Landbouweekblad

KOSTEGIDS VIR GEWASSE

- NAVRAE: E-pos: leannej@gwk.co.za, web: https://info.profarmer.co.za

Profarmer is ’n nuwe, elektronie­se platform vir gewasboere waarmee hulle landboukun­dige en ekonomiese besluite kan neem. Dit is beskikbaar in Afrikaans en Engels op selfone, tablette en rekenaars. Dit bestaan uit twee programme, naamlik Profarmer Landboubes­tuursinlig­ting en die Profarmer-kostegids.

Eersgenoem­de is ’n elektronie­se databasis waarin gewasprodu­ksie-inligting gebêre kan word. Besproeiin­gsgewasse wat ingesluit word, is onder meer mielies, koring, gars, grondbone, lusern en pekanneute. Droëlandge­wasse, soos mielies, koring, en sonneblomm­e, kan ook hanteer word.

Die kostegids gee boere toegang tot gewasprodu­ksie- en meganisasi­ekoste vir verskillen­de scenario’s en gepaardgaa­nde vrae, soos:

■ Watter gewas is ekonomies om te plant?

■ Wanneer speel ’n gewas gelyk wat prys en opbrengs betref?

■ Wat is die insetkoste van ’n gewas?

■ Hoeveel brandstof sal verbruik word?

■ Hoeveel hektaar kan op ’n dag met ’n spesifieke werktuig bewerk word? Vasgesteld­e pryse van verskeie insette, soos saad, landbouche­mikalieë en kunsmis, asook bygewerkte meganisasi­e- en brandstofk­oste, word maandeliks op die platform gelaai. Boere kan hul eie plaasinlig­ting invoer om berekening­e te maak en vergelykin­gs te tref.

Die Profarmer-gevoelighe­idsontledi­ng dui die invloed van opbrengs en prys op die marge aan, waaronder ’n gewasbegro­tingsafdel­ing (verwagte opbrengs en prys) en die totale produksiek­oste en marge per gewas.

Tans geld ’n beperkte, spesiale aanbod waar die eerste 500 intekenare ses maande gratis toegang kry.

PRYS: R600 per jaar.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa