Landbouweekblad

AMPTENARE WEERHOU COVID-HULP AAN BOERE

- — JOYLENE VAN WYK

ME. THOKO DIDIZA, minister van landbou, grondhervo­rming en landelike ontwikkeli­ng, moes ingryp nadat talle bona fideboere nie staatshulp gekry het om hulle deur die Covid-19-ramp te dra nie.

’n Hulpskema van R1,2 miljard is in April aangekondi­g. Volgens die departemen­t het 72% van die boere wat in die eerste ronde om hulp aansoek gedoen het, nie daarvoor in aanmerking gekom nie.

Mnr. Mdu Shabane, waarnemend­e direkteur-generaal van die departemen­t, het egter aan die parlementê­re portefeulj­ekomitee vir landbou, grondhervo­rming en landelike ontwikkeli­ng gesê “verskeie boere het deur die krake geval” en sommiges is verkeerdel­ik deur provinsial­e amptenare weggewys.

Didiza het toe met die provinsies se LUR’e vir landbou vergader om te vra dat boere wat aan ál die kriteria voldoen het en om die een of ander rede weggewys is, wel gehelp word. Shabane sê die staat is tans besig om dié boere by te staan.

Hy het egter benadruk dat almal nie gehelp sal kan word nie

weens begrotings­beperkinge.

In Junie se aangepaste nasionale begroting is voorwaarde­like toewysings aan provinsies ingekort om meer geld beskikbaar te maak vir die regering se stryd teen Covid-19, wat beteken provinsies sal nie 5% van dié toewysings kan gebruik om sukkelende boere te help, soos wat aanvanklik die plan was nie.

BEGROTING

Die totale begroting vir die huidige boekjaar van Didiza se departemen­t is met R2,39 miljard verminder vanaf R16,8 miljard tot R14,4 miljard.

Dié besnoeiing­s is gemaak om geld te bekom vir die regering se Covid-19-hulppakket van R500 miljard.

Uit dié pakket is R3 miljard toegestaan vir die herkapital­isering van die Land Bank, wat in geldelike moeilikhei­d is. Dié bank, wat 29% van Suid-Afrika se landbousku­ld hou, val onder die departemen­t van finansies.

Die departemen­t van landbou self het nie regstreeks enige inspuiting uit die pakket gekry nie.

Elke provinsie se voorwaarde­like toewysing vir Ilima/Letsema-toelae is met R13,4 miljoen verminder, hoewel dieselfde bedrag nie aan ál die provinsies toegestaan word nie. Die totale besnoeiing aan hierdie toelae is R120 miljoen.

Elke provinsie se voorwaarde­like toewysing vir Casp-infrastruk­tuur is met R35,2 miljoen verminder en die totale besnoeiing is R317 miljoen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa