Landbouweekblad

PLAASAANVA­LLE: DA STIG EENHEID OM SLAGOFFERS BY TE STAAN

-

Die DA het ’n landwye eenheid op die been gebring om slagoffers van plaasaanva­lle by te staan en te verseker dat hul aanvallers suksesvol vervolg word.

“Plaasaanva­lle is ’n plaag in die land. Solank ons die aanvallers laat wegkom met hul misdade, sal die gruweldade voortgaan. Die DA hoop om deur die nuwe eenheid te verseker dat misdadiger­s so gou as moontlik agter tralies beland sodat die geweld tot ’n einde kan kom,” sê die DA-LP me.

Dianne Kohler Barnard.

Sy sê daar was sedert Junie ’n skerp styging in die aantal plaasaanva­lle en -moorde. Dié situasie, asook die min sake waarin daar uiteindeli­k skuldigbev­indings is, moet dringend aangepak word.

Die DA het reeds ’n soortgelyk­e eenheid in die Wes-Kaap wat die polisie se optrede monitor en verseker dat sake nie van die hofrol geskrap word nie.

Die nuwe eenheid sal as ’n nie-amptelike tussengang­er tussen die polisie, die vervolging­sgesag en die slagoffers van plaasaanva­lle en soortgelyk­e misdade dien.

Die party het intussen ook gesê hy sal ’n aantal inskrywing­s op sosiale media wat plaasaanva­lle en -moorde skynbaar aanwakker, na die Menseregte­kommissie verwys sodat dit vir haatspraak ondersoek kan word.

JUDITH SWANEPOEL skryf:

Kruip so bietjie gat nadat julle eers ’n ander deuntjie gesing het. Amper ’n bietjie te laat, of hoe? Ons word al hoe lank hier op ons plase bedreig, en in die verlede is ons maar goed deur julle sleggesê. Verwag julle ons moet julle nou vertrou? Stemme werf beteken ook jou “ja” moet jou “ja” wees en jou “nee” jou “nee”. Hoe sing julle dan nou skielik hierdie deuntjie, maar nie voorheen nie?

LARDUS PEYPER skryf: Dis goed so. Elkeen wat deur ’n aanval gaan, het hulp nodig. Indien jy of jou familie so ’n aanval oorleef het, is daar baie emosionele skade. Ek hoop net die hulp is vir almal.

SAMPIE MIENIE skryf: Hoekom nou eers? Dit moes al lankal gebeur het. Dankie, DA. Gebruik die staat se geld om boere te help.

MAGDA MARAIS WOLMARANS skryf: Stig nou eenhede om boere te beskerm. Voorkoming is beter as genesing.

GIDO HANEKOM skryf:

Om slagoffers by te staan . . . Is voorkoming nie beter nie?

PINE PIENAAR skryf:

DA: Duidelik Arrogant.

MARIETJIE MARAIS skryf: Duisende dankies dat iemand vir geregtighe­id opstaan.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa