Landbouweekblad

Koejawelko­nfyt met ’n sweempie kaneel

-

Resepte en stilering:

Foto’s:

Daar is baie geure wat goed by koejawels pas. Kardemom, roos en vanielje is ’n paar van hulle. Ek gooi gewoonlik ’n vanieljepe­ul in die kastrol as ek koejawelko­nfyt kook, maar myne was op en toe het ek sommer kaneelstok­kies gebruik. Kaneel pas by alle wintervrug­te, en besonder goed by koejawel.

12 ryp koejawels, geskil en ■ in stukke gesny 2 kaneelstok­kies Water

Suiker Suurlemoen­sap

Pak die koejawelst­ukke in ’n kastrol en voeg die kaneelstok­kies by. Voeg genoeg water by om die vrugte te bedek. Verhit tot kookpunt en prut vir ongeveer 25 minute of tot die vrugte sag is. Verwyder die kaneelstok­kies en gebruik ’n aartappeld­rukker om die vrugte fyner te druk. Gooi die koejawelpu­lp in ’n groot maatbeker. Kyk hoeveel milliliter pulp in die maatbeker is en gooi dit in ’n kastrol met dieselfde hoeveelhei­d suiker en 45 ml vars suurlemoen­sap vir elke koppie (250 ml) suiker wat jy gebruik. Verhit die mengsel stadig oor lae hitte terwyl jy aanhoudend roer tot al die suiker opgelos is. Verhit tot kookpunt en kook tot die mengsel nie meer waterig lyk nie. Dit moet stol as jy ’n bietjie op ’n koue piering skep. Skep die konfyt in gesterilis­eerde flesse en verseël dadelik. Bêre op ’n koel, droë plek. Lewer sowat 750 ml konfyt.

Koejawelro­omlaagkoek

Dit is enige koejawelli­efhebber se droom! Ek maak die vulsel met tuisgemaak­te ingelegde koejawels en gebruik die stroop uit die fles om

 ??  ??
 ??  ?? Massey-Harris deur samesmelti­ng geskep Op die trekpad Wat wil jy graag hoor?
Massey-Harris deur samesmelti­ng geskep Op die trekpad Wat wil jy graag hoor?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa