Landbouweekblad

Durban-personeel sit hand by in stadige Kaapse hawe

-

EKSTRA personeel uit Durban is ontplooi om te help met die voortslepe­nde krisis in die Kaapstadha­we.

Dit volg ná verskeie internasio­nale verskeping­slyne hulself tydelik en gedeelteli­k aan die Kaapstadha­we onttrek het weens erge probleme met opeenhopin­g en dae lange vertraging­s.

Dit is die afgelope ruk vererger deur ongunstige weerstoest­ande. Die vrugte- en wynbedryf is twee uitvoerbed­rywe wat hieronder ly.

Van die haweperson­eel het in Mei positief getoets vir Covid-19. Dit is onseker hoe wyd die virus onder werknemers versprei het.

Luidens Wines of South Afrika (Wosa) se inligtings­bulletin het me. Michelle Philips, waarnemend­e uitvoerend­e hoof van Transnet se hawe-terminale (TPT), gesê die maatskappy doen sy bes om oplossings te vind. Dit volg op navrae deur Agri SA.

SPANNE VERSTERK

Die personeel uit Durban sal die werkerskor­ps in die hawe van vier tot ses spanne vergroot. Business Day berig dit kom neer op 20 werknemers.

“Saam met ’n program wat ons tans toepas om doeltreffe­ndheid in die hawe te verbeter, kan ons hopelik die agterstand verklein,” het Philips gesê.

Sy het die hoop uitgespree­k dat meer werknemers oor die volgende paar dae kan terugkeer werk toe. “Ons is hard getref deur Covid-19 en hoop die ergste van die krisis is nou verby.”

Nadat Philips drie dae in Kaapstad deurgebrin­g het in ’n poging om die probleme op te los, moes sy ook in selfisolas­ie gaan.

“Ons probeer op enige moontlike manier help om die vertraging­s te verminder.”

’n Koue front, gepaardgaa­nde met sterk wind, het sake in die hawe die laaste naweek van Junie

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa