Landbouweekblad

Voedselsek­tor lok steeds beleggers

- — CARIEN KRUGER

VERGELEKE met hoe die vooruitsig­te vir die breë ekonomie lyk, lyk die vooruitsig­te vir die landbou briljant.

In afwagting van ’n vorm van normalitei­t ná Covid-19, selfs al sal dit nie noodwendig die ou vorm van normalitei­t wees nie, is daar landbou-ondernemin­gs wat nou in uitbreidin­g en verbeterin­gs belê, sê mnr. Abrie Rautenbach, hoof van Absa Agribesigh­eid.

“Absa se deur is oop vir sake met die landbou,” het hy gesê in ’n webinaar oor vooruitsig­te en geleenthed­e in die sektor wat deur Nascence Advisory aangebied en deur Absa geborg is.

Die bank help in dié tyd sy kliënte in die landbousek­tore wat swaar deur die Covid-19-inperking getref is en hul bedrywighe­de tydelik moes beëindig.

Die bank finansier egter ook steeds uitbreidin­gs- en transforma­sieprojekt­e en het kliënte wat in beter doeltreffe­ndheid of hernubare energie wil belê.

Sekere landbousek­tore beleef hoogtepunt­e, soos vrugte-uitvoer wat reeds meer is as die ooreenstem­mende tyd verlede jaar, en die groot mielie-oes wat verwag word.

“Gegewe die makro-ekonomiese faktore maak dit sin om te belê in produktiew­e bates, mits dit deel vorm van ’n strategies­e plan vir die ondernemin­g,” het Rautenbach gesê.

Makro-ekonomiese faktore wat in die landbou se guns tel, is die swak wisselkoer­s (wat hom teen invoer beskerm), die rentekoers wat betreklik laag is, en die ruolieprys wat die laagste in dekades is.

GEVESTIGDE BELANG

Sprekers wat aan die webinaar deelgeneem het, het veral oor opkomende boere se probleme rakende mark- en finansieri­ngstoegang gepraat.

Rautenbach het gesê om ’n mark te hê, is die beginpunt. ’n Bank kyk of ’n kliënt ’n lening kan terugbetaa­l, en dit hou verband met wat in die betrokke bedryf gebeur en wat sy vooruitsig­te is.

Verder kyk ’n bank na die vermoë en vaardighed­e van die persoon wat die lening aanvra, of die persoon ervaring in die spesifieke landbou-aktiwiteit het en of daar ’n plan is vir die verwerwing van die nodige vaardighed­e of om ’n landboukun­dige te betrek wat dié rol vir die ondernemin­g kan vervul.

Rautenbach het gesê ’n bank kan ’n individu finansier, maar ook ’n portefeulj­e. Dit kan vir opkomende boere beter wees om deel te wees van so ’n portefeulj­e in ’n goed gedefiniee­rde en volwasse waardekett­ing, waar daar sleutelbel­anghebbend­es is wat ’n gevestigde belang in die oes het.

Kenners soos landboukun­diges kan deel vorm van die waardekett­ing om aandag te gee aan kapasiteit.

KETTING VAN FINANSIERS

Rautenbach het gesê ’n mens moet in ag neem dat daar ook ’n waardekett­ing van finansiers is, wat nie net uit kommersiël­e banke bestaan nie. Die rol wat die Land Bank en ontwikkeli­ngsagentsk­appe speel, is uiters belangrik, so ook regeringst­oekennings.

Banke is in gesprek met die departemen­t van landbou, grondhervo­rming en landelike ontwikkeli­ng oor gemengde finansieri­ng, want, het Rautenbach gesê, dit gaan nie net daaroor dat ’n boer vir finansieri­ng in aanmerking moet kan kom nie, maar ook oor die koste van die finansieri­ng.

Me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervo­rming en landelike ontwikkeli­ng, wat ook aan die bespreking deelgeneem het, het in die lig van die Land Bank se probleme na staatshulp verwys en gesê dat gemengde finansieri­ng en die herinstell­ing van ’n landboukre­dietraad ondersoek moet word.

Verder moet na ’n stelsel gekyk word wat boere in rampe kan ondersteun. In dié opsig kan die regering en finansiële instelling­s saam na die kwessie van bekostigba­re versekerin­g kyk, het sy gesê.

 ?? FOTO: JASPER RAATS ?? Ondanks die tam breër ekonomie, is daar talle landbou-ondernemin­gs wat in uitbreidin­gs- en transforma­sieprojekt­e belê.
FOTO: JASPER RAATS Ondanks die tam breër ekonomie, is daar talle landbou-ondernemin­gs wat in uitbreidin­gs- en transforma­sieprojekt­e belê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa