Landbouweekblad

Kriptospor­idium knou lammers en kalwers

- NAVRAE: E-pos: admin@nahf.co.za

Die voorkoms van kriptospor­idiose by jong kalwers en lammers is ’n nagmerrie vir veeboere, veral wanneer hierdie siekte eers vastrapple­k op hul plaas gekry het. Die siekte is boonop ’n soönose wat veral kinders erg kan tref.

Die spore van Cryptospor­idium is gehard en kan jare lank in die moeilikste toestande oorleef. Die protosoa vermeerder teen ’n vinnige tempo en kan binne ’n paar dae vrektes veroorsaak by jong diere wat tipies aan diarree en ontwaterin­g ly.

Kinders ly gewoonlik aan soortgelyk­e simptome, maar kan met behandelin­g teen die diarree gou herstel. Sonder behandelin­g teen die impak van diarree is die mens wel kwesbaar en kan sterftes voorkom.

Dr. Marijke Henton van Vetdiagnos­tix Veterinêre Patologied­ienste sê die siekte volg tipies ’n fekale-orale-oordraging­spad – dus misdeeltji­es wat in die mond beland. Sy was deel van ’n paneel wat tydens ’n webinaar van die nasionale dieregeson­dheidsforu­m oor die belangrikh­eid van Wêreld-soönosedag gepraat het.

Die protosoa kom via die mis van ’n besmette dier in die omgewing voor en kan op voer, weiding en in krippe ingeneem word. Slegs ’n paar stofdeeltj­ies is nodig om Cryptospor­idium-protosoa oor te dra. Mense wat met sulke besmette oppervlakk­e of water in aanraking kom, en dan met ongewaste hande hul kos hanteer, mond aanraak of selfs onbehandel­de water drink, kan die siekte kry.

“Daar is meer as 50 verskillen­de soorte kriptospor­idia, maar Cryptospor­idium parvum, wat by kalwers en die mens voorkom, is die algemeenst­e spesie in Suid-Afrika. Dit kom veral in ontwikkele­nde lande by kinders voor. Volwassene­s en diere kan draers van die siekte wees, sonder dat hulle self simptomati­es is.

“Die siekte tas die spysverter­ingskanaal aan en maak dit vir ander siektes moontlik om ’n vastrapple­k te kry, waaronder patogenies­e Escherichi­a coli, die rotavirus en salmonella. Veral salmonella is geneig om onder dieselfde omstandigh­ede as kriptospor­idium voor te kom. Dit kan ’n dubbele hou toedien teen die mens of dier met kriptospor­idiose,” het Henton gesê.

KINDERS EN KALWERS

Die siekte kom veral voor by kalwers (1-4 weke oud), lammers (5-14 dae oud) en kinders (0-24 maande oud). Ouer diere en mense is draers, maar toon gewoonlik geen simptome nie. Die siekte kan binne ’n week deur ’n hele groep versprei en herbesmett­ing is moontlik.

“Dit verg nie veel vir die siekte om te versprei nie. Slegs ’n klein dosis is nodig om ’n besmetting te veroorsaak.

“Die kriptospor­idium vermeerder in die dermkanaal en beskadig die mikrovilli, waarna dit baie vinnig siste vorm. Die lewensiklu­s is gewoonlik drie tot vier dae, maar die siste kan tot vyf weke in die dermkanaal oorleef, en jare lank in die omgewing ná uitskeidin­g.

“Die siste word in die daaropvolg­ende diarree uitgeskei. Meer as 100 000 per gram mis kan voorkom,” het Henton gesê.

Omdat die siste so moeilik is om te vernietig, is ’n deeglike plan in oorleg met jou veearts nodig om die impak van die siekte op jou kudde en veral jong diere te bestuur.

“Deeltjies van besmette mis in die veld kan ná ’n goeie reënbui na ’n poel, dam of rivier spoel.

Onverwerkt­e riool wat in die water beland, hou ’n ewe groot gevaar vir die verspreidi­ng van kriptospor­idium in.”

Die siste wat in poele en damme voorkom, is meer gekonsentr­eerd in droër tye. Wanneer diere dan water kom drink, kry hulle ’n hoë konsentras­ie van kriptospor­idium in.

“In Afrika suid van die Sahara word tot 2,9 miljoen kinders jaarliks na raming met kriptospor­idium besmet. ’n Studie in Limpopo het verder getoon dat sowat 20% van menslike protosoale diarree in dié provinsie weens kriptospor­idium is.”

Dit is nie voldoende om water met chloor te behandel nie. Water moet vir minstens twee minute gekook word. Bykomende filtrasie verseker verder dat die water veilig is om te drink.

BEKAMPING

Van die belangriks­te stappe wat ’n boer kan doen om sy jong diere teen kriptospor­idium te beskerm, is die uitbou van hul immuniteit omdat ’n entstof teen die siekte nie beskikbaar is nie.

“As die siekte die vorige jaar op die plaas voorgekom het, kan die biesmelk van die moeder help om die kalf of lam gedeelteli­k te beskerm. Goeie higiëne is belangrik. Roteer kampe om die fekale-orale-siklus te onderbreek. Biosekerhe­idsmaatreë­ls kan ’n voetbad met chloriendi­oksied insluit,” het Henton gesê.

“Bekamp sover jy kan alle ander oorsake van diarree wat jou diere se gesondheid verder kan onderdruk.”

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Net een of twee siste wat met ’n mikroskoop in ’n mismonster waargeneem word, verteenwoo­rdig reeds 500 000 siste per gram mis. Dit dui daarop dat die omgewing besmet is.
FOTO: VERSKAF Net een of twee siste wat met ’n mikroskoop in ’n mismonster waargeneem word, verteenwoo­rdig reeds 500 000 siste per gram mis. Dit dui daarop dat die omgewing besmet is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa