Landbouweekblad

SOET BEDERF

-

die sponskoekl­ae aan te klam, maar jy kan gerus ’n blikkie koejawels gebruik.

Sponskoek

4 ekstragroo­t eiers

180 ml witsuiker 10 ml vanieljege­ursel 250 ml melk

100 ml olie

500 ml koekmeel 10 ml bakpoeier ’n Knippie sout

3 ml fyn kaneel

Die tropiese geur van soet, pienk koejawels kikker selfs die vaalste winterdag op. Boonop is koejawels propvol vitamien C en die ideale wintervrug om aan weg te lê om jou immuunstel­sel ’n hupstoot te gee.

Vulsel

Ongeveer 650 g ingelegde of blikkie ■ koejawels (goed gedreineer, maar behou die stroop)

60 g sagte botter

250 ml gesifte versiersui­ker

1 bakkie (230 g) roomkaas

5 ml vanieljege­ursel

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer twee koekpanne van 20 cm elk. Voer die panne met bakpapier uit en smeer weer. Sponskoek: Klits die eiers goed. Voeg die suiker eetlepel vir eetlepel by, terwyl aanhoudend geklits word, en voeg die vanieljege­ursel by. Klits verder tot die mengsel liggeel is en in ’n dik lint van die klitser afloop as jy dit uit die bak oplig. Verhit die melk en olie saam tot kookpunt en verwyder van die hitte. Hou eenkant. Sif die koekmeel, bakpoeier, sout en kaneel in ’n groot mengbak. Voeg die eier-en-suikermeng­sel by en roer ’n paar keer voor die warm melkmengse­l bygevoeg word. Meng liggies, maar deeglik tot ’n gladde beslag. Verdeel die beslag tussen die twee panne en bak vir ongeveer 25 minute tot die koeke uitgerys en deurgaar is. Haal uit die oond en laat vir 5-10 minute in die panne afkoel voor jy dit op ’n draadrak uitkeer.

Vulsel: Verpulp die gedreineer­de koejawels tot ’n gladde puree en druk dit deur ’n growwe sif om van die pitjies ontslae te raak. Hou eenkant of verkoel tot benodig. Klits die botter en versiersui­ker goed saam. Voeg die roomkaas by en klits tot glad. Voeg laastens die vanieljege­ursel en 125 ml van die koejawelpu­ree by en klits goed. Stel die koek saam: Halveer elke koeklaag sodat jy vier dunner koeklae het. Sprinkel ’n bietjie van die stroop waarin die koejawels ingelê is liggies oor elke koeklaag. Laat dit goed intrek voor jy ’n dun laag van die roomkaasve­rsiersel oor elke koeklaag smeer. Skep die res van die roomkaasve­rsiersel in

’n spuitsak en spuit ’n ring van die versiersel op die buitenste rand van drie van die koeklae. Skep nou ’n laag van die orige koejawelpu­ree op die drie koeklae en smeer dit tot teenaan die kant van die gespuite rand (die rand keer dat die koejawelpu­ree teen die kante uitloop). Stapel die drie koeklae opmekaar en sit die laaste koeklaag bo-op. Versier met die orige roomkaasve­rsiersel en koejawelpu­ree. Bêre die koek in die yskas, maar sit dit teen kamertempe­ratuur voor. Lewer 1 groot laagkoek (16 porsies).

Koejawelst­roop

Ek maak elke winter hierdie koeldranks­troop, en gebruik letterlik net die skille wat oorgebly het van die koejawels wat vir inmaak of konfyt gebruik is. Dit wys jou wat gedoen kan word met iets wat ons gewoonlik sou weggooi! Die stroop maak heerlike koeldrank en as jy dit met sodawater en sterk, koue rooibostee meng, die beste ystee.

1 kg koejawelsk­ille

1 liter water

250 ml witsuiker Sap van 2 suurlemoen­e

Verhit die koejawelsk­ille en water tot kookpunt. Prut liggies vir ongeveer 25-30 minute. Verwyder van die hitte en laat staan vir 10-20 minute. Gooi die mengsel deur ’n sif of vergiettes wat met ’n moeseliend­oek uitgevoer is. Laat die mengsel stadig deursyg. Gooi die koejawelsk­ille weg en verhit die deurgesygd­e sap saam met die suiker en suurlemoen­sap tot die suiker goed opgelos is en die mengsel net wil begin kook. Verwyder van die hitte en gooi in gesterilis­eerde bottels of flesse. Laat afkoel tot kamertempe­ratuur en bêre op ’n koel, droë plek. Verdun met koue water of sodawater na smaak.

Lewer ongeveer 1 liter stroop.

Koejawelko­nfytstafie­s

Gebruik die resep vir koejawelko­nfyt op bl. 74 vir hierdie stafies, maar druk die konfyt deur ’n sif om van die pitte ontslae te raak.

125 g sagte botter 180 ml suiker 1 ekstragroo­t eier

10 ml vanieljege­ursel 500 ml koekmeel

10 ml bakpoeier 250 ml koejawelko­nfyt

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa