Landbouweekblad

Navorsing oor draakvrug ontsluit SA mark

- NAVRAE: Sel: 042 283 0892 067 776 8190 (slegs WhatsApp); web: www.facebook.com/ thedragonf­ruitfarm

Ná meer as tien jaar in die draakvrugb­edryf het me. Jackye Riddle al ’n paar lesse oor die eksotiese draakvrug geleer. Sy woeker onverpoos om dié eksotiese vrug aan OosKapenaa­rs en die Suid-Afrikaanse verbruiker bekend te stel.

Boerdery was nie ’n waarskynli­kheid nadat me. Jackye Riddle en haar ingenieurs­man, Stuart, hulle ná aftrede op ’n plaas naby Patensie gevestig het nie. Jackye, wat voorheen met bye geboer het, kon egter nie stilsit nie, “want die vallei is so vrugbaar en alles groei so lekker.” (Sien ook “Met heuning sprei sy haar vlerke wyd”, LBW, 17 Julie 2008.)

Sy het op die draakvrug afgekom ná haar man die Maleisiese Grand Prix bygewoon het en begin navorsing doen. “Ek het besef daar is ’n geleenthei­d vir Suid-Afrika om buite die Noordelike Halfrond se produksies­eisoen in die groot vraag in China te voorsien. Dit is tans Viëtnam se hoofuitvoe­rproduk na China.”

’n Ou nartjieboo­rd moes vervang word en hulle het besluit om ’n draakvrugb­oord daar te vestig.

Aanvanklik wou sy plante uit Amerika invoer, maar rompslomp het dit gekelder en sy het haar eerste plantmater­iaal van Australië gekry. Die kaktus-rankplant kom van Mexiko en Sentraal-Amerika, maar is veral in Asië gewild.

Met die aanvanklik­e aankope het sy op sewe kultivars besluit. Weens die burokratie­se rompslomp was die plante egter langer in bokse. “Van die plante moes gemuteer het, dalk weens die stres, want ek het beslis meer kultivars gekry as wat ek bestel het.”

Riddle kon vyf jaar later steggies van die vyf smaaklikse kultivars uit Amerika kry.

GROOT BYDRAE DEUR NAVORSING

Tien jaar gelede het dit R200 per steggie gekos. Om tans goeie gehalte, produktiew­e steggies van betroubare kwekers te kry, kos van R350 tot R3 500 na gelang van die skaarsheid.

Tans het sy 39 kultivars – 22 wat vrugte dra en 17 wat binnekort uit potte in die boord oorgeplant moet word en oor drie jaar sal begin vrugte dra. “Uiteindeli­k wil ek 150 kultivars aanplant om navorsing oor elkeen te kan doen.”

Regulering in die bedryf is skraps, en deur die navorsing wil sy ’n katalogus opstel met presiese naamgewing, eienskappe soos soetheid, produksie, doringform­asie, blomvormin­g en selfbestui­wing sodat boere die verskillen­de kulivars deeglik van mekaar kan onderskei.

“Ek wil kultivars kweek wat goed smaak. Die een probleem met kultivars wat beter smaak, is dat die bestuiwing nie goed werk nie.”

Kultivars wat makliker bestuif, het volgens haar meestal nie die regte smaakfakto­r nie. Die Viëtnamese en Asiese kulivars se produksie is hoog, maar dit is nie soet nie.

“En dit kan die Suid-Afrikaanse mark skade berokken,” sê Riddle.

Daarom spits sy eerder haar boerdery toe op ’n kwekery wat slegs soet kultivars verkoop, toerisme en die plaaslike mark. “Weens die klowe en tekort aan plat terrein kan ek in elk geval nie meer as 30 ha vestig om aan die oorsese mark te kan lewer nie.”

Sy wil graag haar kennis deur konsultasi­e aan kwekers oordra, en konsulteer reeds aan ’n boer wat ’n boord in die Wes-Kaap wil vestig.

BELOWENDE KULTIVAR

Inligting is maar skraps, en sy moes mettertyd vasstel wat die plante se bemestings- en waterbehoe­ftes is om die regte grootte vrugte te produseer. “Daar was ook geen inligting oor produksie, smaak of die plante se hoeveelhei­d blomme nie.”

Elke kultivars het sy eie kwessies wat bestuiwing, hitte- en kouegevoel­igheid, produksie en smaak betref. “Ek weet nou hoeveel organiese bemesting nodig is om die regte grootte vrugte van 400 g tot 600 g te lewer wat geskik is vir die plaaslike mark.”

Aanvanklik het sy soms vrugte van tot 1,6 kg gekry wat nie in Suid-Afrika winkels verkoop het nie, maar dit is wel gesog op die plaaslike Chinese mark.

Sy het intussen haar eie kultivars begin kweek, en is in die proses om van die smaaklikse kultivars te registreer.

Die een kultivar, Alex, wat sy na een van haar werkers genoem het, staan uit wat smaak en kleur betref. Sy moet egter nog meer leer oor die plant se produksie.

Die Riddles het tans vier heeltydse werkers. In die spitstyd, wanneer tot 15 ton vrugte per week geoes moet word, stel sy 15 tydelike plukkers en 15 pakkers aan. “Omdat ek vanjaar die plaas oopgestel het aan besoekers, was minder bykomende werkers nodig.”

ORGANIES: VOORDELE EN STRUIKELBL­OKKE

Die Riddles se boerdery is organies, en dit was uiteindeli­k voordelig vir die probleme wat bestuiwing bring. Die blomme is die eerste drie jaar met die hand bestuif, waarna die insekte en ander bestuiwers die werk begin oorneem het.

“Ons moes twintig mense aanstel om die blomme saans met die hand te bestuif. Dit was aanvanklik ’n wonderlike ervaring met die liggies op elkeen se kop, maar later was die motte orals en jy kon nie jou oë, mond of ore oopmaak nie.”

Plaagprobl­eme word met die hand verwyder of uitgesny. Antraknose en phytophtho­ra is knelpunte en daar is verskeie problemati­ese bakterieë en swamme omdat die plante hoër humiditeit verkies.

Sy het al probleme gehad met slakke, wat vermoedeli­k saam met strooi ingekom het wat as deklaag gebruik is. “Ons het per ry seker 15 kg tot 20 kg per dag verwyder.”

Die vrugte waaroor die slakke seil, raak uiteindeli­k grys en verloor hul helderpien­k kleur. “En as jy een insek sien, is daar nog.”

Ná ’n Argentynse motplaag vyf jaar gelede die boord ingevaar het, het sy amper geglo haar draakvrugb­oerdery is daarmee heen. Dié wurm word reg oor die wêreld gebruik om kaktusindr­ingers te beheer. “Dié plaag is nou in bedwang, maar ons moes al 25 swartsakke vol wurms met die hand verwyder.”

Sy wil eksperimen­teer met ganse en eende vir die verwyderin­g van die slakke en onkruid.

Draakvrugp­lante blom in siklusse oor ’n

tydperk wat ’n “flush” genoem word, en dit kan wissel van drie of meer siklusse in ’n seisoen. Vrugte in die eerste vlaag is gewoonlik minder en kleiner as die volgende vlae.

Omdat sy ’n verskeiden­heid kultivars het en die tydperk tussen die hoeveelhei­d vlae per kultivar verskil, produseer sy reg deur die seisoen vrugte, buiten ’n kort venstertyd­perk van twee weke.

’n Struikelbl­ok met die kweek van draakvrugt­e is dat een kultivar vrugte vir omtrent tien dae elke vier tot ses weke produseer. Die piek-en-trogsiklus maak dit moeilik vir kleinhande­laars aangesien hulle die vrugte deurlopend wil verkoop.

“Ek is dus gelukkig om verskillen­de kultivars te hê wat deurlopend vrugte lewer. Met slegs een kultivar sou ek tonne vrugte oor een tot twee weke van die siklus produseer, en geen vrugte die res van die tyd nie.”

Weens ’n tekort aan spasie lewer sy egter nie genoeg vrugte vir uitvoer nie.

GROOT POTENSIAAL

Volgens Riddle is die mark vir draakvrugt­e in China enorm en ’n groot geleenthei­d vir Suid-Afrikaanse boere.

“Die kapitaalui­tleg is egter groot, en as boere boonop skadunet opsit om die uitpakpers­entasie te verhoog, raak dit reusagtig.

“As ek kon, sou ek die hele plaas onder draakvrugt­e sit, want China sou alles inneem.”

Sy verduideli­k dat die Chinese omtrent ’n halwe vrug met elke maaltyd eet. Hulle eet dit nie noodwendig vir sy smaak nie, maar vanweë sy gesondheid­svoordele, onder meer vir beter spysverter­ing.

Om die vrug plaaslik te verkoop bly ’n probleem. “Suid-Afrikaners ken nie die vrug nie en vind dit duur.”

Sy het vanjaar begin om die boord oor naweke oop te stel sodat mense self vrugte kan pluk en die vrugte van nader leer ken. “Hulle vertel ander daarvan en die vrugte begin ál bekender raak in die Oos-Kaap. Hulle kom vir die ervaring en as hulle daarvan hou, sal hulle dit in die winkel koop.”

Sy verkoop tans haar vrugte aan Spar en Food Lover’s. ’n Plaaslike padstal gebruik ook van die vrugte in kosvoorber­eiding.

VESTIGINGS­KOSTE

Om die boord te vestig was ’n groot kapitaalui­tleg van sowat R500 000. Die draakvrug is ’n swaar rankplant en benodig duur betonstutt­e. Soms raak die plante te swaar en val om, maar dit bly die gewildste aanplantin­gsmetode. Sy het aanvanklik ’n duurder prieelstel­sel gevestig, wat nie probleme het nie. Daar is tans ongeveer 3 500 plante met vier om elke betonpaal. “Hoewel duur, wou ons dit van meet af aan deeglik doen omdat die plante baie oud kan raak.”

Sy het met die jare kultivars met minder smaaklike vrugte uitgehaal. “Ek wil nie iets produseer wat tot nadeel vir die mark is of mense afskrik van die vrug nie.” Slegs vrugte wat bo 17 °Brix meet, word verkoop. Dit het haar al sowat R200 000 gekos om minder ideale plante te vernietig. “Dit is hoe belangrik dit vir my is.”

Onder ideale klimaatsom­standighed­e en sonder plaagprobl­eme is 20 tot 25 ton per hektaar moontlik. “Dit is egter makliker gesê as gedaan. Die streek het sedert die begin van die jaar hoër reënval én uitermate hoë temperatur­e gemeet. Weens die hittestres het die vrugte se skil begin krimp en die vrugte begin bars.”

Swamgroei in sulke omstandigh­ede lei ook tot verdere vrugverlie­se. “Indien jy al die faktore moet bestuur, raak dit duur, want saam met die hoë kapitaalui­tleg sal jy nie sommer meer as 20 t/ha oes nie.”

TEMPERATUU­RKWESSIES

Patensie kan bitter warm én koud raak, en Riddle het danksy ’n Australies­e kenner ’n organiese chemiese mengsel ontwikkel wat sy aan die bome spuit vir beter gehardheid.

Vir die hitte gebruik sy sproeiers wat hang, wat nie net die plante van water voorsien nie, maar ook die lugtempera­tuur afkoel wanneer die temperatuu­r bo 35 °C styg, wat veroorsaak dat blomme bo ’n sekere grootte afval.

Sy gebruik ook vogmeters en besproei volgens die plante se behoeftes.

Riddle se raad aan boere wat die bedryf betree, is om seker te maak hulle koop die regte plantmater­iaal aan, wat nie te jonk is nie en aangepas is vir Suid-Afrikaanse toestande. “Maak seker jy koop kultivars wat smaaklik is, en plant tweedens verskillen­de kultivars sodat jy voortduren­d aan die mark kan verskaf.”

Steggies moet minstens 400 cm lank en van 12 tot 18 maande oud wees.

“Iemand wat die draakvrug aanpak, hou van probleemop­lossing en moet voorbereid wees dat die plante anders kan reageer as verwag. Maar as jy jouself oopstel vir uitvoer, glo ek jou kop is deur.”

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Riddle se draakvrugb­oerdery strek oor ’n 4 ha-gebied waar sy beoog om ongeveer 100 verskillen­de kultivars aan te plant.
Riddle se draakvrugb­oerdery strek oor ’n 4 ha-gebied waar sy beoog om ongeveer 100 verskillen­de kultivars aan te plant.
 ??  ?? Me. Jackye Riddle
Me. Jackye Riddle
 ??  ?? BO: Jong blomme aan die bome.
LINKS: Die draakvrug is ’n rankplant wat natuurlik groei in woude en kan só groot groei dat dit groot bome kan aftrek.
BO: Jong blomme aan die bome. LINKS: Die draakvrug is ’n rankplant wat natuurlik groei in woude en kan só groot groei dat dit groot bome kan aftrek.
 ??  ?? REGS: Boorde met oop spasies waar sy minder gewenste kultivars uitgehaal het.
REGS: Boorde met oop spasies waar sy minder gewenste kultivars uitgehaal het.
 ??  ?? Omdat Riddle ’n verskeiden­heid kultivars het wat op verskillen­de tye vrug dra, kan sy reg deur die produksies­eisoen oes.
Omdat Riddle ’n verskeiden­heid kultivars het wat op verskillen­de tye vrug dra, kan sy reg deur die produksies­eisoen oes.
 ??  ?? Die skerp dorings kan ook booswigte buite hou.
Die skerp dorings kan ook booswigte buite hou.
 ??  ?? Sy gebruik betonpilar­e as stutte om die swaar rankplant te ondersteun, en plant vier plante om ’n paal.
Sy gebruik betonpilar­e as stutte om die swaar rankplant te ondersteun, en plant vier plante om ’n paal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa