NOG AANPASSINGS NODIG IN SA BEDRYF
DMelkboere in Suid-Afrika raak ál minder, maar vergelyk met die beste ter wêreld, is aanpasbaar en kan in moeilike omstandighede volhoubaar boer. Die Covid-19-pandemie gaan hulle ook nie onderkry nie. Volhoubaarheid is egter nie meer genoeg nie . . .
ie primêre suiwelbedryf het gaandeweg groot veranderings ondergaan. Melkboere het aangepas en in gevalle waar dit nie moontlik was nie, besluit om melkboerdery te laat vaar.
Die oorblywende 1 164 melkboere slaag daarin om ondanks ’n klomp ongunstige faktore steeds winsgewend te wees en, soos uit die Melkprodusenteorganisasie (MPO) se jaarlikse rentmeesterskapkompetisies blyk, daarin te slaag om na die mense en die planeet se welstand om te sien.
Die verswakkende ruilvoet in die landbou dwing boere om doeltreffender te wees om steeds wins te maak. Die getal melkprodusente het skerp afgeneem. Totale melkproduksie het egter gestyg sodat minder boere nou meer melk produseer ( GRAFIEK 1 ).
Gemiddelde kuddegroottes en melkproduksie per koei het ook gestyg. In 1981 is die gemiddelde produksie per koei beraam op minder as 8 liter per koei. Dit styg tot sowat 11 liter per koei per dag in 1994. Die mees onlangse MPOopname (2018) beraam ’n nasionale gemiddelde produksie van 21 liter per koei per dag.
Saam met die daling in produsentegetalle en styging in melkproduksie, was daar ook ’n verskuiwing vanaf die binneland na die kusstreke. In 1997 het die drie kusprovinsies – die WesKaap, OosKaap en KwaZuluNatal – saam 52,4% van die totale volume melk geproduseer. Hul aandeel het in 2018 tot 85% gestyg en word voorlopig beraam op 88% in 2019 ( TABEL 1 ).
Daar is talle redes vir die verskuiwing in produksie na die kus. Weidingsgebaseerde produksie geskied teen laer koste as intensiewe produksie. Hoewel die kusgebiede verder van die mark af is, het boere in dié gebiede vir baie jare bykans dieselfde prys per liter vir melk gekry as die binnelandse boere. Deur perke op minimum produksie te plaas en groter volumes te beloon, het melkkopers
1998-2020
■ PRODUSENTE BRON: kleiner melkprodusente, veral die binnelandse gemengde boere, gedwing om melkproduksie te laat vaar. Onbetroubare melkkopers en die optrede van melkmakelaars het tot die probleem bygedra.
Volhoubare melkproduksie is steeds in die binneland moontlik. Binnelandse boere geniet die voordeel van goedkoper ruvoer en grane van die nabygeleë mark, en groeiende bevolking. Binnelandse melkboere word deesdae net so goed deur konsultante geadviseer as die boere in die kusgebiede. Ongelukkig is baie boere uitgelewer aan melkkarweiers wat die voorsiening vir verskeie melkverwerkers in die binneland behartig.
INTERNASIONAAL MEDEDINGENDE BEDRYF
SuidAfrikaanse melkboere vergelyk goed met hul internasionale eweknieë. Plaaslik is die gemiddelde kuddegrootte van 459 groter as die gemiddelde kuddes in NieuSeeland(416),Australië(274) en Amerika (241).
SuidAfrikaanse melkboere produseer melk teen veel laer koste as hul eweknieë in die meeste gevorderde suiwelproduserende lande en veral in die vyf belangrikste suiweluitvoerlande, gegrond op die 2018opname van die International Farm Comparison Network ( TABEL 2 ). Die 2019inligting is nog nie amptelik bekend gemaak nie, maar op die onlangse kongres van die International Farm Comparison Network is aangedui dat SuidAfrika steeds in die laer produksiekostegroep val.
SuidAfrikaanse produsentepryse vergelyk ook goed met pryse in ander lande. GRAFIEK 2 dui die verloop van produsentepryse in enkele lande in rand per liter aan. SuidAfrikaanse produsentepryse vertoon ’n stadige verlaging, terwyl die ander pryse matig styg. Die styging van internasionale pryse is tot ’n mate die gevolg van die verswakking van die rand teenoor die euro. Internasionale pryse het in eurowaarde min verander. Invoerpariteit is veel hoër as produsentepryse en dui die mededingender van die plaaslike bedryf aan.
EN SA INVOERPARITEIT, 2019-2020
■ Kies ’n gebalanseerde bul wat fisiek en op papier bewys dat hy ’n wesenlike bydra tot die winsgewendheid van ’n vleiskudde kan maak.
■ Verskeie ongunstige eienskappe by vleisbulle kry nie genoeg aandag nie en kan baie nadelige gevolge inhou.
happy lines op ’n bul. Dié lyne is horisontaal oor die bul se middellyf en lyk amper asof die bul met ’n lat bygekom is. Dié lyne dui aan dat die bul in ’n goeie toestand is en dat sy hormone in balans is met die omgewing.
Van die agterkant af moet die bul ook ’n goeie wydte hê, sowel in die binneste en buitenste dy, of bobeen. ’n Verdere aanduiding van bespiering is die skouer en dan die skilpadspier bokant die lies.
“Die skilpadspier hoef nie uit te staan nie, maar as die skilpadspier goed ontwikkel is, het jy goeie rede om te glo dat die bul reg oor sy lyf ook gespierd is.”
WAT SOEK JY NIE?
Volgens Boulle het baie saamgestelde rasse met seboe-eienskappe, los vel, veral by die skede. Dus moes die skede taamlik vas teen die lyf wees.
’n Bul wat regop in die hak is (post-legged), beteken die dier kan nie ordentlik loop nie en is ongebalanseerd. Dié kenmerk is hoogs oorerflik en ’n vleisbeesboer wil dit nie in sy kudde hê nie. ’n Bul met vlak hakke sal nie sy eie gewig kan dra en ook nie werk nie. “Dit is ’n jammerte dat boere steeds bulle met slegte kloue en groot gapings tussen die tone gebruik. Dié bulle is bestem vir die slagpale.”
Nog ’n eienskap wat op wanbalans dui, is wanneer ’n bul ’n ligte agterkwart het en skiet-op-in-die-lies. “Hy dra nie ’n broek nie en sy kalwers sal so lyk.”
’n Bul met ’n ligte voorkwart en swaarder agterkwart is ook ongebalanseerd. “’n Dik, sterk stert beteken goeie manlikheid.”
SEMENGEHALTE
Vleisbeesprodusente moet aandag skenk aan semengehalte, meen Boulle. Bulle moet voor die teelseisoen deur ’n veearts of iemand met die regte kwalifikasies ondersoek word om hul vrugbaarheidstatus te bepaal.
“Indien jy geld en moeite aan ’n bul bestee, en hom na jou kudde neem sonder ’n ondersoek voor die teelseisoen, kan jy net sowel ophou boer.”
Eienskappe wat bydra tot semen van swak gehalte is wanneer testikels te laag hang. “Dié eienskap kry nie genoeg aandag van telers nie en die probleem steek al meer kop uit.”
’n Kombinasie van ’n los, laaghangende skede en testikels onder die hak kan baie probleme veroorsaak.
Die bestuur van jong bulle is uiters belangrik. “Kyk veral in die eerste seisoen baie goed na hulle sodat hulle kan groei en die koeie reg dek. Jy moet trots wees op die gehalte-bul wat jy koop, want jy bestee baie geld aan die dier.
“Behandel jou bul reg sodat hy die werk vir jou kan doen.”
Bulle wat ouer begin word, sal swaarder aan hul voorkant raak, en selfs ’n borsstuk (brisket) begin ontwikkel.
“Die bul moet steeds gebalanseerd wees.” Boulle het al bulle van elf en twaalf jaar oud teëgekom wat steeds koeie dek. Indien ’n veearts die bul ondersoek en vind dat die bul nog die vermoë het om die werk te kan verrig, is daar nie rede vir ’n boer om hom nie meer te gebruik nie. Dié bul sal dalk net minder koeie per seisoen kan dek.