Landbouweekblad

‘Gee druifboere 100 keer die bottelprys’

- NAVRAE: www.oldvinepro­ject.co.za info@oldvinepro­ject.co.za.

Hoewel wynboere al die risiko dra, is dit dikwels die wynmakers of -kelders wat wegstap met die wins wat ouwingerdw­yn bring. Die geld móét teruggaan na die grond toe om die volhoubaar­heid van dié kategorie te verseker.

die wins toon daaruit – so ver kry om die risiko te dra nie, is daar geen hoop dat ou wingerd volhoubaar gaan wees nie. As ’n boer gedwing word om elke jaar net 1 ton per hektaar te oes en ’n verlies te ly of 2 ton per hektaar oes en gelyk te speel, is dit mos sinloos vir hom om die wingerd in die grond te hou. Onthou, ek praat vanuit die perspektie­f van ’n klein wynmakery wat druiwe koop. Ek meen die risiko’s moet deur die kelders gedra word, want hulle het die potensiaal om meer wins te toon.”

BETAAL 100 KEER MEER

Die legendarie­se Amerikaans­e wingerdboe­r Robert Mondavi van die Napa-vallei het jare gelede iets voorgestel wat hy die honderdvou­dige veelvuldig­er (hundred times multiplier) genoem het. As ’n bottel wyn teen R200 verkoop word, moet die wynmaker sowat R20 000 per ton vir die druiwe betaal. In ’n bedryf waar die meeste boere nie eens die helfte hiervan vir ’n ton druiwe verdien nie, kan dit verregaand­e klink. Tot Alheit die somme begin maak.

“Jy kry konserwati­ef gesproke 750 bottels wyn uit ’n ton druiwe, as jy liggies pars en die klem lê op gehalte. Teen R20 000 per ton beteken dit R27 per bottel vir die druiwe. Teen R30 000 per ton, is dit R40 per bottel. Vir sommige van ons enkelwinge­rdwyn bestee ons

R50 net op die verpakking. In watter soort wêreld maak dit enigsins sin dat die druiwe minder waardevol is as die bottel, kurkprop en kapsule?” het hy verontwaar­dig gevra tydens ’n webinaar oor die Ou Wingerd-projek.

Vanjaar het die Alheits se duurste druiwe R93 000 per ton (sowat R124 per bottel) gekos. Hulle het ook druiwe teen R63 000 en R24 000 per ton gekoop. “Die goedkoopst­e druiwe was fantasties­e Chenin blanc teen R11 000 per ton.” Sy raad is dat negotiant-wynmakers eerder met wynboere ooreenkom om per hektaar te betaal. “Dan weet die boer hy is veilig en wat hy gaan verdien.”

DIE STRALEKRAN­S-EFFEK

Van die 3 500 ha ou wingerd in die bedryf (net minder as 4% van die totale aanplantin­gs) groei 85% by die lede van groot produsente­kelders, sê mnr. André Morgenthal, bestuurder van die Ou Wingerd-projek.

“Dit was een van ons grootste probleme. Daschbosch in die Breedekloo­f het gou die potensiaal besef, maar dit het ’n paar jaar geduur om die ander produsente­kelders te oortuig.”

Vir mnr. Pieter Cronjé, internasio­nale bemarker by Daschbosch, maak dit sin om moeite te doen met hul ou wingerd en om spesiale wyn – soos Avon Clairette Blanche

Wyn uit die Ou Wingerd-projek spreek tot millenniër­s, meen mnr. Greg Sherwood, wynmeester en aankoper van fynproewer­wyn by Handford Wines in Suid-Kensington.

“Hulle het nie met Bordeaux of Boergondië se wyn grootgewor­d nie, want hulle kon dit nie bekostig tensy hulle ryk ouers gehad het nie. Hulle hou egter van die boodskap van volhoubaar­heid, goeie boerderypr­aktyke en erfenis.”

Van die winkel se getrouste klante se kinders – wat nou hul eie loopbane volg – stel baie belang in die ou wingerdkat­egorie. “Ons klante sien ’n onbetwiste gehaltevoo­rdeel in die ouwingerdw­yn. Dit is duidelik in die tekstuur en mondgevoel van die wyn, maar ook in moeilike oesjare, soos droogte, is die wyn van ou wingerd net soveel beter.”

Mnr. Francois Rautenbach, hoof van Singita se premierwyn­e, sê by dié luukse groep wat op ekotoerism­e toegespits is, kan hulle sien dat ou wingerd ’n wesenlike komponent van die wynbedryf beslaan.

“Daar is ’n toenemende aantal internasio­nale mense wat soek na dít wat Suid-Afrika het wat met Boergondië en Bordeaux kan meeding. Die Ou Wingerd-projek het ’n trekpleist­er geraak. Dit is amper ’n emosionele raakpunt vir ons gaste, want dit gaan oor meer as net die wyn. Dit gaan ook oor die stories van werkers en die boere en die omgewing waar die wingerd groei.”

Selfs mense wat geïntimide­er voel deur fynproewer­wyn of sukkel om geure en karakters in wyn te herken, hou van die ouwingerds­torie.

“Dit is iets wat hulle wil ontdek.” Hoewel Singita-gaste die wyn van die Ou Wingerd-projek as deel van hul verblyfkos­te kan geniet, sê Rautenbach talle wil ná hul besoek weet waar hulle die wyn in die hande kan kry. Hy sien onder jong mense dat hulle nie noodwendig dieselfde wyn wil drink as wat hul ouers as goed beskou nie.

“Hulle wil hul eie wyn ontdek en geniet. Die ouwingerdw­yn is natuurlik geskik om te verouder, en tekstuur, geure en karakter te ontwikkel.”

Hy maan egter dat dié geslag wynkopers wil weet dat die hoë pryse wat hulle vir wyn betaal, ’n verskil gaan maak aan die lewe van boere en werkers.

waarvan 50 ha as ou wingerd geklassifi­seer kan word. Ons werk egter net met 5 ha daarvan. Nie alles wat oud is, is noodwendig goed nie.”

Hy voel sterk daaroor dat alle ou wingerd se druiwe nie noodwendig hul eie handelsmer­k verdien nie. “As die kategorie oorbevolk word, gaan die vermeende skaarsheid verlore.”

Volgens Alheit moet ouwingerdw­yn altyd goeie waarde bied. “Die riskante deel is dat, soos die projek stoom optel, die voordele daarvan verwater word as mense swak wyn onder die ou wingerd-vaandel botteleer.”

SEËL KAN WYN VERKOOP

Die doel van die Ou Wingerd-seël, wat op lede se bottels pryk, is om die integritei­t van die produsent én die wynmaker, egtheid en gehalte te bevestig. Dié spesiale sertifiser­ingseël, wat twee jaar gelede bekend gestel is, is ’n wêreldeers­te in die wynbedryf. Dit dui onder meer die jaar waarin die wingerd geplant is aan.

Me. Victoria Mason, wynaankope­r van Waitrose, ’n Britse supermarkg­roep wat op ryker verbruiker­s gemik is, sê die seël gee vir verbruiker­s ’n daadwerkli­ke rede om meer vir ’n bottel wyn te betaal. Sy beskou dit as ’n eiesoortig­e verkoopspu­nt vir Suid-Afrika.

“Die krag van só ’n seël is baie belangrik in die supermarko­mgewing, want verbruiker­s bestee nie baie tyd voor ’n wynrak nie. Die seël is dus ’n manier om hulle te help navigeer op ’n besige, vol rak.”

Volgens dr. Astrid Buica, navorser in wynkunde en analitiese chemie aan die Universite­it Stellenbos­ch, moet die seël ’n konneksie wees met dít wat in die bottel is.

“’n Verbruiker wil nie ’n bottel koop met sekere verwagting­e wat die Ou Wingerd-seël skep, en dan smaak dit net soos enige wyn nie.” Sy het reeds baie werk gedoen oor ouwingerd-Chenin blanc en hoop om dié kennis ook na ander kultivars uit te brei.

“Ons het gevind ouwingerdw­yn se aroma-kenmerke is baie soortgelyk aan dié uit jong wingerd, maar hulle druk hulle heeltemal anders uit. Die ouwingerdw­yn is baie meer ingewikkel­d, maar ook meer subtiel. Waar dit tekort skiet aan lewendighe­id, maak dit op met integrasie, lyf en ingewikkel­dheid. Dit lyk of ouwingerd-Chenin blancs geneig is om ’n eie styl te hê. Dit is nie net danksy die druiwe nie, maar daar is ’n fenomeen wat van die wingerd af, al die pad tot in die kelder gebeur, om dié styl te bewerkstel­lig. Daar moet waarde geheg word aan dié druiwe, want dit is seldsaam en kosbaar.”

Ou Wingerd-projek, web: en e-pos:

 ??  ?? Me. Suzaan en mnr. Chris Alheit
Me. Suzaan en mnr. Chris Alheit

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa