Landbouweekblad

Du Pisani se kennis van veld nie verlore

- — AMELIA GENIS

EEN van Suid-Afrika se groepie weidingkun­diges het pas by die Nasionale Wolkwekers­vereniging (NWKV) bedank.

Dr. Louis du Pisani, wat die afgelope sewe jaar die nasionale bestuurder vir produksie-advies en -ontwikkeli­ng by die NWKV was, is gelukkig nie vir die landbou verlore nie.

Hy is besig om ’n sakemodel te ontwikkel wat dienste aan veeboere sal lewer om hul risiko’s beter te bestuur, veral ten opsigte van die wisselvall­ige klimaat.

Mnr. Leon de Beer, hoofbestuu­rder van die NWKV, sê die NWKV was bevoorreg om deur

Du Pisani se ervaring en kundigheid ’n uitnemende diens aan kommersiël­e en opkomende of kommunale wolboere te bied.

“Louis het die NWKV se boerderybe­stuurontle­dingsdiens ontwikkel en uitgebou tot ’n toonaangew­ende diens vir kleinveepr­odusente.

“As weidingkun­dige het hy gespesiali­seer in droogtebes­tuur, wat veral die afgelope paar jaar van groot waarde was vir produsente in die droogteget­eisterde gebiede.”

Mnr. Guillau du Toit, nasionale voorsitter van die NWKV, sê Du Pisani se kennis van en geesdrif oor weiding en die bestuur daarvan is ’n bate vir die hele landboubed­ryf. “Sy insette vir toekomstig­e droogtepla­nne is van onskatbare waarde.”

Du Pisani sê dit was ’n voorreg om by die NWKV betrokke te raak by die ontwikkeli­ngsprogram in die kommunale gebiede van die Oos-Kaap.

“Dit het al my vooropgest­elde idees van kommunale boerderye soos mis voor die son laat verdwyn. Ek het boere leer ken met presies dieselfde oogmerke, doelwitte en aspirasies as enige ander veeboer. Ek het geleer hoe gasvry die armstes van die armes kan wees. Ek het ’n leergierig­heid ervaar wat vir my ongekend was.”

Du Pisani sê die hartseerst­e aspekwasom­tesienhoed­ieregering en sy ondersteun­ingsdienst­e hierdie boere in die steek laat.

 ?? FOTO: AMELIA GENIS ?? Van links is dr. Louis du Pisani, me. Lorraine en mnr. Guillau du Toit.
FOTO: AMELIA GENIS Van links is dr. Louis du Pisani, me. Lorraine en mnr. Guillau du Toit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa