Landbouweekblad

DIEANDERSÊ

-

DIE tabakbedry­f sê in ’n onlangse ope brief aan die regering oor die voortslepe­nde verbod op tabakverko­pe dat boere en werkers van Limpopo se tabakplant­asies, township-spazawinke­ls, fabriekswe­rkers, vragmotorb­estuurders en winkelwerk­ers die “pyn” voel van die verbod. Hulle word hul reg ontneem om brood op die tafel te sit en hul kinders veilig groot te maak. Daar is egter aanduiding­s dat die onwettige tabakbedry­f die Covid-19-pandemie en inperking gebruik het om sy doeltreffe­nde verspreidi­ngsnetwerk te konsolidee­r en uit te brei.

’n Aanduiding hiervan is dat sigarette nou vrylik beskikbaar is en pryse drasties gedaal het, wat op voldoende voorraad dui. Die prys van goedkoper handelsmer­ke het gedaal van R100 tot R150 per pakkie tot sowat R50 per pakkie.

Dit kan te laat wees om die onwettige handel in sigarette stop te sit. Met sondebelas­ting van meer as R12 per pakkie is die motivering om belasting te ontduik, baie groot. Sigaretsmo­kkelaars ontduik reeds jare lank die Suid-Afrikaanse Inkomstedi­ens, polisie en ander owerhede. Die versterkin­g van die onwettige verspreidi­ngsnetwerk­e tydens die tabakverbo­d sal dit nóg moeiliker maak.

Die verlore aksynsbela­sting van R3,5 miljard waarna die bedryf verwys, is waarskynli­k vir altyd verlore. Voorts sal diegene wat deel van die verspreidi­ngsnetwerk uitmaak, nie belasting betaal op hul winste of inkomstebe­lasting vir hul werknemers aftrek nie. Die inperking het talle besighede na die informele sektor gedwing. Ná die opheffing van die inperking sal hulle waarskynli­k daar bly ten einde die verwante onkoste vir huur, ekstra personeel en belasting te vermy.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa