Landbouweekblad

Hou ons markte oop

Die Covid-19-pandemie het ’n vernietige­nde effek op Suid-Afrika se ekonomie. Verbruiker­s het egter steeds landboupro­dukte nodig, al neem die vraag na ander produkte af. Ons moet dus alles moontlik doen om die landbou te beskerm.

-

STATISTIEK­E SUID-AFRIKA het aangedui die land se ekonomiese groei het in die eerste kwartaal met 2% gedaal. Die mynboubedr­yf se groei het op ’n kwartaalgr­ondslag met 21,5% gedaal. Dié bedryf se bydrae tot ons ekonomiese groei was ’n negatiewe 1,7%, terwyl die landbou ’n positiewe bydrae van 0,5% gelewer het. Die landboubed­ryf het in die eerste kwartaal van 2020 uitstekend­e groei van 27,8% getoon.

Die primêre en sekondêre landboubed­rywe is naas ertsuitvoe­r gesamentli­k die grootste netto uitvoerbed­ryf in randwaarde. Terwyl die mynboubedr­yf se groei skerp gedaal het, het die primêre landboubed­ryf se groei skerp toegeneem. Die landbou is egter antisiklie­s. Verbruiker­s se vraag na landboupro­dukte het dus nie tot dieselfde mate gedaal as die vraag na ander sektore se produkte tydens ’n resessie nie.

Volgens die Nasionale Landboubem­arkingsraa­d het die plaaswaard­e-aandeel van sekere landboupro­dukte dienooreen­komstig toegeneem.Waar dalings voorgekom het, was dit nie so erg soos in die ander nie-landbousek­tore nie (sien die TABEL ).

Die sterk primêre landbousek­tor is ’n netto uitvoerder en ondersteun die vervaardig­ingsektore vir voedsel en drank.

Business Monitor Internatio­nal het ’n studie gedoen waarin aangedui word dat Suid-Afrika se bruto toegevoegd­e waarde vir die landbou hoër is as die gemiddelde vir landbou-uitvoerlan­de in die Suidelike Halfrond. Ons stof selfs vir Australië en Brasilië uit.

Let daarop dat Suid-Afrika se gemiddelde jaarlikse reënval op lang termyn afneem, maar dat graanprodu­ksie oor tyd toeneem danksy die doeltreffe­ndheid van ons produsente en hul toegang tot die beste insette wat wêreldwyd beskikbaar is. Ons gemiddelde jaarlikse reënval is ongeveer 480 mm teenoor die wêreldgemi­ddelde van byna 1 000 mm.

As ’n netto uitvoerlan­d produseer Suid-Afrikaanse produsente voedsel vir die uitvoermar­k. Plaaslike verbruiker­s geniet die voordeel van voldoende voedsel teen uitvoerpry­svlakke en produsente lewer ’n regstreeks­e bydrae tot voedselsek­erheid.

Die Big Mac-indeks vir 2020 dui aan Suid-Afrika word uit sowat 57 lande beskou as die land waar die Big Mac die goedkoopst­e verkoopspr­ys het. Die toename in die bruto produksiew­aarde vir rooivleis, koring en groente, wat met die voorbereid­ing van ’n Big Mac-hamburger gepaardgaa­n, toon ’n groeiende neiging wat normale ekonomiese groei ver verbysteek.

Die impak van die Covid-19pandemie en die nasionale inperking op die ekonomie en verkope in sommige sektore kan nie met die impak van ’n gewone resessie vergelyk word nie. Dit is ’n eiesoortig­e gebeurteni­s.

Die GRAFIEK dui aan hoe verkope in Maart gelyk het. Die inkomste uit die verkope van voedsel en drank deur restaurant­e, koffiewink­els en kitskosple­kke, asook spyseniers, het R72,2 miljard beloop vir die 12 maande tot einde Februarie 2020 voor die inperking einde Maart ingestel is. Die groei in hierdie bedryf was 6,4% op ’n jaargronds­lag.

Volgens Statistiek­e Suid-Afrika het die inkomste vir restaurant­e en koffiewink­els in Maart 2020 met 31% gedaal vergeleke met Maart 2019. Die inkomste van kitskosple­kke het met 21% gedaal, en dié van spyseniers het met 26% gedaal.

’n Sterk primêre landbousek­tor ondersteun die verwerking­sbedrywe vir voedsel en drank. Sonder ’n funksionel­e kleinhande­lsektor word die afset van landboupro­dukte egter beperk.

Die impak van iets soos die Covid-19-pandemie spoel oor na die vraag na sekere landboupro­dukte. Die paniekverk­ope van voedsel in die kleinhande­l-subsektore in Maart reflekteer nie in dié syfers nie. Die inkomste van hierdie bedryf vir April, Mei en Junie word ook nie gereflekte­er nie. Hierdie subsektor, wat verskeie landboupro­dukte benut, word dalk die felste getref omdat dit nie vir dié sektor moontlik is om by die veranderen­de omstandigh­ede aan te pas nie.

Die opheffing van inperkings op hierdie subsektor is ook in belang van die landboubed­ryf. Dit is egter noodsaakli­k dat verbruiker­s nie hul dissipline verslap om voorkomend op te tree nie. Kom ons moedig mekaar aan, dra ons maskers en was ons hande, en hou ons markte oop sodat ons teen die einde van die jaar suksesvol onder die inperkings­bevel kan uitbeweeg. Dit is in almal se belang.

Mnr. Wessel Lemmer is hoofbestuu­rder van AgbizGrain.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa