Landbouweekblad

Covid-19 dwing markte in nuwe rigtings

-

DIE private varsproduk­temark wat die RSA-groep verlede maand inderhaas in Midrand op die been gebring het toe die Tshwane-mark noodgedwon­ge moes sluit weens ’n positiewe Covid-19-geval daar, is maar een van talle maniere hoe die varsproduk­tesektor moes aanpas weens die pandemie.

Mnr. Jaco Oosthuizen, uitvoerend­e hoof van die RSAgroep, het op ’n onlangse Fresh Talks-webinaar van die varsproduk­tebemarkin­gsagentska­p (PMA) gesê die groep het die sluiting van ’n munisipale mark as ’n “ondenkbare scenario” geidentifi­seer en as groep besluit om solank voor te berei op só ’n ondenkbare gebeurteni­s.

“Ons het dit gedoen omdat ons so baie by ons produsente geleer het oor hoe hulle hul produksie-eenhede bestuur het deur dit in silo’s te plaas.” Toe die onwaarskyn­like wel gebeur, was die RSA-groep voorbereid en was die perseel vir voortgeset­te handel reeds geïdentifi­seer.

Oosthuizen glo die nuwe private mark het potensiaal op lang termyn. Soortgelyk­e markte word reeds suksesvol in Mooketsi en Polokwane bedryf.

KRAKE

Fresh Talks is ’n inisiatief van die PMA om die varsproduk­tesektor te help om die moeilike tye waargrootm­aatvervoer

in die wêreld hom tans bevind die hoof te bied. Kenners word genooi om hul ervaring en insig met lede te bespreek.

Oosthuizen het die skerm gedeel met mnr. Hendrik Eksteen van Grow-markagente, wat op sy beurt gesê het die Covid-19-pandemie het beslis die krake in die bestuur van munisipale markte uitgewys. (Sien ook die berig op bl. 21.)

Die pandemie het egter ook geleenthed­e vir die varsproduk­tesektor meegebring.

“Ons sien deesdae baie meer informele kopers op ons markte,” sê hy en skryf dit toe aan die feit dat baie mense hul werk weens die staat van inperking verloor het.

“Baie van hierdie mense sien die mark as ’n geleenthei­d om ’n klein besigheid te begin.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa