Landbouweekblad

PERS SPATSELS IN AMERIKAANS­E GROENTEMAR­K

- — ENGELA DUVENAGE

Omdat dit anders as die gebruiklik­e lyk, sal mense dit hopelik koop. Dis waarop twee groot Amerikaans­e groentepro­dusente reken, wat albei gedurende die Noordelike Halfrond se somer pers kultivars op die mark gesit het.

Ocean Mist Farms in Kalifornië het pers artisjok bekend gestel, as pasmaats vir die gebruiklik­e kultivars wat hy reeds byna 100 jaar aan die Amerikaans­e mark lewer.

Hy bemark dit ook deur sosiale media, geheel en al met twee groen en pers artisjok-strokiespr­entkarakte­rs genaamd Arti en Viola daarin, onder die vaandel “Arti’s Summer Romance”.

“Dit lyk en proe soos ’n Mediterree­nse ouwêreldku­ltivar, met sagte, vlesige blare en ’n ryk, aardse tipiese artisjoksm­aak,” sê me. Diana McLean, senior bemarkings­hoof van Ocean Mist Farms.

“Wanneer dit gaargemaak is, verdof die pers na groen, terwyl die water waarin dit gekook is donkerder word. “Vernuwing en nuwe produkte in die varsproduk­tesfeer is nodig om die aandag van ons handelsven­note en verbruiker­s op ons te behou.

Die kleurryke pers variasie verskaf ’n eiesoortig­e geleenthei­d vir visuele bemarkings­opsies wat die aandag na die varsgroent­e-afdeling in die algemeen trek, en dan spesifiek na die opsie om artisjok te koop.” McLean het aan broccoli bekend gestel as deel van sy Josie’s Organics-reeks. Dié baba-opsie strook met verbruiker­s se toenemende voorkeur vir kleiner, sagter groente, sê me. Kori Tuggle, ondervoors­itter van Braga Fresh se bemarkings-en-ontwikkeli­ngsafdelin­g.

Dit bevat dieselfde voedingswa­arde as groen kultivars.

Sy reken die kleur lok verbruiker­s om impulsiewe kopies te doen omdat hulle dit nog nooit voorheen gesien het nie, en omdat hulle van nuutjies hou. Dit kan ekstra kleur verleen aan onder meer slaaie.

In albei gevalle is die groentes nie die eerste pers kultivars in hul soort op die mark nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa