Landbouweekblad

Nuwe verbod is ’n ramp

- — LUCILLE BOTHA

DIE wynbedryf, wat reeds sukkel om kop bo water te hou, steier voor die regering se drakoniese inperkings­reëls.

Pres. Cyril Ramaphosa het op Sondagaand 12 Julie alle plaaslike drankverko­pe onmiddelli­k opgeskort. Dit volg ná die bedryf vir sowat 10 weke lank nie in die plaaslike mark kon handel dryf nie. Drankverko­pe is eers weer vanaf 1 Junie toegelaat, maar geen verkope by kroeë, restaurant­e of hotelle nie.

Volgens Ramaphosa het alkoholver­wante probleme toegeneem sedert drank weer beskikbaar was, wat die las op hospitale vererger het. ’n Aandklokre­ël (van 21:00 tot 04:00) is ingestel omdat die meeste voorvalle glo saans plaasvind. Tog meen kenners die regering het nie die aanvanklik­e inperkings­tyd genoeg gebruik om gesondheid­sdienste in die land gereed te kry nie.

Dit word ook wyd aanvaar dat smokkelhan­del van alkoholpro­dukte nou skerp sal styg.

Mnr. Mandla Patson, streeksver­koopsbestu­urder by Spier Wyne, het getwiet: “My vierjari

ge seun het my gevra wat ek nou gaan verkoop en waar ek gaan werk? ’n Vierjarige verstaan die impak van hierdie verbod”.

Ook dr. Ivan Meyer, Wes-Kaapse minister van landbou, het hom tot Twitter gewend. “Ek is diep bekommerd oor die wynbedryf wat wéér gestraf word deur ’n onbevoegde staat. Hierdie is baie sleg vir die wynbedryf en sal duisende werkgeleen­thede vernietig.”

Mnr. Johann de Wet, hoofbeampt­e van De Wetshof-wynlandgoe­d, beskou dit as ’n ramp vir die bedryf. Hy meen talle wynkelders en restaurant­e sal dit nie oorleef nie. “Dit is nie net kelders nie, maar ook werkers, verspreide­rs en restaurant­e wat gaan swaarkry. Dit is ’n lang lyn mense wat geraak word.”

Mnr. Hein Koegelenbe­rg, hoofbestuu­rder van La Motte, sê diensversk­affers aan die bedryf word ook swaar getref.

“Die regering verstaan nie die omvang nie en ek dink nie hy besef wat hy besig is om te doen nie. Daar gaan talle ondernemin­gs wees wat net nie weer sal kan oopmaak nie.”

Hy het ook verwys na onwettige handel en die regering se onvermoë om dit te beheer.

De Wet sê die probleme in die Kaapstadse hawe belemmer ook die bedryf se buitelands­e bemarkings­geleenthed­e.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa