Landbouweekblad

Laer pryse vir stapelkos dalk van korte duur

- — CARIEN KRUGER — JASPER RAATS

DIE daling in die kleinhande­lpryse van sekere hoenderpro­dukte en mieliemeel in Mei is goeie nuus vir arm verbruiker­s.

Die buro vir voedsel- en landboubel­eid (BFAP) sê arm Suid-Afrikaners bestee 25% van hul voedselbeg­roting aan dié twee produkte. Die buro monitor die prys van 15 tipiese produkte in arm mense se inkopieman­djies.

In sy jongste verslag oor hoe die Covid-19-pandemie dié produkprys­e raak, sê BFAP die gemiddelde prys van kitsbevror­e hoenderstu­kke in ’n 2 kg-verpakking het met byna 8% gedaal en dié van 2,5 kg mieliemeel met effens meer as 1%.

Ander produkte waarvan die gemiddelde rakprys gedaal het, is 400 g sardyne in sous (byna 3%), 400 g grondboont­jiebotter (byna 3%) en 750 ml sonneblomo­lie (meer as 1%).

GASVRYHEID­SBEDRYF

Die navorsers sê die groot daling in die prys van kitsbevror­e hoenderstu­kke kan toegeskryf word aan die feit dat die gasvryheid­sbedryf die afgelope drie maande gesluit was.

“Met hoendervle­is wat die gewildste keuse vir wegneemvle­is in Suid-Afrika is, word na raming 20% van plaaslike produksie vir kitskosver­bruik geprodusee­r.”

Dié hoendervle­is is in April en Mei na die kleinhande­l gekanalise­er. Na verwagting sal die neiging momentum verloor met die toenemende heropening van wegneem- en ander restaurant­e sedert middel Junie.

Produkte waarvan die gemiddelde rakprys gestyg het, is langleweme­lk (1,9%), koekmeel (1,8%), uie (1,3%), eiers (1,2%), tamaties (1%), aartappels (0,98%) en brood (0,6%).

Die navorsers sê die styging in groentepry­se is sedert 2019 ’n neiging en sal na verwagting voortduur namate verbruiker­s hul uitgawes op waardegoed­ere, soos groente, toespits. Die styging in die prys van langleweme­lk is dalk omdat verbruiker­s tydens die inperking minder gereeld winkel toe wil gaan.

ANDER FAKTORE

Faktore wat in die volgende paar

SKYFIES EN PYNAPPELBI­ER

Hy het vertel hoe markagente skielik ’n algehele verlangsam­ing in die vraag na produkte soos aartappels, blaarslaai, murgpampoe­ntjies en appels aan die begin van die inperking gesien het.

“Onthou, alle restaurant­e was tot onlangs gesluit. Selfs wegneemete­s is aan die begin van die inperking nie toegelaat nie. Dit is die mense wat aartappels in groot maat gebruik om skyfies te maak. Dieselfde geld murgpampoe­ntjies en blaarslaai.”

Eksteen skryf die aanvanklik­e swakker vraag na appels toe aan die skole wat gesluit was en baie leerders wat steeds nie skool toe gaan nie.

“Normaalweg is daar ’n appel in ’n kind se skooltas. Dit het nie meer gebeur nie.”

Daar was ook ander, nuwe weke voedselpry­se in die kleinhande­l kan raak, is brandstofp­ryse en die koste van verspreidi­ng en vervaardig­ing.

Covid-19-gevalle kan tot onderbreki­ngs in dele van voorsienin­gskettings lei.

Die navorsers sê die opwaartse druk op groentepry­se, tesame met die druk op huishoudin­gs se inkomste weens die Covid-19pandemie, kan die verskeiden­heid in baie huishoudin­gs se dieet benadeel omdat mense dikwels in sulke situasies vars produkte met goedkoper styselvoed­selsoorte vervang. neigings in die vraag en aanbod op Suid-Afrika se varsproduk­temarkte. Produkte soos sitrus, knoffel, gemmer en pynappels het gefloreer. Die eerste drie vir gesondheid­sredes en pynappels omdat Suid-Afrikaners pynappelbi­er brou as hulle nie wettig drank kan koop nie.

PRYSSKUIWE

Met die prys van verskillen­de produkte wat in verskillen­de rigtings trek, het die Mededingin­gskommissi­e markagente gewaarsku dat hulle versigtig moet wees vir samespanni­ng en prysvormin­g.

Grow het begin om weeklikse grafieke vir spesifieke produklyne op te stel om aan die kommissie te wys dat die vryemarkkr­agte optimaal funksionee­r en byna onmiddelli­k op veranderin­ge in vraag en aanbod reageer.

Eksteen het hierdie grafieke op die webinaar voorgehou om te wys hoe vinnig die prys van aartappels byvoorbeel­d herstel het nadat wegneem- en restaurant-etes weer toegelaat is.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Die prys van 2 kg-pakke kitsbevror­e hoenderstu­kke het in Mei met byna 8% gedaal.
FOTO: VERSKAF Die prys van 2 kg-pakke kitsbevror­e hoenderstu­kke het in Mei met byna 8% gedaal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa