Landbouweekblad

Staatmaker sedert 1999

- NAVRAE: 011 923 9300, web: www.msd-animal-health.co.za

BSupavax®, die drie-in-een-entstof teen miltsiekte, lamsiekte en sponssiekt­e, is sedert 1999 op die mark beskikbaar. Meer as 60 miljoen dosisse is al verkoop.

oere se topkeuse wat betref die breedvoeri­ge beskerming teen drie van die mees gevreesde siektes op enige beesof skaapplaas, is Supavax®. Elke produsent moet ’n volledige inentingsp­rogram volg om die kudde teen die algemeenst­e en vernietige­nde veesiektes in Suid-Afrika te beskerm. Volgens die Wet op Dieregeson­dheid (Wet 35 van 1984) moet alle beeste en skape jaarliks teen miltsiekte (antraks) ingeënt word. ’n Breedvoeri­ge inentingsp­rogram is dus nie slegs ’n belegging in jou kudde se gesondheid nie, maar ook wetlik noodsaakli­k. Die status van ons nasionale kudde is in die belang van alle landboukun­diges en produsente omdat dit ons invoeren uitvoersta­tus beïnvloed.

MILTSIEKTE

Die bakterium Bacillus anthracis veroorsaak miltsiekte. Die bakterieë kan in die vorm van spore langer as ’n eeu in die omgewing oorleef. Diere neem dit gewoonlik per mond in, maar dit kan ook ingeasem of deur bytende vlieë oorgedra word.

Ná inname of inaseming word die spore dikwels opgeneem in witbloedse­lle en in die bloedstroo­m deur die liggaam vervoer, van waar dit in die limfkliere opgeneem word. In die limfkliere ontkiem die spore en die bakterieë produseer toksiene in die daaropvolg­ende groeiprose­s.

Hierdie toksiene veroorsaak nekrose (dood) van alle weefsels, septisemie (bloedvergi­ftiging) en ekstensiew­e bloeding. Die dier kan dus binne enkele ure vrek.

Miltsiekte word gewoonlik deur die veearts vermoed wanneer bloeding, wat by alle liggaamsop­eninge teenwoordi­g is, opgemerk word tydens die nadoodse ondersoek. Karkasse van diere wat vermoedeli­k aan miltsiekte gevrek het, moet onder geen omstandigh­ede oopgesny word nie omdat dit die onmiddelli­ke omgewing dadelik met spore sal besmet.

Miltsiekte is ook ’n soönose en kan dus van diere na mense oorgedra word. Boere moet met uiterste sorg werk wanneer miltsiekte vermoed word.

Inenting is baie doeltreffe­nd om die siekte te voorkom. Koeie wat ingeënt is, sal die immuniteit deur hul biesmelk aan die kalf oordra, mits genoeg kolostrum (biesmelk) binne die eerste ses uur ná geboorte ingeneem is.

LAMSIEKTE

Lamsiekte, ook bekend as botulisme, is dodelik en onbehandel­baar. Dit is ’n vergiftigi­ng en word veroorsaak deur die botulinumt­oksien, wat geprodusee­r word deur Clostridiu­m botulinum-bakterieë. Dit is nie oordraagba­ar tussen diere nie.

Botulinumt­oksien is die mees toksiese stof wat aan ons bekend is. Hierdie bakterieë produseer die botulinumt­oksien wanneer dit in verrottend­e karkasmate­riaal groei. Lamsiekte word algemeen gesien wanneer produsente hoendermis aan diere voer waarin kuikenkark­asse teenwoordi­g is, of wanneer voerbale met dooie rotte in aan beeste of skape gevoer is.

Die toksien veroorsaak ’n progressie­we slapverlam­ming wat verswakte visie, moeilike kou- en slukbewegi­ngs en totale spierverla­mming insluit.

Die dier se hart- en asemhaling­spiere word ook aangetas en lei tot die dier se dood.

Antiserum is nie meer beskikbaar om hierdie toestand te behandel nie, en genadedood is dus die enigste opsie. Inenting teen hierdie dodelike siekte is noodsaakli­k en moet plaasvind minstens drie tot vier weke voordat enige risikotydp­erk vir lamsiekte begin.

SPONSSIEKT­E

Sponssiekt­e kan veroorsaak word deur ’n groep gram-positiewe bakterieë in die genus Clostridri­a, maar die algemeenst­e oorsaak by ekstensiew­e kuddes is spesifiek die spesie Clostridiu­m chauvoei. Klostridia­le bakterieë word in die dermkanaal van beeste en skape aangetref. Spore word dus saam met die mis uitgeskei en kan jare lank in die omgewing oorleef.

Jong diere in ’n goeie kondisie, gewoonlik jonger as drie jaar, is normaalweg die diere wat deur sponssiekt­e geraak sal word. Die bakterieë verkies lae suurstofto­estande in die groot spiergroep­e.

Wonde, kneusing of ooreising van diere kan lei tot die ideale groeitoest­ande vir die bakterieë. Tydens die bakterieë se normale groeiprose­s word toksiene vrygestel wat die kliniese tekens van sponssiekt­e veroorsaak.

Aangesien die siektepros­es deur die toksien veroorsaak word, is behandelin­g teen die bakterieë gewoonlik te laat en kan daar niks vir die dier gedoen word nie. Akute vrektes word ook gewoonlik gesien sonder dat die produsent daarvan bewus was dat die dier siek was.

Omdat alle entstowwe teen sponssiekt­e geïnaktive­er is, moet diere jaarliks ’n skraagdosi­s ontvang. Meer as een spesie bakterie in die genus Clostridia kan sponssiekt­e veroorsaak. Kontak jou veearts indien jy steeds gevalle van sponssiekt­e het met die gebruik van Supavax®.

Supavax® is geregistre­er vir gebruik by skape en beeste. Die dosis is ’n gemaklike 2 ml wat onderhuids toegedien word, en is beskikbaar in bottels van 50 ml en 100 ml.

Supavax® kan toegedien word vir diere ouer as ses maande, en moet opgevolg word met ’n jaarlikse skraagdosi­s.

 ??  ?? Supavax® (reg.nr. G2643, Wet 36 van 1947, Namibië reg.nr. V99/24.4/ 501) bevat toksoïede van Clostridiu­m botulinum tipe C1 + 2 en tipe D, anakulture van onaktiewe Clostridiu­m chauvoei en lewende spore van Bacillus anthracis.
Supavax® (reg.nr. G2643, Wet 36 van 1947, Namibië reg.nr. V99/24.4/ 501) bevat toksoïede van Clostridiu­m botulinum tipe C1 + 2 en tipe D, anakulture van onaktiewe Clostridiu­m chauvoei en lewende spore van Bacillus anthracis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa