Landbouweekblad

‘Dis ’n plesier om te boer’ danksy milde winterreën

- — AMELIA GENIS

LANDBOUTOE­STANDE in die Wes-Kaap het aansienlik verbeter ná goeie reën sedert einde Mei.

“Die koring het goed opgekom. Alles lyk baie mooi: die koring, die medics en die lammers. Dis ’n plesier om te boer. Ná die afgelope droë jare kan ’n mens weer besluite neem,” sê mnr. Francois Eksteen van die plaas Witvlei by Piketberg. Hy het sedert einde Mei 90 mm reën op Witvlei gekry en 70 mm op sy grond in die Rooi-Karoo.

Hy sê boere se gemoed is baie beter, maar hulle is bekommerd oor plaasveili­gheid.

SOOS BESTEL

Mnr. Dirk van Papendorp van Tweekop-boerdery by Heidelberg sê die hele gebied lyk goed ná die reën.

“Die wêreld is groen. Ons kry ons reëntjies soos ons dit bestel. Die wind was nie in ons guns nie, maar ons is nog altyd tevrede met die hoeveelhei­d reën wat ons gekry het.

“Die toestande is 200% beter as verlede jaar hierdie tyd.”

Die boere het verlede Julie ’n baie goeie oes op die land gehad, maar toe reën dit nie in Augustus nie en September was baie warm.

Volgens Van Papendorp is dit die eerste keer dat die graan wat laat geplant is, op dieselfde vlak as vroeë graan is. Die potensiaal is in albei gevalle goed indien hulle tot in September reën kry.

Die kanola wat vroeg geplant is, blom. Weidings het ook mooi herstel.

GOEIE POTENSIAAL

Mnr. LG van As van Van As-boerdery by Swellendam sê daar staan goeie potensiaal op die lande as hulle steeds reën kry soos van einde Mei af. In Mei is 25 mm reën aangeteken en in Junie 35 mm.

Hulle het op tyd geplant, maar die graan het laat opgekom. Hoewel dit te koud is vir die weidings om te groei, is weitoestan­de volgens Van As al heelwat beter. 19 JUNIE 2020 1 JULIE 2020

Dié satellietf­oto’s van Nasa se Worldview-satellietf­oto-portaal wys duidelik hoe droog die Wes-Kaap se graanprodu­serende gebiede aan die Weskus, in die Suid-Kaap en die Overberg nog op 31 Mei was, en die effek wat die winterreën in Junie gehad het.

 ?? BRON: NASA ??
BRON: NASA

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa