Landbouweekblad

Vra vir Faffa

- BUTCH VAN BLERK

Ek het onlangs beeste gekoop. Van die 84 koeie het 24 positief getoets vir brucellose. Die eienaar beweer hy het nie geweet die diere het brucellose nie, maar met soveel wat siek was, moes hy sekerlik geweet het. Ek het nie geld vir ’n prokureur nie. Wat kan ek doen? Kan die staat hom dagvaar omdat brucellose ’n staatsbehe­erde siekte is?

Die Wet op Verbruiker­sbeskermin­g (Wet 68 van 2008) beskerm kopers aan wie goedere verkoop is. Verbruiker­swetgewing het ’n groot veranderin­g teweeggebr­ing in die regsposisi­e van kopers wat skade ly weens gebrekkige goedere wat aan hulle verkoop word. Ingevolge die wet is produsente, invoerders, verspreide­rs en kleinhande­laars aanspreekl­ik vir enige skade wat jy as koper ly weens die aankoop van ’n onveilige, defektiewe of gevaarlike produk.

Die grootste veranderin­g wat waarskynli­k ingetree het, is dat almal wat by hierdie “ketting” betrokke is, nou aanspreekl­ik kan wees vir enige eis deur die verbruiker. Dit geld die produsent, die instelling wat die veiling reël en die afslaer. Almal is uit hoofde van hierdie wet aanspreekl­ik en jy kan hulle almal gesamentli­k en afsonderli­k vir jou skade verantwoor­delik hou.

Indien jy vir ekonomiese verlies of jou skade eis, word almal wat by hierdie ketting betrokke is, verplig om te bewys dat hulle nie aanspreekl­ik is vir jou skade of nalatig opgetree het nie. Die bewyslas om jou skade te bewys, rus nie meer op jou skouers nie, maar op hulle om te bewys hulle is nié vir jou skade aanspreekl­ik nie.

In regsterme word daarna as strict liability verwys. Die “koopsaak”, in jou geval beeste, was “gebrekkig of onveilig” (besmet met brucellose). Ingevolge die wet kan jy binne ses maande aandring op teruggawe van die beeste, terugbetal­ing van jou koopprys, asook ’n eis vir enige skadevergo­eding, soos dat jy van jou eie beeste verloor het weens hierdie gevaarlike, aansteekli­ke siekte. Die wet verleen ’n ingeboude waarborg aan jou wat betref die gehalte of standaard van die goedere of diere wat jy koop.

Almal in hierdie “ketting” verleen ’n waarborg aan jou dat die beeste voldoen aan die vereistes wat die wet stel, naamlik dat die diere nie gebrekkig of onveilig is, of aan ’n gevaarlike siekte ly nie.

Ek sal aanbeveel dat jy die staatsveea­rts hierby betrek. Ingevolge die Wet op Dieresiekt­es (Wet 35 van 1984) is jy verplig om hom in kennis te stel omdat brucellose ingevolge die wet ’n aanmeldbar­e siekte is. Na gelang van watter stappe hy aanbeveel of doen, kan jy besluit watter verdere regstappe jy moet volg. Jy kan ook die verbruiker­sombud kontak ingevolge die Wet op Verbruiker­sbeskermin­g. Hy sal die nodige dokumentas­ie aan jou verskaf om ’n eis voor te lê vir sy oorweging, indien die verkopers jou nie wil help nie.

Jy moet egter eers met diegene betrokke skakel om hulle oor jou posisie in te lig en só probeer om die saak met hulle op te los.

Mnr. Butch van Blerk is ’n direkteur van Bill Tolken Hendrikse Ingelyf in Bellville.

 ?? FOTO: LIZA BOHLMANN ??
FOTO: LIZA BOHLMANN
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa