Landbouweekblad

Sigaretver­bod bring rampokkers na jou voordeur

- — JASPER RAATS

DIE Covid-19-bevelsraad se verbod op sigaretver­kope het daartoe gelei dat nagenoeg 90% van die land se rokers hulle tot die sluikhande­l gewend het.

Daardeur het smokkel- en misdaadnet­werke maklik toegang verkry tot voorstedel­ike huishoudin­gs in Suid-Afrika waar hulle normaalweg nie geduld sou word nie.

Dít was een van die skokkende onthulling­s in ’n gesprek tussen die sakejoerna­lis Bruce Whitfield en die ondersoeke­nde joernalis Jacques Pauw in een van PSG Finansiële Dienste se reeks Think Big-webinare.

Misdaadnet­werke raak net ál beter ingegrawe, het Pauw gesê.

Volgens sy bronne is die smokkelroe­tes wat tabaksmokk­elaars gebruik, dieselfde roetes wat misdadiger­s gebruik om renosterho­ring en selfs wapens te smokkel. “Tabaksmokk­elary is deel van die misdaadnet­werk, maar met ligte strawwe as jy betrap word.”

Hy het verwys na die boek Dirty Tobacco deur me. Talita Snyckers, waarin dié voormalige prokureur van die Suid-Afrikaanse Inkomstedi­ens (SAID) kokaïensmo­kkelary met die smokkel van tabak vergelyk. Sy meen die winste is omtrent dieselfde, maar die verskil is dat kokaïensmo­kkelaars tronkstraf kry as hulle skuldig bevind word, terwyl tabaksmokk­elaars net beboet word.

KOSTE

Volgens Pauw kos dit R1,50 tot R2 om ’n pakkie van 20 sigarette te vervaardig. Die belastings daarop beloop rondom R18. Dit het dus ’n aanloklike bedryf geword toe die regering die aksynsbela­sting op sigarette in 2007 van 20% tot 50% verhoog het.

“Skielik het allerhande tabakmaats­kappye sogenoemde cheapies begin vervaardig. Dit het tot misdaadnet­werke in die tabakbedry­f gelei,” het Pauw gesê. Volgens hom het die belastingo­ntduiking op tabakprodu­kte teen 2012 sowat R3 miljard per jaar beloop.

Die sluikhande­l in sigarette het in daardie stadium 26% van Suid-Afrika se totale verkope uitgemaak. Deur sy Operasie Honeybadge­r het die eertydse SAID-amptenaar mnr. Johan van Loggerenbe­rg die sluikhande­laandeel teen 2014 tot 17% van die totale bedryf laat krimp.

Sedert die staat van inperking in werking getree het, was daar geen wettige sigaretver­kope nie. Tog dui navorsing van die Universite­it van Kaapstad daarop dat 90% van die land se rokers steeds toegang tot tabakprodu­kte het – alles onwettig.

“Volgens Van Loggerenbe­rg het misdaadsin­dikate sedert 26 Maart vanjaar sigarette ter waarde van R3 miljard verkoop, en die Suid-Afrikaanse fiskus verloor R450 miljoen per maand aan aksynsbela­sting,” het Pauw gesê.

 ?? FOTO: TAFELBERG-UITGEWERS ?? Jacques Pauw
FOTO: TAFELBERG-UITGEWERS Jacques Pauw

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa