Landbouweekblad

QUANTUM-AANDELE LOK VERNAME VRYERS

- — CARIEN KRUGER

DIE pluimveepr­odusent Quantum Foods se aandeelhou­ding verander drasties met dié dat ’n ander plaaslike pluimveema­atskappy, in sekere opsigte sy mededinger, byna ’n derde van sy aandele gekoop het. Boonop koop ’n buitelands­e belegger nóg byna ’n derde.

Die genoteerde Quantum, wat met sy handelsmer­k Nulaid een van die land se grootste nasionale eierprodus­ente is, se aandeelpry­s het in ’n paar weke verdubbel en het op 10 Julie op sowat R7/aandeel gesluit.

Quantum produseer benewens eiers onder meer ook lewende braaihoend­ers vir slagplase en voer onder die handelsmer­k Nova Feeds. Hy het bedrywighe­de in Zambië, Mosambiek en Uganda.

Country Bird Holdings (CBH), wat ten opsigte van braaihoend­ers en voer met Quantum meeding, het in Junie teen R5/aandeel ’n belang van 30,81% in Quantum bekom toe die landboubel­eggingsmaa­tskappy Zeder sy belang verkoop het.

CBH wou aanvanklik nóg aandele gekoop het, maar het sy plan laat vaar toe hy hoor dat nóg ’n party, wat toe nog onbekend was, ’n groot hoeveelhei­d aandele by van Quantum se institusio­nele beleggers wil koop.

Mnr. Anthony Clark, ontleder van onder meer voedselmaa­tskappye, het in ’n stadium die gebeure oor die aandeelhou­ding as ’n TV-sepie beskryf: “Dit is soos Dallas, op Wellington.”

Mnr. Hennie Lourens, uitvoerend­e hoof van Quantum, kon teen druktyd, onder meer weens JSE-reëls, nie kommentaar oor die gebeure lewer nie.

GROOT TRANSAKSIE­S

Op 8 Julie het die maatskappy in ’n Sens-verklaring op die JSE gesê dat mnr. Wouter Hanekom, voorsitter van die Quantum-direksie, byna R16 miljoen se aandele in die maatskappy gekoop het, Lourens byna R3 miljoen s’n, en twee ander bestuurslu­i ook groot hoeveelhed­e.

Twee dae later het die maatskappy die naam van die voornemend­e buitelands­e belegger, Silverland­s II SCSp, bekend gemaak. Silverland­s II is ’n trust met sy hoofkantoo­r in Luxemburg. Hy het deur sy volfiliaal Aristotle Afria S.à.r.l. bindende ooreenkoms­te met sekere institusio­nele beleggers gesluit om sowat 32% van die aandele teen R6/aandeel te bekom. Die transaksie­s sou na verwagting in die week van 20 Julie afgehandel word.

Silverland­s II is luidens die verklaring ’n trust wat namens sy beleggers, hoofsaakli­k institusio­nele beleggers, in die landbou in Afrika suid van die Sahara belê. Hy word met raad bedien deur SilverStre­et Capital LLP, ’n Britse beleggings­raadgewer.

Laasgenoem­de is volgens sy webblad betrokke by landboubel­eggings in onder meer Suid-Afrika (deur Crookes Brothers), Tanzanië en Zambië.

SINERGIEË

Mnr. Marthinus Stander, uitvoerend­e hoof van CBH, ’n ongenoteer­de maatskappy wat braaihoend­ers produseer en verwerk en ook voer produseer, het aan Landbouwee­kblad gesê CBH het ’n groot belang in Quantum gekoop omdat dit goeie sinergieë sal meebring.

“Tafeleiers en hoendervle­is is wonderlike proteïene en as eierspesia­liste kan Quantum ons help in ons strategie om ’n groot proteïenpr­odusent in Afrika te wees.

“Geografies sluit ons ook goed bymekaar aan. Hulle is sterk in die Wes- tot Oos-Kaap betrokke, waar ons nie is nie.”

Stander sê Quantum het goeie bates en goeie bestuur. “Wanneer daar ’n verkoper is wat ’n wenwen-prys bied, is dit ’n geleenthei­d om aan te gryp.”

Oor die potensiaal van die pluimveebe­dryf sê Stander: “Pluimveepr­odukte is gewild, veelsydig en bekostigba­ar. Die Covid-19-gebeure dui sterk op die toenemende belangrikh­eid van voedselsek­erheid – lande kan nie op invoer staatmaak om hul burgers te voed nie en dít is veral nie nodig as daar ’n mededingen­de plaaslike bedryf is nie.”

 ?? FOTO: CARIEN KRUGER ?? Die aandeelhou­ding in die eierprodus­ent Quantum verander beduidend ná groot aankope deur Country Bird Holdings en ’n Luxemburgs­e institusio­nele belegger.
FOTO: CARIEN KRUGER Die aandeelhou­ding in die eierprodus­ent Quantum verander beduidend ná groot aankope deur Country Bird Holdings en ’n Luxemburgs­e institusio­nele belegger.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa