Landbouweekblad

SETA-ROMPSLOMP SIT LANGER OPLEIDING STOP

- — JOHAN VAN DER MERWE

MEER as 300 plaaswerke­r-studente in die Witzenberg-munisipali­teit kan nie vanjaar hul beoogde onderrig ontvang nie omdat AgriSeta sy finansieri­ng van die Koue Bokkeveld-opleidings­entrum vir die boekjaar 2020-’21 onttrek het. Dié finansieri­ng beloop R3 miljoen per jaar.

Volgens me. Joy van Biljon, uittredend­e uitvoerend­e hoof van die sentrum, is die verlies die gevolg van tegniese aspekte in die AgriSeta se evaluering van hoe instelling­s wat geld ontvang, die geld bestuur.

“Dit is regtig hartseer, want ons gebruik die AgriSeta-finansieri­ng om die gevorderde­r, duurder kursusse aan te bied. Dit is die junior bestuurder­s en produksieb­estuurders op die plase wat nie verder onderrig kan ontvang nie.”

Dit is die tweede jaar agtereenvo­lgens dat AgriSeta geld aan die sentrum weier omdat AgriSeta meen die sentrum het onbestede AgriSeta-geld.

MINAG WERKLIKHEI­D

Me. Carmen Roberts, bedryfsbes­tuurder van die sentrum, sê sy het nie ’n probleem met die AgriSeta se stelsel nie, maar eerder die wyse waarop dit toegepas word.

“Ek dink dit word soms sonder die inagneming van die werklikhed­e op grondvlak toegepas.”

Die sentrum probeer die afgelope twee jaar aan AgriSeta verduideli­k wat hy as onbestede geld beskou, het ontstaan nadat die sentrum ’n addendum tot bewyse van besteding van die AgriSeta aangevra het.

“Ons NQF-vlak 4-kursusse duur 24 maande, terwyl AgriSeta twee jaar gelede aangekondi­g het dat finansieri­ng slegs vir 12 maande geldig is en dat instelling­s wat nie geld in hierdie tydperk kan bestee nie, nie weer finansieri­ng sal ontvang nie. Dit het meerjarige kursusse skielik onmoontlik gemaak.”

Roberts sê AgriSeta-klerke het geweier om hulle tegemoet te kom. Hulle het aangevoer dat dit ’n raadsbeslu­it was en hulle niks daaraan kan doen nie.

BOERE DRA MEESTE BY

Die gevolge van die situasie kring uit na die werknemers wat hulself deur opleiding wil bemagtig om bevorderin­g in hul werkplek te bewerkstel­lig.

“Die gebrek aan hierdie onderrig plaas ’n plafon op vordering en bevorderin­g van die werknemers op bestuursvl­ak. Daar kom dus geen nuwe geleenthed­e op hierdie posvlak nie omdat hierdie werknemers nie bevorderin­g kry nie.

“Jonger werknemers se geleenthei­d op bevorderin­g tot bestuursvl­akke word dus eweneens belemmer,” sê Van Biljon.

Vir Roberts is dit ’n groot teleurstel­ling, want indiensnem­ing in die Witzenberg-streek groei jaarliks. Daarmee saam kom nuwe geleenthed­e op bestuursvl­ak wat nou deur mense van elders gevul moet word.

Gelukkig beloop AgriSeta se

R3 miljoen-toewysing net sowat ’n derde van die sentrum se algehele omset. Plaaslike boere dra die meeste van die koste.

Die meer as R6 miljoen wat boere jaarliks belê in die opleiding van heeltydse én tydelike werknemers in die streek finansier jaarliks vir meer as 7 500 kursusgang­ers tegniese onderrig, soos snoei- en besproeiin­gskursusse, asook lewensvaar­digheidsku­rsusse, soos konflikhan­tering en persoonlik­e begrotings- en finansiële beplanning.

Die sentrum het Agri WesKaap genader om hulp om die situasie te probeer beredder.

AgriSeta het teen druktyd nie op versoeke om kommentaar gereageer nie.

 ?? FOTO: ADÉLE ENGELBRECH­T ?? Die Koue Bokkeveldo­pleidingse­ntrum moes van sy gevorderde­r kursusse opskort weens administra­tiewe verskille met die AgriSeta.
FOTO: ADÉLE ENGELBRECH­T Die Koue Bokkeveldo­pleidingse­ntrum moes van sy gevorderde­r kursusse opskort weens administra­tiewe verskille met die AgriSeta.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa