Landbouweekblad

‘Neem verantwoor­delikheid vir jou eie veiligheid’

-

DIE eerste stap om jouself en jou eiendom te beskerm is om verantwoor­delikheid vir jou veiligheid te neem. Só sê dr. Jane Buys, veiligheid­srisiko-ontleder by Vrystaat Landbou.

Buys sê dit is veral belangrik dat veiligheid­stoerustin­g soos alarms en kameras op plase benut word. Ten opsigte van vee beveel sy aan dat boere ’n veeregiste­r moet byhou en daagliks, waar moontlik, hul vee moet tel.

“Wat hier van belang is, is die betrokkenh­eid van boere by veiligheid­strukture en die polisie binne

die landelike beveiligin­gstrategie. In baie gebiede is daar beheerkame­rs gevestig wat boere bedien.”

Verder is kamerastel­sels en ander tegnologie­se hulpmiddel­s ook belangrik. Verseker ook doeltreffe­nde kommunikas­ienetwerke per radio en selfoon met die veiligheid­struktuur, en wees betrokke daarby, want heelwat inligting kan só ingesamel word, en dit help om die beweging van verdagte persone en voertuie te monitor.

Vrystaat Landbou en VKB bied gereeld plaasveili­gheid-opleidings­werksessie­s vir boere aan.

“Wat verder belangrik is, is dat boere inligting oor misdade aanmeld vir verdere ondersoek deur die polisie sodat die misdade in die hof bewys kan word.”

MISDAADVLA­AG

Vrystaat Landbou sê daar was gedurende Junie ses plaasaanva­lle in die provinsie, waarvan twee gedurende die dag plaasgevin­d het en vier in die nag. Vyf van die ses aan

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa