Landbouweekblad

Afrika Droughtmas­ters presteer ondanks droogte

-

Die Afrika Droughtmas­ter het hom oor en oor bewys in die Kalahari in die suidooste van Namibië. Met ondergemid­delde reënval en ’n rekorddroo­gte het die koeie van ’n boer in dié gebied steeds ’n dragtighei­d van 92% gehad.

Mnr. Danie Visser en sy vrou, Desirée, boer op die plaas Witpan in die Aranosomge­wing in die suidooste van Namibië. Hulle kry gewoonlik 200300 mm reën per jaar.

Die eerste bul en 19 dragtige verse van die Considerat­astoetery in Vryburg in Noordwes het in 2014 op Witpan aangekom. Die kudde bestaan tans uit 150 vroulike diere. Die Considerat­akudde is ook die grondslagk­udde vir die Afrika Droughtmas­ter in SuidAfrika en Namibië.

“Ek het nie destyds geweet wat die impak van die Afrika Droughtmas­terbeeste op my boerdery en weiding sou wees nie. Ons teelbeleid is om mediumraam, vroegryp beeste te teel wat aangepas is. Die diere moet lae insetkoste verg, maar steeds goed presteer. Ons is nie toegespits op maksimum produksie per hektaar nie, maar wel maksimum wins per hektaar. Om te oorleef, moet ons koste verminder en met aangepaste, funksionel­e diere boer wat ’n goeie kondisiete­lling handhaaf. Die koeie moet elke jaar ’n kalf speen, goed grootmaak en weer herbeset raak.”

Visser sê hulle het in die afgelope sewe jaar ondergemid­delde reën gekry en hul reserwes het veral in 2018 en 2019 begin opraak. Verlede jaar was ’n rekorddroo­gtejaar, maar sy koeie het steeds ’n dragtighei­d van 92% gehad.

“Die beeste het geen voer gekry nie, maar net ’n produksiel­ek. Ons het later nie meer geweet waarvan die diere lewe nie, want dit het soos ’n woestyn gelyk hier. Die beeste het egter hul naam gestand gedoen en die droogtetoe­ts geslaag. Ek glo hierdie beeste kan ’n groot rol in Afrika se beeskuddes speel,” sê Visser.

VOORDELIGE BEESRAS

Die Afrika Droughtmas­ter het talle voordele, waarvan veelsydigh­eid een is. “Die koeie produseer goeie speenkalwe­rs, het goeie melk en mooi uiers en spene. Hulle is goeie moeders en handhaaf ’n goeie koeitotkal­fdoeltreff­endheid. Kalwers speen gemaklik 50% van die koei se gewig met speentyd. In normale jare speen bul en verskalwer­s op vyf en ’n half tot sewe en ’n half maande teen gemiddeld 240 kg.”

Visser sê osse groei goed en rond goed af in voerkrale en op die veld. Die kalwers is klein met geboorte, maar is lewenskrag­tig en groei vinnig.

Die Afrika Droughtmas­terbeeste het ook ’n goeie temperamen­t. ’n Gedeelte van die Considerat­akudde is poenskopdi­ere, wat bydra tot minder insetkoste.

Die Afrika Droughtmas­ter het besonderse erfdwang en hul nageslag presteer goed in kruisteelp­rogramme. Vroulike Droughtmas­terF1diere is gesog danksy hoë vrugbaarhe­id en moedereien­skappe.

“Daar is nie ’n wonderbees nie, maar die Considerat­a Droughtmas­terstoeter­y het beslis besonderse beeste geteel wat ekonomies sin maak en goed aangepas is in die ekstensiew­e dele van SuiderAfri­ka. Die beeste lewer ’n gehaltespe­enkalf met die minimum insetkoste. Die Afrika Droughtmas­ters het my beïndruk omdat hulle beter presteer as enige ander ras waarmee ek al geboer het. In die huidige droogtetoe­stande het hulle ’n aansienlik­e verskil gemaak aan my boerdery se wins. Dit is ’n groot voorreg om met hulle te kan boer,” sê Visser.

VERBETER WEIDING

Visser sê die enigste manier waarop kommersiël­e boere kan oorleef, is om met aangepaste beeste te boer, produksiem­iddele te beperk en weiding te verbeter.

“Ons het ’n paar jaar terug begin met hoëdrukbew­eiding. Groter troppe bewei ’n kamp vir korter periodes waarna die kamp ’n lang rusperiode kry.”

Mnr. Johann Zietsman van Zambië het hulle gehelp met ’n weidingspl­an waarin skape en beeste suksesvol inpas by die weidingsbe­stuur. Ná ’n goeie reënseisoe­n in 2020 is Visser verstom hoe vinnig die weiding herstel het ná die afgelope sewe jaar se ondergemid­delde reën.

“Ons skryf dit toe aan goeie reën, hoëdrukbew­eiding en lang rusperiode­s. Die beeste is aangepas om ’n groot verskeiden­heid gras en bosse doeltreffe­nd te benut en dit in vleis om te skakel en dus wins te verhoog. Ons boer in ’n oorwegende skaapwêrel­d, maar die Afrika Droughtmas­ters floreer in die Kalahari. Dit is amper onmoontlik om weiding sonder beeste te verbeter en daarvoor het ons aangepaste diere, soos die Afrika Droughtmas­ter, nodig.”

Visser verkoop elke jaar van September af bulle van die plaas af. Bulle word in die veld afgerond indien nodig.

 ?? FOTO: DANIE VISSER ?? Die Afrika Droughtmas­ter maak ekonomies sin en is goed aangepas in die ekstensiew­e dele van SuiderAfri­ka.
FOTO: DANIE VISSER Die Afrika Droughtmas­ter maak ekonomies sin en is goed aangepas in die ekstensiew­e dele van SuiderAfri­ka.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa