Landbouweekblad

Cyril se plan belê groot in Oos-Kaap

-

VIER landboupro­jekte wat deel uitmaak van pres. Cyril Ramaphosa se infrastruk­tuurplan wat ekonomiese herstel ná Covid-19 moet ondersteun, is gereed om vir finansieri­ng voor te lê.

Drie van dié projekte is in die Oos-Kaap geleë, en een het reeds miljoene se belastingb­etalersgel­d gekry, met gemengde resultate. Volgens interne beplanning­sdokumente wat Landbouwee­kblad bekom het, is die vier projekte wat gereed is vir finansieri­ng as volg:

■ Die Scheepersv­lakte-boerdery in die Oos-Kaap waar sitrus, avokado’s en makadamias op 516 ha verbou word, beoog kommersiël­e sitrusprod­uksie met die oog op uitvoer. Amptenare beskou die projek as gunstig omdat dit naby ondersteun­ingsgeriew­e soos pakhuise, versapping­saanlegte en

is.

■ Ncera Macadamia Farming in die Oos-Kaap, waar die bestaande 180 ha makadamias met ’n bykomende 120 ha uitgebrei sal word. Die PE Herald het onlangs berig die plaas is in geldelike moeilikhei­d, en Landbouwee­kblad het in 2016 berig dat die 10 Ncera-plase bestuurspr­obleme ervaar het.

■ Tilapia Aqua-Kulcha, ’n akwakultuu­rprojek aan die Mbhashe-kusgebied in die OosKaap, sal gevestig word met die oog op volhoubare en omgewingsv­riendelike tilapiapro­duksie. Die projek sal deur die Oos-Kaapse Landelike Ontwikkeli­ngsagentsk­ap aangedryf word. Die grootste gedeelte van die belegging gaan vir die ontwikkeli­ng van die infrastruk­tuur, soos ’n besproeiin­gsnetwerk vanaf

die riviere wat deur die Mbhashe-gebied loop om water aan kleinskaal­se boere te voorsien, asook die lewering van voer vir die akwakultuu­rbedrywigh­eid by die kus. Daar word ook begroot vir die vestiging van versamelpu­nte vir boere se produkte en ’n verbeterde padnetwerk om die produkte te vervoer.

DROOGPROJE­K

Die vierde landboupro­jek wat gereed is, word uit die presidensi­e se projekbest­uurskantoo­r gekoördine­er.

Dit is ’n vertikaal geïntegree­rde projek vir die ontwaterin­g van groente en kruie. Dit bestaan uit die herkapital­isering van 1 200 ha onderbenut­te landbougro­nd, die verhuring van dié

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa