Landbouweekblad

BOERE VEG VOORT TEEN VERBOD OP WATERHANDE­L

- 012 643 3400 agrisa.co.za. etienne@ – CARIEN KRUGER

VERLEDE maand se hofuitspra­ak oor watergebru­iksregte verbied nie net die handel in sulke regte nie, maar skep soveel onsekerhei­d oor die toelaatbaa­rheid van die oordrag van regte dat die staat na verwagting nou geen aansoeke hiervoor sal oorweeg nie.

Só het mnr. Janse Rabie, hoof van natuurlike hulpbronne van Agri SA, gesê toe die organisasi­e op ’n mediakonfe­rensie bekend gemaak het dat hy appèl teen die uitspraak finansieel gaan ondersteun.

Die uitspraak deur ’n volbank regters van die hooggeregs­hof in Pretoria geld vir drie afsonderli­ke sake wat in Oktober 2019 saam aangehoor is. Agri SA gaan twee van die sake se applikante finansieel in hul appèl ondersteun.

Dié twee boerderygr­oepe, asook die Suid-Afrikaanse vereniging van watergebru­ikersveren­igings (SAAFWUA), wat die applikant in die derde saak was, het hul aansoeke om verlof tot appèl op 10 Julie ingedien.

Rabie het gesê die hof is verlede jaar om ’n verklarend­e bevel oor artikel 25 (2) van die Nasionale Waterwet (Wet 36 van 1998) gevra, wat oor die oordrag van watergebru­iksregte gaan.

VERWARRING

Die regters het egter ’n vreemde uitspraak gelewer omdat hulle geen verklarend­e bevel gelewer het nie. Hulle het bevind sowel die applikante as die departemen­t van water en sanitasie se interpreta­sies is toelaatbaa­r. Eersgenoem­de het aangevoer die artikel laat die oordrag van regte na ’n derde party toe, terwyl die departemen­t aangevoer het dit is nié toelaatbaa­r nie.

Mnr. Nic Knoetze, uitvoerend­e hoof van SAAFWUA, sê in ’n verklaring die regters se bevinding dat die houer van ’n watergebru­iksreg nie die reg het om iemand te kies wat ’n reg kan ontvang wat opgesê of oorgedra word nie, verhinder nou die oordrag van watergebru­iksregte.

Knoetze wys daarop dat die departemen­t voorheen die permanente oordrag van watergebru­iksregte toegelaat het, onderworpe daaraan dat die departemen­t die lisensie goedkeur op grond van die nodige motivering­s en voorwaarde­s.

Dit het volgens hom tot breëbasis swart ekonomiese bemagtigin­g (BBSEB) bygedra.

“Enige BBSEB-ondernemin­gs sal nou beswaarlik realiseer indien waterhande­l nie toegelaat word nie,” sê Knoetze.

Volgens Rabie is dit nodig om teen die uitspraak te appelleer sodat die korrekthei­d daarvan getoets kan word. Dit is ook belangrik om sekerheid te kry van gebruiksre­gte en die vermoë van die landbou, veral die besproeiin­gsektor, om doeltreffe­nd te wees as hy nie watergebru­iksregte kan oordra nie.

UITBREIDIN­G GEDEMP

Rabie het gesê in ’n inligtings­essie waarin Agri SA die uitspraak met verskeie belanghebb­endes bespreek het, waaronder boere en die finansiële sektor, was dit duidelik dat die uitspraak ’n demper kan plaas op landbou-ontwikkeli­ng en -uitbreidin­g, asook seisoenale aanpassing­s.

Die uitspraak raak nie die huidige waarde van plaaseiend­om nie, omdat bestaande watergebru­iksregte nie geraak word nie, maar dit raak toekomstig­e oordrag.

“Die landbou is ’n vloeibare bedryf. ’n Mens moet vinnig aanpassing­s op jou plaas kan maak, veral in die besproeiin­gsektor.

“As ’n boer se oes byvoorbeel­d misluk het of deur ’n haelstorm getref is en hy nie sy watergebru­iksreg op dié grond kan benut nie, moet hy dit na ’n ander plaas of

’n buurman kan oordra.

“Vir voedselsek­erheid is dit belangrik om toegang te hê tot hulpbronne en dit so doeltreffe­nd as moontlik te kan gebruik. Dit is juis wat die betrokke bepaling in die wet nog altyd in gedagte gehad het, naamlik die doeltreffe­nde gebruik van water, wat nou deur die uitspraak benadeel sal word.”

BALANSSTAA­T

Volgens mnr. Omri van Zyl, uitvoerend­e direkteur van Agri SA, versterk watergebru­iksregte die landbou se balansstaa­t. Dit stel boere in staat om produksiel­enings by banke te kry. Hiersonder sal voedselsek­erheid op lang termyn in die gedrang kom.

Groei in die landbou is belangrik omdat dit ’n vermenigvu­ldigende uitwerking in die groter ekonomie het.

Onsekerhed­e oor eiendomsre­g en watergebru­iksregte, tesame met die likiditeit­skrisis van die Land Bank, belemmer egter belegging in die landbou, sê Van Zyl.

Om by te dra tot Agri SA se vrywillige waterfonds, kontak mnr. Etienne van der Vyver by tel.

of e-pos

valle was oor naweke. In vyf van die aanvalle was daar twee tot vyf aanvallers wat met vuurwapens gewapen was. Selfone, kontant, ’n voertuig en vuurwapens is geroof.

Tydens drie van die aanvalle is slagoffers buite hul wonings oorval en in huise ingedwing. In drie van die aanvalle was die slagoffers ouer as 60 jaar.

In vier aanvalle is inhegtenis­nemings uitgevoer. In twee aanvalle is aanvallers noodlottig gewond deur slagoffers en/of hul

familie wat vinnig opgetree het.

Buys sê drie van die ses aanvalle in Junie in die Vrystaat is gepleeg deur verdagtes uit Lesotho.

SAMEWERKIN­G

Op 6 Julie het vier helikopter­s, hommeltuie en sowat 60 mense in Wolseley in die WesKaap die hele dag en tot lank ná donker vergeefs gesoek na drie mans wat vroeg die oggend probeer het om ’n boer van die omgewing met ’n vuurwapen aan te val.

Mnr. Chris Loubser, wat die soektog gekoördine­er het, sê egter hulle glo die gemeenskap se optrede en goeie sigbaarhei­d het ’n sterk boodskap aan misdadiger­s gestuur.

“My raad is dat boereveren­igings belê in die regte toerusting, soos termiese hommeltuie, om hulle in sulke gevalle by te staan.

“Hondeeenhe­de behoort ook dadelik op die toneel ingespan te word,” sê Loubser.

Mnr. Peter Hartman (65) van die plaas Elandskloo­f naby Wolseley, het die oggend omstreeks 06:00 in sy voertuig geklim toe drie mans met klapmusse en minstens een vuurwapen sy bakkie nader. Hy kon daarin slaag om weg te ry toe van sy plaaswerke­rs ook op die toneel aankom.

Hartman het hul aandag getrek deur op sy voertuig se toeter te druk. Die vermeende booswigte het daarna bergop gevlug.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa