Landbouweekblad

Bokse vol hoop toonvenste­r vir Karoo se beste produkte

-

Die inperking het die Suid-Afrikaanse ekonomie soos ’n voorhamer getref. ’n Familiebes­igheid van Cradock moes buite – eintlik binne – die boks dink om te oorleef.

Die Covid-19-pandemie is nie die enigste terugslag wat boere die afgelope tyd getref het nie. Aan die begin van die jaar was verskeie boere reeds op hul knieë weens die jare lange droogte. Dié hartverske­urende omstandigh­ede het gelei tot die Boks vir ’n Boervrou-inisiatief, wat op sy beurt die Karoo Farm Box geïnspiree­r het.

Die Karoo Farm Box is deur Lani Lombard en haar seun, Louis, op die been gebring. Lani boer al jare lank tussen Cradock en Somerset-Oos en besit die True Living-bakkery-endeli op Cradock.

Louzel Lombard Steyn, Louis se vrou en die bemarkings­bestuurder van Karoo Farm Box, vertel Cradock se mense het saam bokse gepak om na boervroue op ander dorpe te stuur, salig onbewus van die feit dat dit eintlik met hulle ook sleg gaan. Eendag, kort voor Kersfees, het drie vragmotors vol bokse vir die boervroue op Cradock opgedaag – só baie dat elke boervrou vyf bokse gekry het.

“Dit was amper ’n heilige oomblik toe die vragmotors hier stilgehou het. Ek dink nie mense verstaan hoe baie dit vir ons beteken het nie. Ons sou waarskynli­k nie daardie tweede maande ná Desember oorleef het as dit nie vir die bokse was nie.”

Dié bokse het hoop verteenwoo­rdig en dit was vir party vroue die grootste geskenk. “Daarom het ons besluit om ’n boks ván ’n boervrou af te stuur. Die res van die land het goedere vir ons gestuur wat hulle as luukshede beskou, en ons wil vir hulle wys wat die Karoo kan bied.”

BOER MAAK ’N PLAN

Lani het sedert die begin van die inperking haar plaasgroen­te en -vleis in bokse verpak en deur WhatsApp bemark. Dit was ’n groot sukses, maar Louis het besef die bokse kan veel meer as net vars groente bevat. Tans is twee bokse beskikbaar, een vir mans en een vir vroue. Die bokse bevat onder meer sybokhaark­omberse en -serpe, asook wolpantoff­els. ’n Nuwe boks vir babas sal binnekort beskikbaar wees.

“Japie die Skapie en sy trawante is op pad. Dit bevat onder meer die oulikste wolpantoff­els vir babas. Ons sal ook binnekort ’n pantoffelb­oks bekend stel.”

DIE BESTE VAN DIE KAROO

Lani het nog altyd geglo dat True Living ’n toonvenste­r vir die gemeenskap moet wees. “Dit is presies wat hierdie bokse doen. Dit wys vir mense dat hoewel boere een van die moeilikste jare nóg beleef het, ons steeds produkte van ’n hoë gehalte kan produseer,” sê Louzel.

Die bokse is nie net plaaslik gewild nie, maar is ook oorsee in aanvraag. “Sodra ons bokse oorsee kan stuur, sal ons. Baie Suid-Afrikaners bly oorsee en smag na Suid-Afrikaanse produkte. Deur die bokse kan ons vir hulle ’n boks vol hoop, sentiment en nostalgie stuur.”

Aangesien die bokse noodsaakli­ke produkte bevat, was daar geen beperking op hul verspreidi­ng nie.

AANLYN DIE TOEKOMS

Louis volg graag kursusse oor e-handel en logistiek en swot gereeld tot laatnag. Dié kennis en die beperkings wat die inperking geplaas het op hul vermoë om handel te dryf, het hulle aangespoor om ’n aanlyn platform op die been te bring.

“Ons kon nie meer fisiek iewers heen gaan om iets te koop nie. Ons móés op ons voete dink. Die boere hier kan dit gelukkig doen,” sê Louzel.

Sy sê mense wat egte Karooprodu­kte van ’n hoë gehalte maak, moenie dink hul produk hoef vir ander produkte terug te staan nie. “Plaas dit op Facebook en vertel mense daarvan. Baie mense kan nie die aanvraag na hul produkte glo nie. Hulle besef nie hoe trots hulle op hul produkte kan wees nie.”

Boere moet nie net ter wille van hulself ’n plan kan beraam nie, maar ook ter wille van die mense wat van boere afhanklik is vir ’n inkomste. “Daar is verskeie huisgesinn­e, hele generasies, wat van ’n enkele plaas afhanklik is vir ’n inkomste.”

As jy jou produk in ’n Karoo Farm Box wil hê, stuur ’n e-pos na karoofarmb­ox@gmail.com of bel 072 450 3725. Besoek www. karoofarmb­ox.co.za vir nog inligting oor die bokse of om ’n bestelling te plaas.

 ?? FOTO’S: VERSKAF ?? Dié bederfboks met Karooprodu­kte is op mans gemik.
FOTO’S: VERSKAF Dié bederfboks met Karooprodu­kte is op mans gemik.
 ??  ?? Lani Lombard (regs voor) by haar seun en skoondogte­r, Louis Lombard en Louzel Lombard Steyn (middel voor), op hul troudag. Links is Hanlie en Lops Steyn en regs agter Wentzel Lombard.
Lani Lombard (regs voor) by haar seun en skoondogte­r, Louis Lombard en Louzel Lombard Steyn (middel voor), op hul troudag. Links is Hanlie en Lops Steyn en regs agter Wentzel Lombard.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa