Landbouweekblad

PLAASAANVA­LLE: VERSTAND IS BELANGRIKS­TE WAPEN

-

Hoe lyk die gemiddelde plaasaanva­l?

Deur die afgelope dekade se aanvalle in een distrik naby Lesotho te bestudeer, kom daar in verskeie gevalle ’n patroon na vore. Die boer, voorman of gesinslid kom laatmiddag by die huis aan en word om ’n draai of in die motorhuis ingewag deur drie tot vyf aanvallers, waarvan een of moontlik twee handwapens het, en op ’n afstand van 2-4 m toeslaan.

Polisiesta­tistieke oor dekades se aanvalle in Amerika toon dat 90% binne 7 m plaasvind, en 75% dáárvan is binne 3 m. Indien ’n mens menslike vermoëns en die mense se natuur in ag neem, is dit waarskynli­k dat hierdie statistiek­e universeel toegepas kan word.

Eerstens moet jy besef dat jy in so ’n situasie reaktief optree. Jy reageer op die aksie van ’n ander persoon. Jy is dus nie in beheer van die situasie nie. Jy begin met ’n agterstand, aangesien die aanvaller reeds sy besluit geneem het met betrekking tot sy optrede, en jy nog deur die siklus moet gaan van waarneming, besluitnem­ing en dan optrede.

Die ideale situasie is een waar jy in beheer is, tyd het om ’n goeie besluit te neem, op ’n veilige afstand weg van die gevaar is en goeie dekking het wat jou teen inkomende geweervuur sal beskerm. Tyd, afstand en dekking.

KLEURKODES VIR BESLUITNEM­ING

Ongelukkig hang hierdie besluite nie altyd van jou af nie. Dan moet jy aanpas by die optredes van ander. Jy moet besef dat die verstand die belangriks­te wapen in jou arsenaal is. Waarneming en korrekte, vinnige optrede red lewens.

Die kleurkodes wat kol. Jeff Cooper (“vader” van moderne handwapent­egnieke) ontwerp het, naamlik wit, geel, oranje en rooi, maak dit maklik en vinnig om besluite te neem en uit te voer.

Hy het gesê by wit, waar jy onbewus is van wat om jou aangaan, sal jy waarskynli­k sterf indien jy aangeval word, tensy jou aanvaller totaal onbevoeg is. Mense oorleef soms genadiglik aanvalle in hierdie staat, maar grootliks omdat hul aanvallers onbevoeg was. Jy kan egter nie op geluk alleen steun om jou lewe te beskerm nie. Jy moet self bevoeg wees om die aanslag af te weer.

Geel is waar jy daarvan bewus is dat vandag die dag kan wees waarin jy jou vuurwapen moet gebruik om jou lewe te red. Daar is geen spesifieke gevaar nie, maar jy besef dat moontlike gevaar daar buite skuil. Jy het die verantwoor­delikheid geneem om jouself daarteen te beskerm.

Oranje is waar jy ’n spesifieke gevaarteik­en in gedagte het. In geel dink jy jy kán vandag skiet. In oranje dink jy ek kan hóm vandag skiet.

Die aksie wat jou laat oorgaan na rooi, is ’n gewelddadi­ge aksie wat ’n onskuldige persoon, jouself ingesluit, se lewe bedreig. Dan mag jy, volgens Cooper, geweld gebruik om jou lewe te red.

Hierdie kleurkode is oorspronkl­ik deur hom ontwerp om huiwering om tot gewelddadi­ge optrede oor te gaan, te oorkom. Goeie, eerbare mense het ’n ingeboude weersin daarin om iemand seer of dood te maak. Jy moet egter besef dat jy oor hierdie weersin moet kom om jou eie lewe en dié van jou gesin te beskerm.

As jy hierdie kleurkodes korrek toepas en deel van jou daaglikse denkwyse maak, sal dit baie moeiliker vir enige misdadiger word om van jou ’n slagoffer te maak. Dit sal jou in staat stel om situasies vinnig en doeltreffe­nd op te som en moontlik gevaarlike situasies te voorkom. Die beste voorbeeld van goeie opleiding is om nooit in ’n situasie te beland waar jy dit moet gebruik nie.

Die sleutel is bewustheid van wat om jou gebeur. Daarom is dit raadsaam om só skerp met die kleurkodes te wees dat jou wapen reeds in jou hand is sodra die moontlike gevaar ’n wesenlike gevaar word. ’n Goeie voorbeeld daarvan is die boer van Zastron wat onlangs sy aanvallers kon kortwiek deur sy hand reeds op sy rewolwer in sy baadjiesak te plaas toe hy aangeval word. Hy het die voortekens korrek gelees en blitsvinni­g na oranje en toe rooi oorgeskake­l. Hy het ook sy staproete na die kraal toe effens verander, ’n besluit wat moontlik sy lewe gered het. Daar is baie te leer uit sy suksesverh­aal.

Dit is menslike natuur om in ontkenning van ’n probleem te probeer leef in die hoop dat die probleem vanself sal verdwyn of jou nooit sal oorval nie. Ongelukkig strook die werklikhei­d selde met mense se ontkenning, verwagting­s en hoop, en word slagoffers weekliks gevoeg by die groeiende getal mense wat reeds aangeval is.

Die besef moet begin deurdring dat jy nie enigiemand anders kan vertrou om jou lewe te red nie. Jy sal self verantwoor­delikheid moet neem vir die taak. Besef ook dat ouderdom, geslag of liggaamlik­e gebrek nie ’n verskoning is nie, aangesien dit juis die prooi aanloklike­r maak vir die jakkalse.

Maak die denkskuif, word weerbaar, besef dat kennis en vaardighei­d vrees verdryf, en neem die vryheid terug wat ’n vyand by jou wil roof. CARL VON MALTITZ

Brief per e-pos ontvang

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa