Landbouweekblad

Nuwe platform bevorder denke, oplossings

- Www.senwes.co.za/ en-za/agri-value-chain. NAVRAE: Me. Sanmarie Schlebusch, 018 464 7327, e-pos: sanmarie.schlebusch@ senwes.co.za

Talle geleenthed­e en byeenkomst­e is weens die Covid-19-pandemie uitgestel of afgelas. Hierdie situasie het gelei tot die geboorte van ’n revolusion­êre nuwe gesprekspl­atform wat deur Senwes en Agbiz aangebied word. BESPREKING­S

Die Landbouwaa­rdeketting – Virtuele Gespreksre­eks is ’n gesamentli­ke inisiatief tussen die landbousak­ekamer Agbiz en die maatskappy Senwes om gesprekke tussen belanghebb­endes in die verskillen­de voedsel en veselwaard­ekettings te stimuleer en hulle ingelig te hou.

“Die doel is om eerder plaaslike produksie aan te moedig as om produkte in te voer. Dit skep weer werk, moedig beleggings aan en versterk die SuidAfrika­anse ekonomie. Dit verbeter ook die begrip van aktuele sake en stimuleer en beïnvloed dus denkproses­se,” sê mnr. Francois Strydom, voorsitter van Agbiz.

Die reeks het op 24 April begin. Sedertdien word virtuele sessies weekliks aangebied.

Verskeie paneellede neem aan bespreking­s deel met onderwerpe wat wissel van die vleisbedry­f tot die Safexdiffe­rensiaal. Die platform verskaf insig aan belangegro­epe oor die noodsaakli­ke en waardevoll­e bydrae van die deelnemend­e organisasi­es en individue – nie slegs in die landbouwaa­rdeketting nie, maar ook in die SuidAfrika­anse ekonomie.

Sake verander vinniger en in ’n groter mate as vantevore. Dit is dus noodsaakli­k dat intydse bespreking­s moet plaasvind om sterk dryfkrag aan volhoubare oplossings te bied. Hierdie platform groei weekliks en die interaksie tussen die onderskeie betrokkene­s toon tot dusver baie gunstige resultate.

NUWE DENKE

Die sukses lê daarin dat mense die geleenthei­d het om hul stories te vertel en hul mening te lug op ’n veilige platform.

Die gesprekke laat ’n mens anders dink oor hoe huidige prosesse, praktyke en prosedures werk, maar beklemtoon ook hoe belangrik dit is om vernuwend na dié benadering­s te kyk.

Elf sessies is tot dusver opgeneem, met temas soos die bekendstel­ling van die platform, die vleisbedry­f, die maalbedryf, produsente, finansieri­ng, logistiek, die Safexdiffe­rensiaal, voedselver­skaffing en verspreidi­ng, informele handel in SuidAfrika en beperkings op die uitbreidin­g van landbou wat vroue en die jeug betref.

Hierdie sessies is aanlyn beskikbaar by

Die platform sal voortgaan om menings te lug van belanghebb­endes in die onderskeie skakels van die landbouwaa­rdeketting, met die oog op die instandhou­ding van ’n wedersydse voordelige vloei van inligting. Op grond hiervan kan ingeligte besluite oor volhoubare oplossings geneem word.

Omset

 ?? FOTO: SENWES ?? Senwes en die landbousak­ekamer Agbiz bied al van April af ’n virtuele gespreksre­eks genaamd Agricultur­al Value Chain Virtual Discussion Series aan om eerder plaaslike produksie aan te moedig as om produkte in te voer.
FOTO: SENWES Senwes en die landbousak­ekamer Agbiz bied al van April af ’n virtuele gespreksre­eks genaamd Agricultur­al Value Chain Virtual Discussion Series aan om eerder plaaslike produksie aan te moedig as om produkte in te voer.
 ??  ?? DIVIDENDVE­RKLARING
DIVIDENDVE­RKLARING

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa