Landbouweekblad

DAAR ÍS NOG FOUCHE’S BY ROUXVILLE

-

Klippie Spies se brief “Oorlog se prys” (LBW, 25 Junie 2020) het betrekking.

Jou inligting oor die AngloBoere­oorlog mag waar wees, maar die res is deurspek met leuens. In die 1950’s was daar drie onverwante Fouché-families op Rouxville. Sommiges van dié waarna jy verwys, was half verwant.

Het jy die voormalige staatspres­ident mnr. Jim Fouché geken? Hy het sy hoed gelig vir elke kind wat hy gegroet het. As jy wil weet wat ’n gentleman is– hy was een. Hy het op die plaas Babel geboer en was die enigste wat by die politiek betrokke was.

Sy broers, Droogte en Piet, was ook die wonderliks­te mense.

Piet het rooi Afrikanerb­eeste gehad en Droogte geel Afrikaners.

Oom Jim se mense is nie meer op Rouxville nie. Waar het jy gehoor die gemeenskap is bly hulle is weg?

Oom Droogte het twee dogters gehad. Hul nageslag kan nie Fouchés wees nie.

Oom Piet het twee seuns en ’n dogter gehad. Sy seun At se seun en twee dogters is nog op Rouxville. Mnr. Piet Fouché boer op Middelvlei en die dogters is getroud met boere daar.

Oom Fanie Fouché van die plaas Constantia het die eerste Saalperd, Edge View King, ingevoer. Hy was ’n neef van hulle. Hy was ook die gemeenskap se probleemdi­erjagter. Vieruur in die oggend was hy self op sy perd, winter of somer.

Verseker welgesteld, maar nie ongewild nie.

Dan was daar ’n Jannie Fouché, wat een seun gehad het. Dié is sonder kinders in ’n vliegongel­uk dood.

Dan is daar ons wat grootgewor­d het op die plaas Kranskop nader aan Aliwal-Noord, waar my broer nog boer. Ons neef Philip boer ook nog daar.

Die verwysing na die Fouchés is dus eerstens ’n veralgemen­ing, en tweedens is daar nog Fouchés by Rouxville en Zastron. Landbouwee­kblad moes die inligting nagegaan het. OUBOET FOUCHÉ Bloemfonte­in

Beste mnr. Fouché. Terwyl Landbouwee­kblad nie verantwoor­delik gehou kan word vir die subjektiew­e opmerkings en menings van lesers wat op ons brieweblad gepublisee­r word nie, wil ons u en u familie uiteraard om verskoning vra vir enige ongemaklik­heid wat die brief kon veroorsaak het. Die bedoeling was nooit om enigiemand te na te kom nie. — Red.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa