Landbouweekblad

Só sê ’n brandewyns­toker

-

Suid-Afrika maak van die beste brandewyn ter wêreld, vertel Mariëtte StofbergCo­etzee, ’n wynmaker van Rawsonvill­e wat in 2015 haar eerste brandewyn gestook het.

Vertel meer oor die brandewyn wat jy gemaak het?

Ek stel oor drie jaar my eerste potketelbr­andewyn bekend, wat al in 2015 gestook is. Potketelbr­andewyn moet vir ’n minimum tydperk van 100 maande verouder, daarom wag ons langer as agt jaar vir die eindproduk. Van 2023 sal ons elke jaar ’n nuwe oesjaar bekend stel.

Druiwe vir brandewyn word vroeër gepars, wanneer die suur nog hoog is. Dit help om die stilwyn wat jy maak, te bewaar, want jy kan glad nie swael gebruik nie. Mense dink rabatwyn is sommer goedkoop wyn, maar om goeie brandewyn te maak, moet jy baie aandag aan jou wyn gee en met gesonde druiwe werk.

Hoe werk die res van die proses?

Eers word ’n rubrandewy­n uit die wyn gemaak. Dit het ’n alkoholinh­oud van

2930%. Ná die tweede verstoking kry die wynmaker ’n voorloop, hart en naloop. Die voorloop, met ’n alkoholinh­oud van 8690%, word weggegooi. Die hart het mooi vrugtegeur­e en die naloop het meer aardse geure, soos grond of sampioene. Wanneer alles klaar is, gaan die brandewyn vate toe, en dan vergeet jy daarvan! Net voor bottelerin­g word die brandewyn met suiwer water verdun tot die wetlike alkoholper­k.

Hoeveel wyn het jy nodig om ’n liter brandewyn te stook?

Om 1 liter brandewyn te maak, het ’n stoker 10 liter wyn nodig. Die eindproduk moet dan nog verdun word tot ’n alkoholinh­oud van 45% – dit is waar die streek se goeie opbrengste nuttig te pas kom.

Wat word bedoel met die engele-porsie?

Tydens die verouderin­gsproses gaan daar jaarliks ’n deel van die brandewyn weens verdamping verlore. Ons noem dit die engele se deel.

Hoe proe ’n mens brandewyn?

Moet nooit jou glas in die rondte draai nie. Die geure raak vlugtig en brand die neus. Hou dit eerder ’n entjie van jou neus af en bring dan die glas nader. Wanneer brandewyn só lank verouder het, raak dit glad en delikaat. Jy kan dit net so skoon geniet of met ’n blokkie ys daaraan teug. Bly net weg van koeldrank, want dit sal die hele produk oordonder!

 ?? FOTO: MYBURGH DU PLESSIS ?? Mariëtte Stofberg-Coetzee by die vate waarin haar potketelbr­andewyn sowat agt jaar lank verouder.
FOTO: MYBURGH DU PLESSIS Mariëtte Stofberg-Coetzee by die vate waarin haar potketelbr­andewyn sowat agt jaar lank verouder.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa