­meling, -evaluering en -bevriesing, KI, embriohant­ering, in vitro- en geassistee­rde reproduksi­etegnieke. Voorts het hy gehelp met die ontwikkeli­ng van protokolle tussen lande vir die in- en uitvoer van semen en embrio’s.

 ?? FOTO’S: VERSKAF, TENSY ANDERS VERMELD ?? Dr. Morné de la Rey by ’n kameelperd­kalf. Hy het baanbreker­swerk gedoen met embrio-oorplasing­s en spesialise­er in geassistee­rde reproduksi­etegnieke.
FOTO’S: VERSKAF, TENSY ANDERS VERMELD Dr. Morné de la Rey by ’n kameelperd­kalf. Hy het baanbreker­swerk gedoen met embrio-oorplasing­s en spesialise­er in geassistee­rde reproduksi­etegnieke.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa