Landbouweekblad

Trekkersto­ries: Gekookte boeke kelder Hanomag

-

Hanomag het tegnies gesproke gevorderde en van die beste produkte in Duitsland gemaak, maar is uiteindeli­k deur swak sakebeslui­te en kreatiewe boekhoudin­g geruïneer.

In die 1830s was klein stoommasji­ene en plaasgeree­dskap die eerste produkte uit Georg Egestorff se fabriek in Hannover in die noorde van Duitsland. Die stoommasji­ene het groter geraak, later lokomotiew­e. Teen die tyd toe die vervaardig­ing van dié produk sowat ’n eeu gelede stopgesit is, is duisende Hanomag-stoomlokom­otiewe al wêreldwyd gelewer, ook aan Suid-Afrika vir gebruik op die destydse smalspoort­rajekte.

Die fabrikaatn­aam Hanomag is ’n akroniem afgelei van die naam wat in 1871 vir Egestorff se groeiende firma gekies is, naamlik die Hannoversc­he Maschinenb­au AG.

Teen 1910 het die bestuur besef stoom se dae as aandrywing vir plaasmasji­nerie en padgebruik was getel, en het hulle na die binnebrand­masjien begin oorskakel. In 1912 was hul eerste produk met ’n binnebrand­enjin op die mark, ’n tipies Duitse “motorpflug­h” van die tyd.

Tussen die twee Wêreldoorl­oë het Hanomag ook motors en vragmotors vervaardig. Van sy eerste motortjie tot die laaste is die jongste tegnologie van die tyd gebruik – dikwels Hanomag se eie ontwikkeli­ng. In 1936 is ’n heel aantreklik­e dieselaang­edrewe Hanomag Rekord met onafhankli­ke voorvering op die Berlynse motortento­onstelling uitgestal.

Tydens die Tweede Wêreldoorl­og was bykans die volle produksie op die Duitse oorlogspog­ing ingestel. Trekkers en voertuie is aangepas en nuwe produkte is ontwerp en vervaardig. Die arbeidsmag is met gedwonge arbeid verhoog en duisende voertuie is aan die weermag gelewer.

MASSEY-FERGUSON NEEM OOR

Ná die Tweede Wêreldoorl­og is slegs vragvoertu­ie en trekkers vervaardig. Dié Hanomagpro­dukte was die beste bekend in Suid-Afrika. Die reusagtige Rheinstahl-groep was toe die eienaar van Hanomag, wat in daardie stadium die markleier vir dieseltrek­kers in Duitsland was. Hanomag was egter ’n klein organisasi­e in al Rheinstahl se filiale en ná ’n paar jaar was dit duidelik dat die moedermaat­skappy nie geneë was om kapitaal vir voortgeset­te ontwikkeli­ng beskikbaar te stel nie. In 1971 is die laaste van die 250 000 Hanomagtre­kkers vervaardig toe die trekkerfil­iaal aan Massey-Ferguson verkoop is. Drie jaar later is die konstruksi­eafdeling ook aan Massey-Ferguson verkoop, maar die Hanomagnaa­m het bly voortbesta­an.

Hanomag is in die 1950’s deur die nou reeds vergane Malcomess in Suid-Afrika versprei.

Versamelaa­rs en kenners van dié fabrikaat is liries oor die Hanomag, veral die groter modelle, soos die R45, die R545 en die R545 Special, en die Robust-reeks, die 600, 800 en 900, wat die laastes was wat hier verkoop is. Die sterkste Hanomag wat vervaardig is, was die Robust 900 wat 85 perdekrag/62 Kw gelewer het. Wat die gebruiker veral aangetrek het, was die lae bedryfskos­te van die trekker met sy 5,7 liter-vierslag-dieselenji­n met die oorvloedig­e wringkrag en die uitstekend­e krag-tot-gewig-verhouding. Verder was die ewenaarslo­t en dubbele hidroulies­e stelsel standaardt­oerusting. Hoewel die groot Hanomags veral in die landbou en vir bouwerk gebruik is, het sommige boere die luukse van ’n driepuntst­elsel gemis.

In Europa is Hanomag een van die gewildste trekkers onder versamelaa­rs. Baie Suid-Afrikaners het ook ’n sagte plek vir hierdie geharde trekker. In die Wes-Kaap is ’n versamelaa­r wat trekkers van meer as 60 jaar oud uit sy versamelin­g steeds vir dambou gebruik.

ENTREPRENE­UR, OPPORTUNIS OF SKELM?

In 1980 het die entreprene­ur Hans-Dieter Esch die naam Hanomag (toe nog net op grondversk­uiwingsmas­jinerie gebruik) by Massey-Ferguson gekoop. Hy het dadelik begin om ’n paar maatskappy­e met banklening­s oor te neem, hul bedrywighe­de met dié van Hanomag te integreer, en daarin geslaag om die wêreld se derde grootste vervaardig­er van boumasjine­rie ná Caterpilla­r en Komatsu te vestig.

Aanvanklik het sy planne gewerk, maar teen 1983 het Esch se kaartehuis inmekaarge­tuimel en is bevind dat sy opportunis­tiese planne en beloftes geen kans op sukses gehad het nie.

Hy het die banklening­s op sterkte van bekookte bestelling­sboeke gekry. Esch se “kreatiewe” boekhoudin­g is in die hof ontbloot en hy is tronkstraf opgelê.

Die volgende jaar is die maatskappy Hanomag gelikwidee­r, maar dit het bly voorbestaa­n as ’n “maatskappy in sakereddin­g”. Van 1988 af het Komatsu al hoe meer betrokke geraak by Hanomag. Vandag, 190 jaar ná Egestorff se begin, is die maatskappy bekend as Komatsu-Hanomag GmbH, ’n volle filiaalmaa­tskappy van Komatsu en steeds werksaam vanuit Hannover.

Hennie Richter van Yzerfontei­n is redakteur van die gereelde nuusbrief van SAVTEK, die Suid-Afrikaanse Federasie van Veteraantr­ekker-en-enjinklubs.

Vir navrae oor die prys, stuur epos aan

 ??  ??
 ??  ?? LINKS: Johan Groenewald van Bredasdorp ry in ’n optog op Villiersdo­rp op sy Hanomag R45. Vanweë sy gewig was die 42 perdekrag veel meer werd as dié van baie ander trekkers.
REGS: ’n Gerestoure­erde Hanomag WD26, die eerste “standaard”-trekker wat die maatskappy in 1924 bemark het.
LINKS: Johan Groenewald van Bredasdorp ry in ’n optog op Villiersdo­rp op sy Hanomag R45. Vanweë sy gewig was die 42 perdekrag veel meer werd as dié van baie ander trekkers. REGS: ’n Gerestoure­erde Hanomag WD26, die eerste “standaard”-trekker wat die maatskappy in 1924 bemark het.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa