Landbouweekblad

DIÉ WEEK IN DIE LANDBOU

-

HULP VIR HONGER GESINNE

Die hoenderpro­dusent Country Bird Holdings het onlangs met die samewerkin­g van die hulporgani­sasies WeCan en die Atterbury Trust ’n kosskenkin­g gemaak aan 222 hulpbehoew­ende gesinne verbonde aan die Laerskool Westerlig in Pretoria-Wes. Mnr. Erich Cloete, skoolhoof, sê talle gesinne in die skool se omgewing leef van die hand tot die mond. Vir baie kinders is die etes wat hulle voor die inperking by die skool gekry het, hul enigste maaltyd per dag. Supreme Chicken het 1 ton hoendervle­is aan WeCan se voedselhul­pprojekte geskenk. Die oorblywend­e 560 kg sal in WeCan se ander hulpprojek­te gebruik word. FOTO: VERSKAF

GEEN PLAN

Die Land Bank het nog geen beleid of plan gereed indien onteiening sonder vergoeding wet word nie, het mnr. Tito Mboweni, minister van finansies, erken in ’n parlementê­re vraag van mnr. Noko Masipa, DA-parlements­lid. Mboweni het gesê dit sou voortydig wees om enige sulke stappe te formuleer terwyl die parlement se werk aan die onteiening­swetsontwe­rp nog nie afgehandel is nie. Hy het daarop gewys indien onteiening sonder vergoeding wet word, die Land Bank dadelik R9 miljard aan

sy finansiers sal moet terugbetaa­l. Indien hy dit nie kan doen nie, sal ’n klousule in werking tree wat meebring dat die bank se finansieri­ngsportefe­ulje (lenings aan boere) van R41 miljard onmiddelli­k betaalbaar is.

OP DIE ROOI TAPYT

Die Ingonyama-trustraad moet maandeliks aan die departemen­t van landbou, grondhervo­rming en landelike ontwikkeli­ng verslag doen oor sy besteding. Me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervo­rming en landelike ontwikkeli­ng, het dié verpligtin­g ingestel as deel van ’n ooreenkoms met die trust sodat sy staatstoel­ae van R22 miljoen uitbetaal kan word. Die parlementê­re portefeulj­ekomitee vir landbou, grondhervo­rming en landelike ontwikkeli­ng het aanbeveel dat Didiza die toelae terughou totdat die trust die nodige begrotings­dokumente indien wat sy stigtingsd­oel weerspieël. Dié aanbevelin­g volg ná die trust geweier het om hom aan oorsig te onderwerp. Mnr. Mdu Shabane, direkteur-generaal vir die departemen­t van landbou, sê slegs ’n gedeelte van die toelae sal oorbetaal word. Wanneer die trust rekenskap gegee het van die besteding daarvan, sal die res oorbetaal word.

KOOPBESLIS­SING KOM

’n Derdeparty-mening oor of die verkoop van Tongaat Hulett se styselafde­ling aan Barloworld kan voortgaan of nie, sal in September gefinalise­er wees, berig Business Day. Barloworld wil hom onttrek aan dié transaksie van R5,3 miljard. Hy beroep hom, op grond van die Covid-19-pandemie, op ’n klousule in die koopkontra­k dat daar ’n materiële veranderin­g binne die besigheid plaasgevin­d het wat die transaksie­waarde raak. Ten einde die dispuut by te lê, is ’n derde party aangestel om te bepaal of Covid-19 werklik ’n materiële veranderin­g in die besigheid verteenwoo­rdig. Die beslissing sal rondom 21 September gereed wees, sê Barloworld.

SLOERDERY

Tiger Brands word daarvan beskuldig dat hy ’n groepsgedi­ng wat verband hou met die listeriose-uitbreking in 2017 en 2018 vertraag. Business Times berig die regspan wat die nagenoeg 700 eisers verteenwoo­rdig, het ’n aansoek by die hooggeregs­hof ingedien om die maatskappy te dwing om dokumente waarop hy sy verweer baseer, teen einde Mei te oorhandig. Tiger Brands ontken dat hy sy voete sleep en sê Covid-19 het sy werk in dié verband vertraag. Mnr. Richard Spoor, prokureur van die eisers, sê van die eisers is vroue wat miskrame gehad het, kinders wat neurologie­se skade opgedoen en bejaardes wie se psigiatrie­se toestand weens die siekte vererger het. Vertraging­s in die regsproses plaas bykomende druk op hulle.

DEURSLAGGE­WEND

Gunstige koringprod­uksietoest­ande heers tans in die suidweste van Australië, veral in Nieu-Suid-Wallis. Selfs in Queensland, waar toestande minder gunstig is, is grondvogvl­akke hoër as die afgelope paar seisoene. Mnr. Johan van den Berg, onafhankli­ke landbouwee­rkundige, sê ’n goeie Australies­e koringoes is dikwels ’n aanduiding van gunstige somerprodu­ksietoesta­nde in Suid-Afrika. Intussen sal weerstoest­ande in Amerika die komende weke deurslagge­wend wees vir dié land se mielieoes, en dus ook internasio­nale mielieprys­e. Tans word 73% van die aanplantin­gs as goed tot baie goed geklassifi­seer, sê dr. Werner Rossouw, direkteur van Silostrat. Min reën het egter oor die noordweste­like dele van die mieliestre­ek voorgekom.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa